●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Nandi Lessing-Venter

Results 1 to 10 of 10
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604572

Children: Picture books

Illustreerder: Carol Thompson
Children  -  Picture books
R 135
R 108Jy spaar R 27
Storm! Storm! Rain raps the window, wind rattles the door. 'Let's look for storm dragons,' says Grandpa. 'Watch out, dragons. We're coming!' Off they go, Grandpa and grandchild, down to the beach for a wild and wonderful adventure ... They find dragon footprints, dragon jewels, and even a dragon baby, but what will happen when they find the REAL Storm Dragon? This title is a joyful celebration of play and imagination, perfect for sharing and reading aloud. It is ideal for a younger audience. This is a relatable adventure of a grandfather, his grandchild and their dog out chasing a storm on the beach, braving a wild, blustery Cape South-Easter wind billowing across a typically turquoise South African sea.
Publikasiedatum: 2021-05-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604565

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Carol Thompson
Kinders  -  Prenteboeke
R 135
Storm! Storm! Reën ploeps teen die venster, wind pluk-pluk aan die deur. 'Kom ons gaan jag Suidoosterdrake,' sê Oupa. 'Pasop, drake. Hier kom ons!' Oupa en sy kleinkind gaan op 'n wilde en wonderlike avontuur af strand toe tydens 'n storm. Daar vind hulle draakvoetspore, draakjuwele en selfs 'n draakbaba, maar wat sal gebeur as hulle die rêrige Suidoosterdraak vind?

Hierdie prenteboek is 'n vreugdevolle viering van spel en verbeelding, ideaal om te deel en voor te lees vir 'n jonger gehoor. Dit is 'n heerlike avontuur van 'n oupa, sy kleinkind en hulle hond. Saam trotseer hulle 'n storm op die strand, stoei teen 'n wilde, woeste Kaapse Suidoosterwind wat woed oor 'n tipiese Suid-Afrikaanse turkoois see.
Publikasiedatum: 2021-05-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639602028

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Prenteboeke
R 155
Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate van Parys. Sy kan enige iets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie. Sy verlaat haar katfamilie en gaan ontdek die stad waar sy die aande om dans en sing. Op haar reis ontmoet sy die legendariese Édith Piaf en Josephine Baker. Kort voor lank is sy ook beroemd. Maar is dit regtig die lewe wat sy wil hê? Katte het bowenal nege lewens, jy weet ...

Dianne Hofmeyr is een van Suid-Afrika se voorste kinderboekskrywers wat met verskeie pryse vereer is, insluitend die Sanlam Goue toekenning vir jeugliteratuur, wat sy al meer as een keer ontvang het. Haar boeke is in 18 tale vertaal. Piet Grobler is 'n bekende, veel bekroonde Suid-Afrikaanse illustreerder en skrywer van meer as tagtig boeke vir kinders.
Publikasiedatum: 2021-01-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601489

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Christo Krüger
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
'n Pragtige storie oor vriendskap en liefde
Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie storie gaan oor 'n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring 'n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die idee van beletha - die Zulu woord vir iets op jou rug dra. Deur hulle dinosourusse vir 'n piekniek te neem leer Nellie vir Sion die kuns van beletha en Sion begin besef dat sy klein lewe iets is wat die moeite werd is om te dra. Hierdie is 'n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.
Publikasiedatum: 2020-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399059

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Ruth Brown
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Die beste versameling kuns …
Terwyl Tom en sy ouma 'n kunsgalery besoek, dwaal hy af en bevind homself in 'n syvertrek waar hy 'n baie spesiale uitstalling raakloop …
Ruth Brown, bekende prenteboekskrywer en -illustreerder van onder andere 'n Donker, donker storie, skep meesterstukke in hierdie briljante, speelse ontdekking van die kunsstyle van bekende en geskiedkundige beeldende kunstenaars. 'n Aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word.
Publikasiedatum: 2020-06-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397918

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Zehra Hicks
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
Hoe om klaar te praat met ʼn Probleem ...
Het jy al ooit ʼn Probleem ontmoet?
Hulle kan nogal Knapse Kêrels wees.
Maar moenie dat hulle jou broek laat bewe nie.
Daar is soveel dinge wat jy kan doen om hulle die hasepad te laat kies!

Kleuters en hul ouers sal sterk aanklank vind by die tema van hoe om probleme te bowe te kom.
Publikasiedatum: 2020-05-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397796

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Fifi Kuo
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
'n Klein pikkewyn sien al die voëls in die lug en wil soos hulle vlieg. Pikkewyn probeer als wat hy kan - maar sonder sukses. Maar kort voor lank leer hy by sy pa dat hy kan vlieg - onderwater! Die tema van waardering vir wat ons het, is altyd belangrik.
Kuo se tekeninge is eenvoudig uitmuntend en beeld elke emosie beeldend uit sodat mens presies kan verstaan wat Klein Pikkewyn voel, asook hoe dit moet voel om deur die water te vlieg. 'n Opwindende nuwe talent in kinderboeke! Fantastiese karakters, 'n unieke kunsstyl en 'n warm, humoristiese verhaal.
Publikasiedatum: 2020-02-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397093

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Claire Powell
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
Klein mier, groot avontuur
ʼn Klein mier vind sy kragtige stem in hierdie kleurvolle boek wat daaroor handel dat ander nie op hulle voorkoms beoordeel moet word nie.
Die tyd vir die woud se talentkompetisie. Tussen al die magtige diere van die woud is daar 'n nuwe deelnemer - ʼn klein mier. Wat op dees aarde sal hy dan nou kan doen?
Lees oor hierdie klein mier se avontuur in die snaakse, rymende story van Claire Freedman. Kleuters en hul ouers sal sterk aanklank vind by die tema van hoe om kleuters te help om hulle stem te vind. Die prettige teks maak dit 'n perfekte keuse vir hardop voorlees.
Publikasiedatum: 2020-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397109

Kinders: Aktiwiteitsboeke

Illustreerder: Kim Martin
Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 130
Verken 'n wollerige lamawêreld met hierdie fantastiese plakkeraktiwiteitsboek. Van lama-name tot lamas in pajamas, van soek-en-vind pret tot vernuftige plakker tonele - hierdie boek is propvol lama-liefde. Die boek sluit ook meer as 300 plakkers in waarmee jy die asemrowende prenteblaaie kan voltooi. Ure se lama-pret gewaarborg!
Publikasiedatum: 2019-09-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799396973

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Katy Halford
Kinders  -  Prenteboeke
R 145
'n Kleurvolle, fantastiese avontuur! Ontmoet vir Towerponie! Met manjifieke maanhare, 'n glinsterende horing en pikante pienk hoewe, is Towerponie net soos enige ander towerponie. Behalwe vir … haar reënboogbollie! 'n Storie oor vriendskap, aanvaarding en om in jouself te glo ... maak nie saak wat nie. Jong lesers sal mal wees oor hierdie kleurvolle prenteboek vol towerponies, drake, prinsesse, feetjies, pret … en reënboogbollie!
Publikasiedatum: 2019-08-27

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.