●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Isak Burger

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Prys
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781770007857

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 80
God gebruik seisoene, storms en woestyne om sy doel in ons lewens te verwesenlik. In Seisoene, storms en woestyne verduidelik Isak Burger hoe moeilike tye in 'n mens se lewe ook sin en betekenis kan hê al verstaan jy dit nie in daardie stadium nie.
Publikasiedatum: 2009-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781432205850

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 135
HEMEL OF HEL?

Die dood is deel van die lewe. 'n Werklikheid wat mense seermaak, maar ook die begin is van alles wat hierna gebeur.
En dís waaroor mense so baie vrae het.

● Is elkeen se sterfdatum vooruitbepaal - en deur wie?
● Wat gebeur net voor jy jou laaste asem uitblaas?
● Wat ervaar jy wanneer jy sterf en waar is jy net daarna?
● Hoe lyk die hel en moet gelowiges bang wees om daar te beland?
● Kan mense ná selfdood hemel toe gaan?
● Hoe sal dit wees om vir ewig by Jesus te wees?

5 minute voor en ná die dood ontrafel die geheime en misterie van doodgaan.

Dit praat reguit teen onbybelse geloofsbeskouings en waarsku dat jy nou die regte besluite moet neem.
Maar dis nie 'n bangmaakpreek nie!
Jesus se woorde oor die hiernamaals in Lukas 16:19-31 sal al jou vrae beantwoord.

Isak Burger se wysheid uit die Woord sal jou vrese vervang met sekerhede oor genade wat vir elkeen beskikbaar is.
'Jy sal nuwe waardering kry vir die voorreg van voluit lewe met 'n uitsig op heerlike dinge wat vir jou wag.
En as jy treur oor 'n geliefde wat dood is, sal jy getroos voel en weet: Eendag sien ons mekaar weer.'
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432207625

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 149
Terwyl die skadu van sy eie dood oor Hom gehang het, het Jesus van troos gepraat. Terwyl Hy geweet het dat Hy enkele ure later in die ongenadige hande van soldate sou wees, het Jesus gesê: “Julle moet nie onsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek ...” (Joh. 14:1-2).

Die dood (veral vir hulle wat agterbly) is een van die mees ontstellende en traumatiese gebeure op aarde. Hoe meer voortydig die dood van 'n geliefde is, hoe groter is die ontsteltenis, hoe meer is die vrae. Jesus Sélf was ontsteld na die dood van sy vriend, Lasarus: “Toe Jesus sien dat Maria huil ... het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan” (Joh. 11:33).
Publikasiedatum: 2018-10-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781770002241

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 170
Maak jou oë oop vir die onsienlike wêreld rondom ons.
Elke mens het deel aan twee wêrelde: die fisiese wê­reld waarvan jy jou met jou sintuie kan vergewis, en die gees­tes­wêreld waarvan 'n mens nie langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die bestaan van hierdie geesteswêreld ontken, bete­ken beslis nie dat dit nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.
In Die geesteswêreld werp Isak Burger lig op hierdie onsienlike wêreld rondom ons. Hy fokus op veral vyf hoof­dele:
Die realiteit van die geesteswêreld
God en die geesteswêreld
Die engele
Satan en sy demone
Die gelowige en die geesteswêreld
Isak Burger wys vir gelowiges in hierdie boek daar­op dat dit nood­saaklik is om kennis te neem van die gees­teswêreld en wat daarin gebeur, want dit raak ons elkeen.
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622887

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Aan die voete van die Vader is 'n dagboek uit die pen van bekende outeur Isak Burger.

In 365 kragtige oordenkings sal lesers geestelik verryk en verkwik word. Die oordenkings sal die Here ook ʼn groter werklikheid vir mans en vroue in hulle lewe laat word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is rentmeesterskap, vergifnis, seën, genade, gebed, dissipelskap en Woordstudie.

Aan die voete van die Vader sal lesers inspireer om meer toegewyde volgelinge van Jesus te word.
Publikasiedatum: 2019-09-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432208578

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 269
Niemand wil graag oor die dood praat of selfs daaroor dink nie. Dit laat 'n mens ongemaklik voel. Ons hou nie van die woord “doodgaan” nie en gebruik eerder woorde soos “laaste asem uitblaas”.
In sulke tye het mense gewoonlik diep vrae oor die lewe ná die dood. Die dood en die lewe hierna beskryf met groot verantwoordelikheid wat die Bybel oor die onderwerp sê. Isak Burger se kennis van die Bybel bied interessante insigte en ewigdurende waarhede oor hoe gelowiges hulle harte kan voorberei vir die ewigheid saam met hulle Skepper.
Dit word aangebied in 'n maklike vraag-en-antwoord-formaat en verskaf antwoorde op 59 vrae wat mense het oor kwessies soos naby-dood-ervarings, verassing, die vaevuur, die hemel en die hel.
Is my sterfdatum vooraf bepaal?
Wat gebeur wanneer 'n mens doodgaan?
Hoe gaan ons woonplek in die hemel lyk?
Wat gaan ons daar doen en hoe gaan ons liggame lyk?
Gaan ek my oorlede geliefdes weer ontmoet?
Hierdie boek móét op elke gelowige se boekrak wees. Dit beskryf wat die Bybel sê 'n gelowige kan verwag wanneer hy of sy sterf en hoe die lewe daarna sal wees. Dit ontrafel die geheime en misterie van doodgaan en praat reguit teen onbybelse beskouings.
Bonus DVD:
Die DVD in MP4-formaat ontrafel die misterie van doodgaan en praat reguit teen onbebelse beskouings. Isak beskryf wat die Bybel se 'n gelowige kan verwag wanneer hy of sy sterf en hoe die lewe daarna sal wees.
Publikasiedatum: 2018-09-14

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.