●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Marilé Cloete

Results 1 to 15 of 28
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359448

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Marike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by 'n kliniek vir geestesgesondheid. Ná 'n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan 'n lyntjie te laat hou nie. Louis Calitz probeer 'n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg. Boonop steek hy die rede vir sy probleme met mobiliteit vir almal weg en weier om hulp te aanvaar. Marike besef mettertyd dat Louis homself straf vir die dood van sy suster deur die pyn te verduur wat 'n heupvervanging kan genees. Louis besluit om vir die operasie te gaan, maar sal dit genoeg wees om sy probleme op te los en sy hart vir Marike oop te maak?
Publikasiedatum: 2023-10-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037940

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Jy is my droom - Alma Carstens*
Ellie se eerste onmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na 'n mor sige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie.
*Herberg vir die hart - Marilé Cloete*
Marike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by 'n kliniek vir geestesgesondheid. Ná 'n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan 'n lyntjie te laat hou nie. Louis Calitz probeer 'n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg.
*Spykerhakmeisie - Ann Hite Kemp*
Rozelle, 'n eiendomsagent, se paaie kruis met Hein toe sy hom 'n ou, spokerige herehuis gaan wys wat hy namens sy tannie gaan besigtig. Om te bepaal of die huis wel spook - 'n vereiste vir die kooptransaksie - reël sy 'n middernagtelike piekniek en oorslaap in die leë huis. Hein en Rozelle is nie voorbereid op die gevoelens wat vinnig tussen hulle ontwikkel nie. Toe daar 'n foto van hulle in die koerant verskyn waar hulle lepellê in die spookhuis, is die gort behoorlik gaar.
*In twee geskeur - Lizelle von Wielligh*
Die De Vries-tweeling lyk eenders. Jakob se oë kyk egter tot diep in Helena se siel en woel ongekende dinge in haar los - sóndige dinge. Hoe kan sy so aangetrokke tot hom wees terwyl sy verloof is aan sy broer, Daniel? Om enige misverstande te voorkom, besluit Helena om Jakob in die geheim te gaan ontmoet voor sy die volgende dag met Daniël trou. Dit loop uit op 'n soen wat verbode begeertes in haar aanwakker en haar net meer verwar.
Publikasiedatum: 2023-10-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037865

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 500
*'n Skandalige aanbod - Dina Botha*
Van prinses na minnares. Beeldskone Cassie Kent, alias Prinses Casandra van Habsburg en haar suster Mary bevind hulle in vreemde waters. Sonder 'n heenkome, geld of familie om hulle in 'n vreemde land te beskerm moet hulle noodgedwonge onder die dekmantel van kamermeisies werk. Cassie ontmoet Graaf Alister Wyndham, maar dis onmoontlik om 'n nederige en onderdanige houding teenoor die jong en aantreklike graaf in te neem. Haar parmantigheid fassineer hom en hy bied haar 'n beter pos aan. . Wil hy met haar trou? Die antwoord is nee, hy beplan om haar sy minnares te maak. Intussen dra albei geheime rond en dit maak 'n toekoms saam onmoontlik.
*Rusplek vir die hart - Marilé Cloete*
Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk dat sy sorgvry is. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met Shaun Mouton, 'n krieketafrigter. Hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in 'n oomblik van dwaasheid 'n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik 'n taal van sy eie.
*Liefde vir 'n Prins - Zinèt Oosthuizen*
Die liefde laat hom nie voorskryf nie. Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans en tydens 'n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is.
*Silwerspoor van die maan - Frenette van Wyk*
Avontuurlustige liefde Zara is van voorneme om nooit 'n vervelige getroude lewe te lei nie, maar 'n lewe van avontuur te leef. Sy leer vir Fernando ken en sy raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit. Daar is egter reeds 'n vrou en 'n baba in sy lewe. Hy betaal Zara om na die baba te kyk terwyl hy die ma gaan soek, maar wil nie vir haar sê waar hy aan die silwermunte kom waarmee hy haar betaal nie. Sy begin vermoed hy is die seerower wat 'n trommel vol soortgelyke muntstukke van 'n handelskip, in die hawe van Tafelbaai, af geplunder het. Sy bewaar egter sy geheime, want die geld wat hy haar betaal help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te betaal.
*Plus een - Didi Potgieter*
Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy 'n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Na Jan-Adriaan haar 'n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê.
Publikasiedatum: 2023-08-10
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037858

