●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Fred Mouton

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920608903

Fiction: Sale

Illustreerder: Fred Mouton
Fiction  -  Sale
R 180
R 89Jy spaar R 91
The best storyteller in the Transvaal, Oom Schalk Lourens, is sitting on his riempies bench, waiting for just the right moment to knock out his pipe on his velskoen while he regales you with timeless tales such as Willem Prinsloo's Peach Brandy, The Music Maker and In the Withaak's Shade.
This time, however, he's not leaving out any part of the story. For in this edition, for the first time in seventy years, the author's wish that the stories be restored to their longer, original form has been honoured, adding more than a thousand words of never before seen Bosman-isms to the text.
Illustrations by veteran cartoonist Fred Mouton further add to the delight, making the best stories that ever came out of South Africa even better.
Publikasiedatum: 2017-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920608910

Fiksie: Rubrieke

Illustreerder: Fred Mouton
Fiksie  -  Rubrieke
R 180
Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die withaak se skadu, Suiderkruis Boeke, 2011). Dit is besonder goed ontvang, en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre P. Brink, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Paul C. Venter. Die jaar daarna het 'n Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories (Suiderkruis Boeke, 2012) die lig gesien, wat sowat die helfte van Bosman se bekende stories oor Jurie Steyn se plaasposkantoor bevat. Dit was die eerste Bosman-bundel wat deur Fred Mouton geillustreer is. Die oorweldigend positiewe terugvoer oor die Bosman/Moutonkombinasie het dit voor die hand liggend gemaak dat Fred ook oom Schalk se stories onder hande moet neem. Mafeking-pad kombineer dus vir die eerste keer Bosman se gewildste verhale - wat van 1947 af nog nooit uit druk uit was nie - met Fred Mouton se kenmerkende styl. Die resultaat is eg Afrikaanse lekkerte!
Publikasiedatum: 2017-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300663

Nie-fiksie / Non-fiction: Uitverkoping / Sale

Illustreerder: Fred Mouton
Nie-fiksie / Non-fiction  -  Uitverkoping / Sale
R 190
R 79Jy spaar R 111
Verlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloë dae se kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en vlaktewêreld en ure se gesels om die braaivleisvuur?
Met Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op 'n nostalgiese reis na daardie Suidwes: 'n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met 'n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid 'n mens jare later nog kan laat skater. Lees hoe 'n misleidende ontmoeting met 'n loskop net die regte medisyne vir 'n ontspoorde wewenaar geword het, hoe 'n weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier gestrande manne maak as 'n hotel ontydig tjokkenblok vol is.
Verdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy verwelkom is as 'bobaasverteller oor die ou dae in Namibië'.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920608002

Fiksie: Kortverhale

Illustreerder: Fred Mouton
Fiksie  -  Kortverhale
R 195
Sowat agtien maande voor sy dood, in April 1950, het Herman Charles Bosman die ambisieuse voorkamerstories-projek aangepak, wat behels het dat hy elke week 'n 2 000 woorde lange storie moes lewer vir die nuusblad The Forum, wat as 'n komiese teenwig vir die ernstiger nuusgebeure gedien het. Volgens Lily Rabkin, 'n tydgenoot van Bosman, was die Voorkamerstories die platform waar Bosman se komiese vermoëns 'tot volle wasdom gekom het'. Bosman het self aan Rabkin gesê dat dit 'die beste werk [is] wat [hy] ooit gelewer het'.
Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798151207

Nie-fiksie / Non-fiction: Humor / Humour

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Humor / Humour
R 225
Fred Mouton kyk met belangstelling na President Jacob Zuma. "Sekere mense teken so lekker, jy hoop hulle bly vir altyd lewendig, want hulle het gesigte wat 'n mens kan waardeer." Dié nuwe versameling met die beste uit Fred se pen volg op die sukses van sy versamelbundel verlede jaar. Van Helen Zille tot Jacob Zuma en vele ander bekendes -- soos Steve Hofmeyr en Carl Niehaus -- loop onder sy deurdringende dog altyd humoristiese pen deur.
Publikasiedatum: 2009-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190538

Fiksie: Uitverkoping

Illustreerder: Fred Mouton
Fiksie  -  Uitverkoping
R 160
R 29Jy spaar R 131
Die geestige wolskaapstories in hierdie bundel gooi die riem uit na 'n Karookind se kinder jare en klap “blomskote” oor die diep
kant van die bedryf, wolwe in skaapsklere, die Depressiejare en die wol-boom daarna.
Publikasiedatum: 2004-01-10

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.