●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Sidney Gilroy

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776172887

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
Publikasiedatum: 2023-04-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182188

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl
Parkwegstasie se ace-speurder in 'n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af.
Haar oeuvre 'n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskotvan 'n vrou, vermoedelik dié van Aretha.
In Parys ontmoet Sollie 'n hand vol verdagtes: 'n kunsagent, 'n prokureur, 'n slagter, 'n bouer en 'n koerier. Voeg hierby 'n venynige
aanneemkind, 'n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én 'n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir 'n intrige gevul met hoogdrama.
Is dit moord? Selfdood? Of bloot 'n fratsongeluk?
Sollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi's te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.
Publikasiedatum: 2022-01-24
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180542

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags 'n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.
Wanneer die oorskot van 'n verminkte vierjarige in 'n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na 'n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie 'n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.
Publikasiedatum: 2020-07-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178112

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
Bloemfonteinse speurder Sollie Mtembu lê snags wakker. Sy vrou se ambisies is lankal besig om vinniger as sy salaris te groei. En by Parkwegstasie sien niemand hom raak nie.
In Oktober word Tillman Wagenaar, welgestelde boer en 'n ou vriend van die polisiekommisaris, in 'n lokval gelei. Twee dae later word hy deur sy familie as vermis aangemeld en Sollie word gestuur om die “verdwyning” verder te ondersoek.
Maar kort ná hy op Rhynveld arriveer, is daar 'n noodlottige aanval op Onverwacht, die Wagenaars se familieplaas. En die oënskynlike ontvoering verander in 'n moorddossier. Met die hulp van Carla Kruger, joernalis van Oggendpos, begin hy die die dorp se tonge loskry. Maar kan hy betyds sy vrese oorwin, die geheime van die verlede ontrafel en die gewetenlose moordenaar in sy spore stuit?

Klikbek, Sidney Gilroy se debuutspanningsroman, ontgin die verstrengelde geskiedenis van drie Vrystaat-families se vetes oor geld, bloed en erfgrond. En die letsels waarmee dit die nageslag laat.
Publikasiedatum: 2019-08-14
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.