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*'n Skandalige aanbod - Dina Botha*
Van prinses na minnares. Beeldskone Cassie Kent, alias Prinses Casandra van Habsburg en haar suster Mary bevind hulle in vreemde waters. Sonder 'n heenkome, geld of familie om hulle in 'n vreemde land te beskerm moet hulle noodgedwonge onder die dekmantel van kamermeisies werk. Cassie ontmoet Graaf Alister Wyndham, maar dis onmoontlik om 'n nederige en onderdanige houding teenoor die jong en aantreklike graaf in te neem. Haar parmantigheid fassineer hom en hy bied haar 'n beter pos aan. . Wil hy met haar trou? Die antwoord is nee, hy beplan om haar sy minnares te maak. Intussen dra albei geheime rond en dit maak 'n toekoms saam onmoontlik.
*Rusplek vir die hart - Marilé Cloete*
Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk dat sy sorgvry is. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met Shaun Mouton, 'n krieketafrigter. Hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in 'n oomblik van dwaasheid 'n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik 'n taal van sy eie.
*Liefde vir 'n Prins - Zinèt Oosthuizen*
Die liefde laat hom nie voorskryf nie. Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans en tydens 'n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar 'broers' teen wie sy haar hart moet staal en moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneem-familie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie.
*Silwerspoor van die maan - Frenette van Wyk*
Avontuurlustige liefde Zara is van voorneme om nooit 'n vervelige getroude lewe te lei nie, maar 'n lewe van avontuur te leef. Sy leer vir Fernando ken en sy raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit. Daar is egter reeds 'n vrou en 'n baba in sy lewe. Hy betaal Zara om na die baba te kyk terwyl hy die ma gaan soek, maar wil nie vir haar sê waar hy aan die silwermunte kom waarmee hy haar betaal nie. Sy begin vermoed hy is die seerower wat 'n trommel vol soortgelyke muntstukke van 'n handelskip, in die hawe van Tafelbaai, af geplunder het. Sy bewaar egter sy geheime, want die geld wat hy haar betaal help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te betaal. So sal haar pa se dobbeloortredinge ten minste 'n geheim bly, en hoef sy nie met Hendrick te trou in ruil vir die skuld nie. 'n Historiese Romanza.
Publikasiedatum: 2023-07-27
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358083

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde maak twee harte een
Christeline Samuels is pas terug ná sy haar doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Haar prioriteite vir die toekoms is eenvoudig: 'n suksesvolle akademiese loopbaan, en om die vervreemding van haar ouers te verwerk. Maar Chrissie se vriendin, Beth, en die res van die vriendegroep het egter ander planne. Rodney Philander mag op die oog af net die mede-eienaar van 'n tuindiens wees en daarby 'n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Op 'n lentebesoek aan Namakwaland doen die groep vriende hulle bes om Kupido te speel. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van 'n blom moet egter nie onderskat word nie.
Hierdie boek is die vierde deel van 'n reeks deur Marilé Cloete. Beide karakters verskyn in Romanse in Rock, Man met 'n hart en Projek ware liefde.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352555

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Kan voorheen-verliefdes nuut begin?

