●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Lizelle von Wielligh

Results 1 to 14 of 14
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359349

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Die De Vries-tweeling lyk eenders. Jakob se oë kyk egter tot diep in Helena se siel en woel ongekende dinge in haar los - sóndige dinge. Hoe kan sy so aangetrokke tot hom wees terwyl sy verloof is aan sy broer, Daniel? Om enige misverstande te voorkom, besluit Helena om Jakob in die geheim te gaan ontmoet voor sy die volgende dag met Daniël trou. Dit loop uit op 'n soen wat verbode begeertes in haar aanwakker en haar net meer verwar. Moet sy na Jakob luister en haar huwelik met Daniël afstel? Wanneer Helena en die De Vries-broers saam met ander emigrante die Kaapkolonie verlaat, bly haar hart egter na Jakob hunker. Boonop is dit onmoontlik om hom op die trek te vermy. Sal sy en Jakob daarin slaag om hul liefde vir Daniël weg te steek? Nog belangriker: Sal sy haar hart te teenoor Jakob kan sluit?
Publikasiedatum: 2023-10-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037940

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Jy is my droom - Alma Carstens*
Ellie se eerste onmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na 'n mor sige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie.
*Herberg vir die hart - Marilé Cloete*
Marike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by 'n kliniek vir geestesgesondheid. Ná 'n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan 'n lyntjie te laat hou nie. Louis Calitz probeer 'n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg.
*Spykerhakmeisie - Ann Hite Kemp*
Rozelle, 'n eiendomsagent, se paaie kruis met Hein toe sy hom 'n ou, spokerige herehuis gaan wys wat hy namens sy tannie gaan besigtig. Om te bepaal of die huis wel spook - 'n vereiste vir die kooptransaksie - reël sy 'n middernagtelike piekniek en oorslaap in die leë huis. Hein en Rozelle is nie voorbereid op die gevoelens wat vinnig tussen hulle ontwikkel nie. Toe daar 'n foto van hulle in die koerant verskyn waar hulle lepellê in die spookhuis, is die gort behoorlik gaar.
*In twee geskeur - Lizelle von Wielligh*
Die De Vries-tweeling lyk eenders. Jakob se oë kyk egter tot diep in Helena se siel en woel ongekende dinge in haar los - sóndige dinge. Hoe kan sy so aangetrokke tot hom wees terwyl sy verloof is aan sy broer, Daniel? Om enige misverstande te voorkom, besluit Helena om Jakob in die geheim te gaan ontmoet voor sy die volgende dag met Daniël trou. Dit loop uit op 'n soen wat verbode begeertes in haar aanwakker en haar net meer verwar.
Publikasiedatum: 2023-10-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037803

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*'n Motorfiets vir twee-Ilze Beukes*
Is dit tyd om 'n kans te waag? Katja voel reeds gemaklik met haar plekkie op die rak. Haar lewe is ongekompliseerd en gevestig tot sy Xavier en sy seuntjie ontmoet. Xavier is haar nuwe bevelvoerder en hopeloos te aantreklik in sy uniform. Katja voel hoe 'n onsigbare band tussen haarself en Xavier begin vorm, want hul albei dra littekens van die verlede. Maar wat as twee gebreekte harte saam geluk kan vind? Kan ou wonde behandel en genees word? Is dit tyd om kanse te waag?
*Joune - CM Christians*
Wanneer twee harte dieselfde ritme vind Ashton McKenzie weet wat hy in die lewe wil hê én hoe om dit te kry. Hy is gefokus, 'n uiters suksesvolle sakeman met 'n volmaakte lewe waarin hy niks meer nodig het nie. Totdat hy vir Jessica Hayes ontmoet wanneer sy aangestel word om 'n forensiese ondersoek by sy maatskappy in Miami te loods. Jesse gooi Ashton se perfek georganiseerde lewe omver. Maar hoe dwing jy jou hart, én liggaam, in die teenoorgestelde rigting?
*Rimpelinge - Madelie Human*
Liefde vind jou in Bietjiebaai! Elani is oortuig mans raak nie sommer aangetrokke tot haar nie weens haar reputasie as syferkop en boekwurm. Wanneer sy vir Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dinge egter 'n ander saak. Rick moet leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef dat God 'n groter plan het vir hul lewens.
*Melktert vir die hart - Lizelle von Wielligh*
Vele kêrels het al by Annie probeer vlerksleep, maar vir haar sal daar altyd net een man wees: Sybrand van Dyk, haar ousus Andrea se man. Toe die sesde grensoorlog op die oosgrens uitbreek, kom Michael Ford, 'n verhewe maar romantiese luitenant, oor haar pad wat geen geheim maak van sy geneentheid vir haar nie. Sal sy haar hart goed genoeg ken om dit te volg of eerder die pad van plig kies wanneer sy voor die grootste besluit van haar lewe te staan kom?
Publikasiedatum: 2023-05-30
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359028

