●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607337

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
Vywervrou? Nee, ʼn kaivrou. Dis wat sy is. Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het. Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ... Marilyn is die verwagte vervolg op die Vywervrou-trilogie wat uit Lira, Mirre en Corali bestaan. Dit is 'n verhaal oor ouer word en liefde tussen ouer karakters, en bied selfs 'n goeie dosis spanning. Dit is deur en deur vir die lesers geskryf. Chanette het die manuskrip begin skryf nadat soveel lesers gesmeek het vir Marilyn se storie.
Publikasiedatum: 2021-07-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639605470

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef. “Al die elemente is daar vir ʼn lekker lees, en boonop is daar genoeg misterie en angswekkende gebeure om jou tone te laat krul van vrees.” - Wilna Adriaanse Droomvanger is 'n herskryf van Wip van die droomvanger wat in 1990 verskyn het. ʼn Klompie uiteenlopende karakters word saamgegooi in ʼn afgeleë bestemming, moorde word gepleeg, en enigeen kan die skuldige wees. Lesers van Agatha Christie sal plesier vind in die storielyn wat baie raakpunte het met verhale soos bv. Murder on the Orient Express en Death on the Nile.
Publikasiedatum: 2020-09-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398670

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?
As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.
Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.
Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.
Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.
Publikasiedatum: 2020-03-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394474

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed.
Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie.
Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.
Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.
Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak.
Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.
Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.
Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.
Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Publikasiedatum: 2019-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398175

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 350
Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?
“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”
Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.
Buitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.
Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.
Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Mirre is die skrywer se 46e boek. Dis die tweede een in haar nuwe trilogie. Die eerste een se titel is Lira en die derde, Corali. Ilse Salzwedel, aanbieder van Skrywers en Boeke op RSG, noem hierdie trilogie 'Vintage Chanette Paul'.
Publikasiedatum: 2019-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780795801051

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 345
Toe die skilder Vasti de Leeuw se gewese man haar meenthuis vandaliseer, het sy genoeg gehad van sy jarelange treitering. Sy trek terug na Leeuwendrift waar sy as 'n verworpeling grootgeword het. Dieselfde dag nog begin sy treiteroproepe ontvang, maar sy weier om weer te vlug.

Labirint is 'n spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid vind waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge lê.
Bekendes en onbekendes betree haar nuwe lewe, en die poppe begin eers regtig dans toe dit, ná die agterdogwekkende dood van een van die inwoners van De Koppe, duidelik word dat oor en weer slapery in dié rykmansbuurt die reël eerder as die uitsondering is. Vasti besef gou dat sy baie meer betrokke is as wat sy kon vermoed. Veral toe die ontbinde lyk van 'n man nie te ver van haar huis af ontdek word nie. Dan sterf nog 'n vrou onder verdagte omstandighede en kort daarna nóg een.
Geleidelik word dit duidelik dat Vasti se verlede die sleutel hou om die geheimenisse van die hede te ontsluit. Dat sy die een is wat die minotaurus in die labirint van haar lewe sal moet aandurf. Dit is natuurlik die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat . . .
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351453

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
Tamara (1899 - 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351514

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie. Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351521

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351545

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 280
Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351491

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 245
In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier? En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351538

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 245
Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie. Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351507

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 215
Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans? Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799381832

Fiction: Sale

Fiction  -  Sale
R 375
R 175Jy spaar R 200
Sacrificed is the English translation of Offerlam.
The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead.
Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life.
In Belgium, where she tries to trace her and her daughter's family origins, it becomes clear that that country's colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did.
The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father's premature death re-enters his bland existence.
In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkísi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission.
When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.
'Tension, romance and the secret of unseen things are Chanette Paul's forte. In Sacrificed she pushes these further to include megalomania, greed and a lust for power carried through to a third generation.' - Jeanette Ferreira
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799381535

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 350
Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan.
Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net op die nuwe Eden gebeur.
Toe Raine Quinn Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie, ook nie dat Fluisterbos die nuwe Eden is nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor dié klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sal word nie.
Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel.
Inspekteur Gys Niemand en Fortuintjie moet weer hulle speurvernuf inspan ondanks teenkanting in eie geledere.
Publikasiedatum: 2016-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.