Met haar suster Reinet se troue raak Maret Schreuder en die strooijonker Erik Bosman halsoorkop verlief, maar dinge loop net so vinnig weer skeef. Erik gaan werk in Europa en Maret gaan voort met haar lewe op haar
Swartlandse grootworddorp. Drikus skuif gou-gou in Erik se plek in, maar dit word mettertyd vir haar duidelik dat hy nie met haar wil trou nie en dat hy haar nie werklik aanvaar soos sy is nie. Erik se terugkoms krap dinge deurmekaar en Maret besef dat sy hom nie werklik vergeet het nie. Wanneer hy op haar dorp kom aflos, is dit eintlik logies dat sy hom losies sal aanbied. Albei besef dat 'n gebrek aan werklike kommunikasie hulle verhouding destyds gekelder het, maar albei is ook ewe bang om weer so seer te kry. Nou moet hulle besluit of hulle die moed het om nuut te begin.

Maret Schreuder is die derde van die identiese drieling van Oor begin en Weer begin wat beide in 2021 verskyn het. Verbale mishandeling en “body shaming”, en die impak daarvan op geestesgesondheid, is ʼn sterk tema in die boek. Die held is ʼn dokter, ʼn beroep wat altyd baie gewild onder romanselesers is.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781776354962

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Daar is meer as reën in die lug ...
Anet Schreuder sal enigiets vir haar susters doen en laat haar dus by Reinet se troue teensinnig afpaar met Steve Turner, die een strooijonker. Sy is effens bevooroordeeld teen die Engelse, maar gelukkig hoef sy hom nie weer te sien nie. Impulsief besluit sy om 'n tydjie op haar nuwe swaer se plaas agter te bly, maar niemand het haar vertel Steve gaan die plaas vir die bruidspaar oppas solank hulle op wittebrood is nie. Nog minder kon dié dorpsjapies weet dat die droogte in die Karoo deur groot reën gebreek gaan word terwyl hulle onbepland saam op die plaas is. Hulle het ook nie noodwendig beplan om verlief te raak nie.

Hierdie is die tweede verhaal in Alta se nuwe reeks met 'n identises drieling as hoofkarakters. Die vorige boek was Oorbegin (Oktober 2021). Soos Alta se vorige paar boeke, speel hierdie verhaal tydens die pandemie af.
Publikasiedatum: 2021-12-08
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639609768

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Hoe bou twee mense 'n toekoms saam wanneer beide hul fondasies verloor het? Reinet Schreuder en haar twee identiese susters sit almal sonder werk wanneer die pandemie alles ontwrig. Om geld te spaar, trek Reinet en Maret in by suster Anet op hulle grootworddorp in die Swartland. Wanneer die paniek en die selfbejammering uiteindelik bedaar, begin dié drieling se toekomsbeplanning. Reinet kom gelukkig reg wanneer sy die kans kry om 'n koffiestalletjie in 'n koringland langs die hoofpad te bestuur. Die geluk hou aan wanneer haar eerste kliënt Reinier is, 'n boer wat weens die droogte sy plaas in die Noordweste moes verlaat. Nes Reinet, is hy hier om by familie te bly terwyl hy weer op sy voete kom. Dis net logies dat die drie susters hierdie nuweling in hulle sirkel innooi, en so word die Vier Musketiers gestig. Terwyl hulle werskaf om 'n diens aan die gemeenskap te lewer en weer finansieel selfstandig te word, besef Reinet en Reinier die aantrekkingskrag tussen hulle kan nie onbepaald geïgnoreer word nie. Hierdieis die eerste boek van 'n beplande trilogie.
Publikasiedatum: 2021-10-06
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639607290

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Hy is nie van plan om sy hart te verloor nie. Estelle dra steeds swaar aan die een groot fout wat sy in die verlede gemaak het. Daarby is sy 'n ekstrovert wat bitter swaar kry tydens inperking, terwyl sy ook nie haar beroep as skoonheidsdeskundige mag beoefen nie. Bernard kan van die huis af werk, maar die alleenheid van sy woonstel kry hom onder. Toe hy die kans kry, woon hy die braai by Estelle se suster-hulle by, hoewel hy goed weet dis onverantwoordelik. Wanneer hy siek word, gebruik hy die kans om by Estelle te gaan aansterk, aangesien sy by dieselfde partytjie was. Daar span hulle saam; haar sangtalent en sy tegnologiese kennis help om haar wanhopige finansies te beredder. Maar hy is nie van plan om sy hart op die vurige donkerkop te verloor nie.
Publikasiedatum: 2021-07-02
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639606163

