●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Jaco Jacobs

Results 1 to 15 of 294
Gesorteer volgens:  Prys
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393835

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Imile Wepener
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 300
Kom ontmoet die monsters onder jou bed ... Spoke. Vampiere. Weerwolwe. Monsters. Wesens uit die buitenste ruimte. Hierdie briljante bibber boek bevat 101 stories, rympies en strokiesverhale wat jou hare sal laat regop staan, jou yskoue rillings sal gee - en jou tone sal laat omkrul van lekkerkry! Jaco Jacobs ontvang 'n brief van 'n aanhanger wat hom uitnooi om verniet sy hut in die woud as skryfplek te gebruik. Dit klink ideaal! Maar daar is 'n vangplek … Die aanhanger is die Vrees vreter: 'n vreesaanjaende monster wat vir die arme Jaco Jacobs dwing om gril stories te skryf om kinders bang te maak. En so begin Jaco skryf: 101 nagmerriestories - die een grilleriger as die ander! Jaco Jacobs se grillerige stories word lewend gemaak deur die pragtige illustrasies van die kunstenaar, Imile Wepener. 296 bladsye van stories en kunswerke maak hierdie hardeband boek 'n ware versamelstuk vir enige kind of Jaco Jacobs aanhanger. Die pragtige hardeband omslag en kunstige illustrasies maak hierdie boek inderdaad 'n versamelstuk. Hierdie stories is grilleriger as Jacobs se vorige boeke, wat dit ideaal maak vir ouer lesers. Imile Wepener is 'n kunstenaar van formaat, en hierdie boek bevat sy eerste illustrasies vir 'n kinderboek.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602288

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 290
R 232Jy spaar R 58
'N VERSAMELING VAN VYF VAN DIE COOLSTE PRENTEBOEKE VOL MOSSIENESTE, KRULLEBOLLE EN PARMANTIGE HAASMOLES Hierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in: HAASMOLES Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES! PARMANT Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie en Vlakvark wil sy magie krap. “Nee!” sê Parmant elke keer: “Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit. DIE COOLSTE OUMA OP AARDE Is jou ouma so cool soos myne? Ontmoet 'n paar fantastiese oumas…Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomblim. Maar een ding is seker: 'n Regte, egte ouma is altyd hope pret! KARLA KRULLEBOL Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks … PRINSES MOSSIENES Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit 'n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na 'n plek waar alles beter is … 'n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van 'n egskeiding te hanteer.
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397994

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Verskeie
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 280
Feëverhale met 'n kinkel! Elkeen van hierdie verhale gee 'n klassieke verhaal 'n moderne, kontemporêre draai. Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Die verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prinse moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda
verander.
Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder
Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.

Hierdie stories word met soveel humor en verbeelding vertel, met 'n goeie mengsel moderne taal en die klassieke frases uit feëverhale, dat hulle 'n plesier is om te lees - en om voor te lees.
Beide volwassenes en ouer tieners sal die satiriese styl en sosiale kommentaar van hierdie stories geniet, terwyl jonger kinders die stories as pure leesgenot sal ervaar
Publikasiedatum: 2020-06-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390650

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Nie-fiksie
R 280
Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen!
Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak 'n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak 'n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou 'n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika.
Met fantastiese foto's, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat 'n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien.
Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is 'n moet-hê-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld.
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390636

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 280
Welkom op 'n planeet propvol pret!
Jaco Jacobs se planeet is 'n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur.
Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees …
of 'n walvis kan in jou sop beland.
Jy kan uitvind hoe 'n skoonheidskompetisie vir monsters werk …
of die waarheid oor haaie uitvind.
Jy kan ontdek jou boetie is 'n ruimtewese …
jou troetel-dinosourus saam skool toe vat ..
of 'n luislang kan jou ouma insluk!
Daar is deesdae byna nie 'n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie. Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het 'n hele rits rympies uit sy pen gevloei.
Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende:
* Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje)
* 'n Brulpadda in my tas
* My boetie dink hy's Batman
* Kougom in my hare
* Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers
En daar is ook 'n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!

