●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Martin Steyn

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390889

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
Die wêreld is nie meer 'n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is.
“Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”
Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie 'n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder 'n kind s'n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop 'n ontvoering vir 'n losprys. 'n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê.
Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak - te verbreek - kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister.
Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?
Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.
Publikasiedatum: 2018-10-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799380910

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar. Dit het begin met 'n blom onder haar motor se ruitveër. Maar die tweede een was dood en toe kom die swart blomme. En nou word sy iewers in 'n sel van sement gevange gehou. Die enigste manier uit is deur haar ontvoerder. Net hy kan die kelder se deur oopmaak. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word. Kritici is gaande oor Martin Steyn se verskyning op die toneel van misdaadfiksie. Donker spoor, sy debuutroman, is in 2015 met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningsromans bekroon.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799373608

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 125Jy spaar R 125
As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en om vergifnis te vra nie?
'n Middeljarige tandarts word tereggestel in sy sitkamer, een skoot in sy voorkop, maar nie voor hy een woord teen die muur geskryf het nie - in die bloed wat uit die sny in sy hand drup. Adjudant Colin Menck kyk na die sewe letters teen die muur, die 'skoon' toneel, en hy is oortuig dis 'n professionele moordenaar se werk.
Maar wie het hom gehuur? Daar is verdagtes, veral sy vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen dat iemand betaal het om hom te laat doodmaak?
Terwyl Menck nog antwoorde soek, word 'n tweede man in sy woonstel tereggestel. Weer is daar sewe letters in bloed teen die muur. Nou is daar baie meer vrae, want daar is geen tekens dat hierdie twee slagoffers enige verbintenis met mekaar gehad het nie.
Die enigste raakpunt is nog 'n ongelukkige vrou, 'n eks hierdie keer, hulle seuntjie 'n twispunt.
Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier én iemand uit 'n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet.
Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799369656

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 109Jy spaar R 141
'n Hoerskoolmeisie se liggaam word 'n ent buite Durbanville ontdek. Wanneer die patoloog sien dat die meisie gehang is, onthou sy 'n soortgelyke geval. Die laaste ding waarvoor die middeljarige inspekteur Jan Magson lus is, is 'n reeksmoorddossier...


Jeanette Ferreira, die teksredakteur, sê van Donker spoor: 'Briljant. Afskuwelik. Gebalanseerd. Dis nie elke debuut wat so daar uitsien nie. Hierdie skrywer verstaan boosheid en broosheid. Ek is werklik beindruk.'
Publikasiedatum: 2014-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799383591

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 280
Dark traces is the English translation of Martin Steyn's first suspense novel, Donker spoor.
When a child is murdered, it always seems as if a light has been extinguished in a parent's eyes. They find her decomposing body in the veld. A teenager. She was raped and tortured for days. She was hanged. She wasn't the first.
The South African Police Service's Warrant Officer Jan Magson, estranged from his son and still grieving for his wife, is assigned to the case. He has to look the mothers and fathers in the eye. He has to answer their questions. And he can't.
Headlines question the police's ability to protect the community from this evil. A newspaper prints a mother's heart-wrenching letter to the killer. A father offers a substantial reward.
And every time another lead reaches a dead end, Magson finds himself looking down at another dead girl.

Winner of the 2015 ATKV Prize for Suspense Fiction, Martin Steyn's Dark traces deals with two sides of homicide: sadistic murder and euthanasia: killing for pleasure and killing for love.
Publikasiedatum: 2017-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.