●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Ken

Results 1 to 15 of 104
Gesorteer volgens:  Taal
Geen voorblad
9780141439563

Fiction: Classics

Fiction  -  Classics
R 140
Publikasiedatum: 2007-01-02
Geen voorblad
9780141439600

Fiction: Classics

Fiction  -  Classics
R 140
Publikasiedatum: 2007-01-02
Geen voorblad
9780141187884

Fiction: Classics

Fiction  -  Classics
R 230
Publikasiedatum: 2005-05-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415210499

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
R 234Jy spaar R 26
'n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak - 'n ondier met 'n dodelike aptyt.

In die skadu van die dobbelhuis waar Fabian 'n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir dié gedierte ʼn hok te bou en hom te versorg.

Maar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het - daar waar die dier nou lê. 'n Trommel wat hom sal help om sy vrou Merinda, wyndrinker van formaat, vir 'n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.

Wilken Calitz se Swart swaan is meer as 'n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is 'n betowerende roman oor die lewe van 'n man wie se verbeelding op 'n dag vlerke kry.
Publikasiedatum: 2020-05-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770078796

Nie-fiksie / Non-fiction: Diere / Animals

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Diere / Animals
R 370
R 333Jy spaar R 37
Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voëlboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se mees geliefde voëlkenners, Kenneth Newman.
PVC omslag.

Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voëlkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei. Die boek bevat al die voëls wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voëls van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibië, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voëlgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou. Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voël soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit. 'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls te gebruik.
Publikasiedatum: 2020-03-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623556

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 199
R 179Jy spaar R 20
Ontdek die waarheid oor wie jy werklik is.
Sportman. Seun. Akademiese presteerder. Kunstenaar. Broer. Atleet. Geek...
Beskryf enige van hierdie etikette jou identiteit? Jy kan probeer, maar die probleem is, dit is alles mensgemaak. As jy jou hoop op enige van hulle plaas, sal dit jou in die steek laat.
Jou identiteit kan voel soos 'n raaisel, maar Op my naam, sal jou help om die waarheid te ontdek. Wie jy is, word deur meer bepaal as jou punte, voorkoms of talent op die sportveld.
En jou ware identiteit kan net aan jou geopenbaar word deur die Een wat jou werklik ken. Die Een wat jou geskep het. Die Een met al die wysheid.
God het reeds die deur oopgemaak. Stap daardeur en ontdek wie Hy jou gemaak het om te wees.
Geinspireer deur die fliek Overcomer.
Publikasiedatum: 2019-10-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623358

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 199
R 179Jy spaar R 20
Jou identiteit bepaal jou gedrag.
Wie kan met meer insig en gesag praat oor wie jy is as God die Een wat jou ontwerp het, jou die beste ken en jou liefhet?
Elkeen van ons is uniek geskep om God te ken en 'n betekenisvolle lewe te leef. Maar om dit te weet, is bloot die begin...
Is jy gereed om te ontdek wie jy geskep is om te wees? Wat God van jou dink en deur jou kan doen, is baie wonderliker as wat jy jou ooit kan voorstel.
Geinspireer die die fliek Overcomer.
Publikasiedatum: 2019-10-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781535949859

Christian - Children: Devotionals

Christian - Children  -  Devotionals
R 200
R 180Jy spaar R 20
If you asked a group of kids to describe themselves, how would they reply? Probably with their names, ages, or favorite sports-who they are on the outside. But what about who they are on the inside? Do they know they are unique, made new, and loved children of God? This book for middle-grade readers focuses their identity right back where it belongs: on their hearts and souls and minds, reflecting the glory of the One who made them. Featuring fun full-color illustrations, each short essay and activity will help kids discover their worth in God and learn that their true identity is nothing short of wonderful.
Publikasiedatum: 2019-08-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307044

Kinders: Tieners

Illustreerder: Roswitha Quadflieg
Kinders  -  Tieners
R 285
R 257Jy spaar R 28
Bastian Balthasar Bux ontdek in 'n boekwinkel 'n geheimsinnige boek: Die eindelose storie. Opgewonde neem hy dit saam en word ingetrek in die wilde avonture van die helde Atréju en sy gevaarlike opdrag: om die ryk van Fantasieë en sy heerser die kinderlike keiserin te red. Wanneer Bastian besef dat hierdie fantasiewêreld in groot gevaar verkeer, ontdek hy dat hy die aangewese persoon is om dit te red. Kan Bastian die grens tussen realiteit en sy verbeelding oorkom om Fantasieë te red? En hoe verlaat mens 'n ryk wat geen grense het nie?
Publikasiedatum: 2018-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624086277

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op 'n lêer. Dié nuwe pasiënt kan tog nie dieselfde man wees wat haar siel geknak het nie? Dieselfde man wat die oorsaak is dat sy tot vandag toe nog nie enige ander man behoorlik kon vertrou nie. Hoe gaan sy hom na al die jare weer in die oë kyk om sy fisioterapeut te wees?
Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar - haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie - kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer.