Aangename kennis
Haai, jy daar -
hou op met staar!
Kom staan bietjie nader en groet.
Mens sal sweer
dis die eerste keer
dat jy iemand met skubbe ontmoet.
Ja, sien is glo,
ek hét drie oë
en my stert is so lank en so breed;
my tentakels is vaal,
maar dis doodnormaal -
dis hoe almal lyk op my planeet!
Publikasiedatum: 2018-10-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602554

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Zinelda McDonald
Kinders  -  Versamelbundels
R 260
SAGTEBAND UITGAWE
Wat soek 'n haai in die skool se swembad?
Hoe lank is 'n weerwolf se humeur?
Is enige iets erger as skottelgoed was?
Wat is 'n huis sonder 'n moeder?
Is 'n draak die perfekte troeteldier?
Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak?
Hoekom dra bere nie klere nie?
Wat sou gebeur het as die maan 'n pizza was?
Waarom is daar so min rympies oor erdvarke?
Bestaan daar iets soos 'n spaghettiboom?
Wat moet jy doen as 'n renoster jou jaag?
Hoe klink die perfekte monsterbrul?
Wat eet Dracula vir nagereg?
Kan jy jou eie elmboog lek?
Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae in dié lawwe lekkerlagboek vind. Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en 'n bonusrympie vir 'n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar's rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik ... Daar's lawwe limerieke, heerlike haikoes en tawwe tongknopers!
Jaco Jacobs se GROOTSTE en SNAAKSSTE rympiebundel OOIT is 'n moet-hê-boek vir elke kind se boekrak!
Publikasiedatum: 2021-02-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178822

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 260
'n Asemrowende storie oor 'n vervloekte meisie wat die dood vryspring en haarself in 'n toweragtige nuwe wêreld bevind, maar dan meer beproef word as wat sy in haar wildste drome sou kon glo . . .
Morrigan Crow is vervloek. Bestem om op haar elfde verjaardag te sterf. Maar toe die klok middernag slaan, word sy deur 'n merkwaardige man genaamd Jupiter Noord weggevoer na die geheime stad Nimmermeer. Daar word sy genooi om by die Wondergenootskap aan te sluit. 'n Lewe vol misterie en towerkrag wag op haar - mits sy vier onmoontlike proewe kan baasraak, met behulp van 'n uitsonderlike talent. 'n Talent waaroor sy nie beskik nie . . .
Publikasiedatum: 2019-04-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395709

Kinders: Aktiwiteitsboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Peter Judson
Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 250
Hierdie boek bevat meer as 250 ongelooflike dinge wat kinders kan maak en doen.
Kinders kan hulle elektroniese toestelle afskakel en hulle kreatiwiteit vrye teuels gee - met speletjies, uitdagings, handwerk en hope ander prettige idees.
Bou 'n minigholfbaan, hou 'n skattejag, of leer hoe om 'n spioen te word.
Dit is tyd om jou verbeelding te gebruik!
Gebruik jou verbeelding is stampvol prettige idees. Neem dit oral saam met jou om verveelde kinders besig en vermaak te hou. Of dit nou 'n reënerige oggend of 'n sonskyn-middag is, sal jy genoeg hê om te maak, doen en speel.
Publikasiedatum: 2019-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179744

Kinders: Tieners

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Tieners
R 250
Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar sy kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is 'n seldsame Wondersmid, en dit veroorsaak dat almal haar as gevaarlik beskou. Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim - die boosste man wat ooit gelewe het - is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok.
Publikasiedatum: 2019-09-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799373981

Kinders: Algemeen

Kinders  -  Algemeen
R 240
Lus om die jongklomp te laat lag? Hierdie lawwe versameling met 1001 grappe sal kinders ure lank laat skaterlag. Daar is blondinegrappe, skoolgrappe, grillerige grappe, gloeilampgrappe, lawwe rympies, snaakse sêgoed, kopkrappers en olifant-grappe.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798144896