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die pyn het nooit heeltemal verdwyn nie Om vir Etienne te verloor, was vir Lucie baie soos om 'n ledemaat te verloor. Soos met haar arm, het die spookpyne van sy afwesigheid ook nooit heeltemal verdwyn nie. Dis hoekom sy so omver gegooi is toe hy haar kontak nadat hy van haar ongeluk gehoor het. Op die oog af het sy haar lewe hervat ná die egskeiding, haar woema teruggekry, amper vergeet dat hy haar verneuk het, pret gehad, voluit gelewe. Diep in haar hart het die pyn egter nooit heeltemal verdwyn nie ... En nou wil hy terugkom. Moet sy vergewe en vergeet?
Publikasiedatum: 2021-03-24
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605906

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Wat in Vegas gebeur ... What happens in Vegas, stays in Vegas. Wanneer Miela Karoo toe trek om haar tante by te staan, kom sy gou agter dié ou gesegde geld nie noodwendig hier nie. Haar impulsiewe besluit spook by haar in die vorm van Johannes, haar tante se nuwe buurman en Miela se destydse bruidegom. Johannes beweer dat hulle huwelik geldig is en dat hy nie wil skei nie. As binnehuisversierder kry Miela die geleentheid om haar droom te bewaarheid en haar eie besigheid te begin, maar hoe kan sy permanent in die Karoo bly as sy daagliks herinner word dat sy net een woestyn vir die ander verruil het, en steeds vlinders in haar maag kry wanneer Johannes in die omtrek is? Eintlik alles is die eerste Romanza wat deur twee outeurs geskryf is: Marilé Cloete het die manuskrip voltooi nadat Ronelle Uys in 2019 oorlede is. Die boek is 'n huldeblyk aan Ronelle Uys, wat in 2015 met Sy liefdesplan gedebuteer het. Eintlik alles is 'n tradisionele plaasromanse én 'n moderne liefdesverhaal.
Publikasiedatum: 2021-01-26
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639600239

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Het hy haar liefde nodig om homself weer te vind? Sunet en Bertie het as hoërskoolleerders in die KleinKaroo deel geword van die uitgebreide vriendekring waaronder sy ousus Roelien en haar pa Herman ook tel. Hulle verhouding was ongekompliseerd en speels dwarsdeur hul studentejare, maar hul emigrasie as verloofdes het nie vir albei glad verloop nie. Nou is Sunet terug in Suid-Afrika en terug in die KleinKaroo, veilig in die vriendekring en gevestig in haar beroep as landbounavorser. Dis onvermydelik dat sy soms via Roelien iets van Bertie sal hoor, maar andersins het sy hom uit haar lewe gesny. Wanneer Bertie egter met sy twee onhanteerbare seuntjies terugkeer na sy ousus se huis, word Sunet se lewe omvergegooi. Sy kom gou agter hy is nie meer die onbesorgde jongeling wat sy liefgehad het nie. Dit lyk nie of hy sy getraumatiseerde kinders kan hanteer nie en die tragiese dood van sy vrou het hy nog glad nie verwerk nie. Omstandighede dwing Sunet om Bertie en die seuntjies te nooi om haar huis te deel tot hy 'n eie plek kan aanskaf. Hier ontdek albei dat ou liefde inderdaad nie so maklik roes nie en dat die moeilike tweeling eintlik net stabiliteit kortgekom het. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Herfsmelodie is Marilé Cloete se jongste romanse. Hierdie titel vorm deel van Marilé se Seisoenereeks: Hoogsomerliefde (September 2019), Nooit weer winter (Februarie 2020), en Vir altyd lente (April 2020).
Publikasiedatum: 2020-07-24
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799399301