Nie alles in die verlede is egter sleg en onaangenaam nie. Daar is juis soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan te help? Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?
Publikasiedatum: 2018-11-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388817

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Dale Blankenaar
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
R 162Jy spaar R 18
'n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories!
Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal.
Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word.
Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het.
Gee vir tannie Breggie 'n ou soentjie - as jy dapper genoeg is!
Vind uit hoe 'n mens toonkonfyt maak.
En ontdek hoe 'n bol kougom die wêreld kan red ...
GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Hierdie bundel kortverhale bevat tien stories wat gewaarborg is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.
Inhoud
- Iets in die water
- Dis amper onmoontlik om saggies op 'n elektriese kitaar te speel
- Haai! Jy's mos Brandon Skye!
- Kom gee my 'n ou soentjie ...
- Die dag toe Karlo Karelse se kougom die wêreld gered het
- Toonkonfyt
- Stadsjapies
- Die Swakste Restaurant in die Heelal
- Die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het
- Supergom
Publikasiedatum: 2018-08-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776091171

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 230
R 207Jy spaar R 23
Wat gaan deur 'n koerantredakteur se kop as 'n woedende John Voster hom vroegoggend bel oor kritiese beriggewing? Hoe hanteer hy dit wanneer 'n kabinetminister een van sy verslaggewers met die vuiste wil bydam? Of as 'n groep regse belhamels 'n politieke nuushond teer en veer? Hoe kry 'n Afrikaanse koerant dit reg om tydens die apartheidsjare volledig oor ANC-beleidstandpunt te rapporteer sonder dat die veiligheidspolisie se sensors ingryp?
Herald Pakendorf beantwoord die vrae, en nog vele meer in sy herinneringstog deur 'n onstuimige tydperk van Suid- Afrika se geskiedenis. Die grootkoppe van apartheid kon hierdie 'liberale' redakteur van Oggenblad (1972-1979) en Die Vaderland (1980-1986) met moeite voor hulle oë verdra.
Publikasiedatum: 2018-03-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624079859

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Suster Leanie ontferm haar oor haweloses in die parkie digby Worcester Med, ongeag van haar verloofde, Henk, se vermanings. Sy wonder oor Lu met die blou oë en woeste baard: Waar sou sy gesin wees? Terwyl Leanie 'n skokonthulling oor Henk se verlede moet verwerk en matrone Elizna Truter se venyn moet verduur, beland Lu in die hospitaal. Nou, skoongeskeer en gesond, vertel hy sy hartseer verhaal aan haar. Sal Lu, en Leanie, weer geluk vind?
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614677

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 160
R 144Jy spaar R 16
Gebed beÂ-hoort jou eerste aanvalsplan te wees in die stryd van die lewe, nie jou laaste toevlug nie. En vir 'n geveg van hierdie kaliber het jy 'n doelgerigte strateÂ-gie nodig.

Strategie vir gebed bied vir lesers 'n aksieplan wat hulÂ-le sal lei van die eerste stap wat hulle moet neem tot op die vlak van 'n volwaardige en selfstandige geÂ-bedÂ-Â-soldaat:

Die beginÂ-stappe van 'n sterk gebedslewe -die krag en prioriteit van gebed
Die basiese opleiding - wanneer en waar om te bid
Ingesteldhede - soos gehoorsaamheid en volharding
Strategieë - hoe om te bid
Teikens - vir wie om te bid
Ammunisie - wat kan jy gebruik in jou gebede
Ekstra versterking - besprekingsÂ-vrae wat in groepe gebruik kan word

Strategie vir gebed sluit aan by die Kendrick-broers se fliek War Room. Dit is 'n hulpbron vir enigÂ-een wat vasberade is om as oorwinÂ-naars in gebed uit te styg.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624069171

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Dale Blankenaar
Kinders  -  Prenteboeke
R 165
R 149Jy spaar R 16
Ouderdom: 3-6.
Daniel kuier by Ouma en Oupa. Toe dit aand word en tyd om te gaan slaap, lees Oupa eers vir Daniel 'n storie. Toe sing Ouma vir hom 'n liedjie. Maar die bed is vreemd, en Daniel voel baie ongemaklik . . . Hy verlang na sy eie kamer en sy eie bed. En hy hoor geluide! Dit klink soos . . . Soos 'n hele trop OLINOSTERS wat op die dak dans en spring!
Publikasiedatum: 2015-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.