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Jeanine Henning
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 235
Wat maak jy as daar 'n alien in julle swembad land? Jy steek hom weg, natuurlik! Want die bure gaan klik en dan gaan die weermag hom kom haal en hom oopsny om te kyk hoe hy werk. En dit kan jy nie toelaat nie, want hy's tog so oulik. En wat maak jy as jou ouma jou vra om haar te help om 'n vampier in die graadeentjies se klas te gaan vang? Jy gaan saam, natuurlik! Want dis nie elke dag dat jy sal sien hoe jou ouma 'n knoffel-bazooka gebruik nie. Maar wat maak jy as jy wil uitvind wat in die res van die stories aangaan?
Publikasiedatum: 2005-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601793

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 225
R 180Jy spaar R 45
By Einstein se snor!
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer 'n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met 'n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet 'n skurk met 'n nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na 'n eienaardige seegedierte … en veg saam teen 'n weermag tuinkabouters!
Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!
1. Professor Fungus en die robotkrisis
2. Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars
3. Professor Fungus en die BreinDrein-eksperiment
4. Professor Fungus en die diepsee-dilemma
5. Professor Fungus en die vreeslik gevaarlike tuinkabouter
Hierdie boeke is deel van 'n reeks vir intermediêre lesers met 'n sterk fokus op wetenskap, humor en avontuur.
Publikasiedatum: 2021-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398069

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 225
By Einstein se snor!
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, 'n klomp vreesaanjaende visse, 'n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word,
'n klomp dinosourusse … en beleef 'n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungusstories in een boek!
1. Professor Fungus en die zombie-tamaties
2. Professor Fungus en die ongelooflike miniatuuravontuur
3. Professor Fungus en die mensvreter-piranhas
4. Professor Fungus en die skrikwekkende Snotzilla
5. Professor Fungus en die dino-avontuur
Publikasiedatum: 2020-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389357

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Karen Ahlschlager
Kinders  -  Kleuters
R 225
Maak gereed vir hope kleuterpret in hierdie pragboek met 'n CD by!
Wat kry jy wanneer drie van die land se talentvolste kunstenaars kragte saamspan en 'n kleuterboek die lig laat sien? Hope pret, natuurlik!
In Rondomtalie verskyn 'n prettige keur uit die gewilde en bekroonde kinderrympie-koning Jaco Jacobs se kleuterversies, pragtig deur die talentvolle kunstenaar Karen Ahlschläger geïllustreer. En om als te kroon bevat die boek ook 'n CD waarop die veelbekroonde toonsetter en sangeres Anna Davel haar fantastiese toonsettings van al 30 versies sing!
Kom ry saam op die Teddiebeerbus, ontmoet vir Bambino die reus van Bitterbos, galop op die rug van 'n wilde perd, soek goggas in die tuin of hou 'n kussinggeveg! Die boek bevat altesaam 30 rympies en 30 liedjies.
Hierdie pragpublikasie beloof ure se vermaak vir kleuters - en is 'n trotse toevoeging tot enige kleuter se boekrak en musiekversameling!
Inhoud/Speellys
1. Kielie-kabouter
2. Bambino, die reus van Bitterbos
3. Grootmeneer
4. 'n Dag by die dieretuin
5. Voëltjies hou van sing
6. Spat in die bad
7. Dinosouruspret
8. Slaap, Sibongile
9. Skoppelmaai
10. Padda op 'n klip
11. Klop, klop, klop
12. Tande borsel
13. Teddie se wiegelied
14. Tien pikkewyne
15. Wilde perd
16. Spring
17. Winkel toe
18. Hande klap
19. Kattermaai
20. Trapsoetjies
21. Die Teddiebeerbus
22. Blokkies
23. My klere het gekrimp
24. Blou ballon
25. Wolke
26. Goggas
27. As jy mooi vra
28. Voor die spieël
29. Daar's 'n beer in my bed
30. Kussinggeveg
Publikasiedatum: 2018-10-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

5

9780798182232

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Carl Hollander
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 220
R 176Jy spaar R 44
Met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus vier Pippie haar 75ste bestaansjaar. Lesers sal hulle opnuut verlustig aan Pippie se manewales in hierdie nuwe uitgawe, waarin die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans deur bekroonde skrywer, Jaco Jacobs, hersien is. Die spesiale versameling sluit drie klassieke Pippie-titels in: Pippie Langkous, Pippie Langkous gaan aan boord en Pippie Langkous in die Suidsee.
Publikasiedatum: 2021-04-16

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.