●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Guido van Genechten

Results 1 to 15 of 24
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179690

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 210
Met die 10de verjaarsdaguitgawe van hierdie topverkoper potjieboek met flappies kan kinders 'n positiewe les leer oor potjiedissipline.

Muisie is 'n nuuskierige agie wat oral wil inloer. Hy wil selfs in al sy maatjies se doeke loer! Maar wanneer sy maats in sy doek loer, kry hulle 'n groot verrassing. Die grappige vertaling deur Philip de Vos sal kinders van 2 tot 4 jaar hope plesier verskaf!
Publikasiedatum: 2019-08-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302957

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shané Kleyn
Illustreerder: Guido van Genechten
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Dis 'n spesiale dag: Dirkie verjaar!
Hy staan lekker vroeg op en help vir Mamma om alles vir die verjaardagpartytjie gereed te kry.
Toe Dirkie se partytjie begin, is Annie nie daar nie ...
Is sy nog op pad? En wag daar nog ander verrassings op Dirkie?

Dirkie (oftewel Rikki soos hy in Nederland genoem word, Nicky in Duitsland, Benji in Frankryk of sommer net Flop-Ear in Amerika) is die skepping van Guido van Genechten. In 1998 wen Van Genechten met hierdie boek die Prijs van de Stad Hasselt, die belangrikste internasionale wedstryd in België vir kinderboek-illustreerders. Sedertdien is hy voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke is in meer as 30 lande beskikbaar.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302964

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shané Kleyn
Illustreerder: Guido van Genechten
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Net ná sy verjaardag kry Dirkie groot nuus.
Mamma en Pappa vertel hom dat daar 'n babatjie op pad is.
Dirkie word ouboet! Dirkie is dolgelukkig daaroor, maar ook 'n bietjie teleurgesteld: Die baba kom eers ná die winter, hy moet dus nog lank wag ...
Uiteindelik word dit lente en die appelboom bot.
En op 'n mooi oggend breek die oomblik aan!
'n Wonderlike familieverhaal oor Dirkie wat vir 'n bababoetie wag. Of is dit 'n sussie?

Dirkie (oftewel Rikki soos hy in Nederland genoem word, Nicky in Duitsland, Benji in Frankryk of sommer net Flop-Ear in Amerika) is die skepping van Guido van Genechten. In 1998 wen Van Genechten met hierdie boek die Prijs van de Stad Hasselt, die belangrikste internasionale wedstryd in België vir kinderboek-illustreerders. Sedertdien is hy voltyds besig om nuwe karakters te skep waarmee hy die harte van peuters en kleuters verower. Sy prenteboeke is in meer as 30 lande beskikbaar
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300014

Kinders: Kartonboekies

Illustreerder: Caren van Houwelingen
Kinders  -  Kartonboekies
R 115
Klein wit vissie is so bly. Mamma kom hom haal. Hy groet sy maats.
Tatta, slak in jou dop,
tatta, padda op die rots,
tatta, seeperdjie onder die blaar,
tatta, krap agter die klip,
tatta, goudvis tussen die riete.
Tatta! Ek gaan nou saam met Mamma huis toe.

'n Prettige boek oor voorsetsels vir peuters vanaf 24 maande.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300007

Kinders: Kartonboekies

Kinders  -  Kartonboekies
R 115
Klein wit vissie huil. Sy mamma is weg. Hy ontmoet seediere van verskillende kleure: 'n rooi krap, 'n oranje seester, 'n geel slak, 'n groen skilpad, 'n blou walvis en 'n pers seekat. Dan sien klein wit vissie uiteindelik sy mamma!

'n Oulike boek oor kleure vir peuters vanaf 24 maande, met 'n kind se taalvaardigheid as tema.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300052

Kinders: Kartonboekies

Illustreerder: Shané Kleyn
Kinders  -  Kartonboekies
R 140
Die groot eet-boek is vol fynproewers: vrug- en viseters, vegetariërs, liefhebbers van neute, kaas of gras, blomlekkerbekke of omnivore (soos Jan) ... maar almal geniet dit om hul magies vol te eet.

'n Lekkerbek-boekie vir peuters vanaf 24 maande, met die daaglikse lewe van die kind as tema.
Publikasiedatum: 2014-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300038

Kinders: Kartonboekies

Vertaler: Shané Kleyn
Kinders  -  Kartonboekies
R 140
Die groot baba-boek is vol baba's: kaal baba's en harige baba's, baba's wat lê en baba's wat regop staan, baba's wat honger is en baba's wat dors is ... Maar elkeen van hulle is oulik.

'n Mooi storie vir peuters wat 'n broertjie of sustertjie verwag.
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199647

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Koning Kuttel het 'n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkon sien Koning Kuttel dan 'n optog van verruklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan hierdie keer deur die koninklike kneg uitgebeitel word in die gedenksteen met al die wenners van die Groot Poefwedstryd?
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798162906

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Sommige sê dit laat hulle lekker warm voel,
ander sê weer dit laat hulle sweef.
Party kriewel tot in hul tone van lekkerte
en ander se harte begin vinnig bons.
Wat ook al gebeur, een ding is seker:
'n Soen is die allerheerlikste ding
wat bestaan!

Maar wie het nou eintlik daarmee begin en wie het die heel eerste soen gegee?
Die antwoord op dié fassinerende vraag vind ons
in hierdie skatlike boek vir alle soeners van 3 jaar en ouer.

Deur die gewilde skrywer van Mag ek in jou doek loer?
Publikasiedatum: 2013-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197537

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Dit is herfs in die bos. Dirkie soek na kastaiings maar vind op die grond ook 'n eekhoring. Slaap hy? Is hy siek of het hy 'n pootjie gebreek? Dirkie gaan haal sy vriendinnetjie Annie en saam neem hulle die eekhoring na Dirkie se mamma. Sy sien dadelik wat fout is.

Met die hulp van Mamma en Pappa neem Dirkie afskeid van 'n eekhoring. 'n Ontroerende verhaal vir kinders vanaf 4 jaar.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197544

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Dirkie gaan elke aand na 'n oop plek in die bos. Daar speel hy met al sy vriendjies: wit en grys en bruin en swart konyntjies. Vreemd genoeg is Dirkie die enigste konyntjie wat met almal speel. Wanneer 'n nuwe konyntjie hom by hulle aansluit, is Dirkie altyd die eerste een wat hom uitnooi om saam te speel. Maar kan Dirkie almal kry om saam te speel?

'n Prenteboekverhaal oor vriendskap en nuwe vriendjies maak. Vir kinders vanaf 4 jaar.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193867

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 140
As Mamma 'n rukkie weg moet gaan, sorg Pappa vir die kinders soos wat net hy kan. Sommer gou word dit 'n vrolike spul. Alles kan en alles mag, maar wat gaan Mamma dink hiervan?
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193874

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Ysie Ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe 'n sneeuvlokkie smaak, dat die wind kan streel én byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die heel belangrikste vraag ken hy goed ...
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193935

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Dirkie het een oor wat regop staan en een wat hang. Die ander konyntjies lag vir hom wanneer hy die snaaksste maniere uitdink om sy oor regop te kry ...
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194284

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Dirkie is verlief. Hy droom daarvan om Annie se vriendjie te wees, maar hy is te bang om haar te vra. Dan versin hy maar iets om indruk op haar te maak: miskien hou sy van 'n konyn met bruin vlekke, of 'n konyn met baie soetwortels, of 'n konyn wat slim lyk ... Annie lag elke keer as sy hom in 'n nuwe gewaad sien.
Publikasiedatum: 2011-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.