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Sy is tuis tussen vriende en dis al wat nou saak maak, of ís dit? Jennie Mouton is 'n verstandige meisie wat 'n enkele dwase besluit in haar lewe geneem het. Sy het op haar eie in Europa gaan toer en halsoorkop by 'n vurige Pool ingetrek. Die verhouding word gou afbrekend en toksies van aard. Toe sy uitvind sy is swanger, besef sy sy moet wegbreek en terugkeer na haar ouers en haar vriendekring in die Klein-Karoo. By haar ouers aangekom is daar aanvanklik nie vir haar genade nie en dit is in haar vriendekring waar sy met liefde ontvang en aanvaar word. Herman Fick is die macho-haarkapper, die hartebreker, die grapmaker, maar ook die man wat sy dogter alleen grootgemaak het. Niemand op die dorp weet wat tussen hom en die ma van sy kind gebeur het en wat van haar geword het nie. Definitief sal niemand ooit vermoed dat hy die een kon wees wat in sy huwelik mishandel is nie. Herman en Jennie vind dat hulle nie die ou vriendskapsbande so gemaklik kan optel nie. Wanneer hy sy geheim met haar deel, vorm dit die grondslag vir 'n veel dieper verhouding. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Vir altyd lente is Marilé Cloete se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: Reg vir my (September 2018), Perfek vir my (Januarie 2019), en Genoeg vir my (Junie 2019). Vir altyd Lente vorm deel van Marilé se Seisoene-reeks: Hoogsomerliefde (September 2019), en Nooit weer winter (Februarie 2020).
Publikasiedatum: 2020-05-07
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799398526

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Teenoorgesteldes trek mekaar aan: Hou net twee magnete naby mekaar om dit te bevestig
Lisa is 'n musiekonderwyseres op 'n dorp in die Karoo wat smag na wyer ervaring. Sy wil bitter graag reis, maar sy is bang om dit op haar eie te doen. Haar vriendin Jennie stem in om saam te gaan op 'n bustoer na Botswana, wat die Okavango-delta en die Victoria-waterval insluit. Jennie se pa word egter siek en Lisa sit sonder 'n metgesel. Michael is die stil een in hulle vriendekring, die ernstige sielkundige. Hy is Lisa se teenpool en sy reken hy is eintlik so effens dikdood. Toe hy onverwags aanbied om in Jennie se plek saam met haar te gaan, het sy nie veel van 'n keuse nie. Op die reis ontdek sy meer fasette van Michael se persoonlikheid en sy besef dat teenoorgesteldes mekaar wel kan aantrek en ook aanvul.

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Nooit weer winter is Marilé Cloete se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
-Reg vir my (September 2018),
-Perfek vir my (Januarie 2019),
-Genoeg vir my (Junie 2019), en
-Hoogsomerliefde (September 2019).
Publikasiedatum: 2020-02-05
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799396362

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
'n Liefde warm genoeg om enige hart te smelt … Roelien en haar tiener-broer trek vanaf die stad na 'n Karoodorpie om oor te begin na hul ouma se dood. Hulle ontmoet heel eerste die ongeskikte buurman, onmoontlik-aantreklike Wynand, en sy kwaai hond, Raka. Om dinge nóg te vererger gee Roelien en Wynand by dieselfde plek skool! Roelien kan nie vir Wynand verdra nie, maar dit lyk nie of haar hart die memo gekry het nie. Wynand sukkel ook met sy toenemende gevoelens vir die blonde vrou langsaan. Hy weet hy sal dit nie kan verdra as sy uit sy lewe moet glip nie. Toe die skoolhoof 'n ultimatum aan hom stel, besef Wynand dat hy hom moet regruk. Die vraag is: Het hy nie dalk reeds sy kanse by Roelien verspeel nie? Hoogsomerliefde is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon se boeke.
Publikasiedatum: 2019-08-27
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.