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Vele kêrels het al by Annie probeer vlerksleep, maar vir haar sal daar altyd net een man wees: Sybrand van Dyk, haar ousus Andrea se man. Sy weet sy moet met dié sondige begeerte klaarspeel, maar sy het van kindsbeen af 'n heldeverering vir hom en glo steeds sy gaan eendag met hom trou. Toe die sesde grensoorlog op die oosgrens uitbreek, kom Michael Ford, 'n verhewe maar romantiese luitenant, oor haar pad wat geen geheim maak van sy geneentheid vir haar nie. Hy kommandeer haar geliefde perd op vir die oorlog, maar word kort daarna gewond waarna sy hom moet verpleeg. Sy vertellinge van die Kaap maak haar kop deurmekaarder as al die stories wat Andrea kleintyd vir haar vertel het. Dit laat haar dagdroom oor pieknieks, musieklesse en 'n bal in die kasteel - tot omstandighede haar onverwags in 'n ander rigting dwing. Sal sy haar hart goed genoeg ken om dit te volg of eerder die pad van plig kies wanneer sy voor die grootste besluit van haar lewe te staan kom?
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358601

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
As ek jou net eerste ontmoet het… Ná die Napoleontiese oorloë is die Williams gesin gedwing om na die Kaapkolonie te immigreer. Maar die gesig wat hulle in Algoabaai begroet is allesbehalwe die rooskleurige prentjie wat daar in Engeland vir hulle geskets is. Rasmus Erasmus is een van die boere wat die immigrante moet help om by hul plase uit te kom. Hy is ook hul buurman en die eerste man wat dit reg kry om Emma se hart vinniger te laat klop. Dit verwar haar, want sy het geen aspirasies om te trou nie. Boonop voel Rasmus dieselfde na 'n liefdesteleurstelling. Rasmus maak dit duidelik dat hy nie daarin belangstel in 'n verhouding met Emma nie. Tog spat die liefdesvonke tussen hulle en moet hy haar uit meer as een situasie red. Sal hy sy liefdesteleurstelling te bowe kan kom en 'n kans op nuwe geluk waag? Boeretroos vir die hart is die eerste verhaal in Lizelle se nuwe historiese Boere-reeks.
Publikasiedatum: 2023-01-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352678

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
R 50Jy spaar R 60
Kan 'n gebroke huwelik betyds gered word?
ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud Noulien se huwelik se fondasie. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Selfs in die slaapkamer is dit nou eerder plig as plesier en sukkel sy nogsteeds om swanger te raak en die Cloetefamilie 'n erfgenaam te gee. Daarby is Belinda, die bure se dogter wat saam met Stephan grootgeword het en steeds gevoelens vir hom het, besig om te skei en terug op Grasdal by haar ouers. Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te doen, want ʼn
huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352159

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Ware liefde het nog nooit so soet gesmaak nie
Fouché steur hom nie aan sy pa se deurmekaar praatjies in die hospitaal nie. Tot die aand toe sy pa sterf en Fouch é ʼn skokkende ontdekking agter in sy Bybel maak. Watter tipe verhouding het sy pa met bloedjong Elmarie Coetzee gehad? Elmarie is nederig, lief vir die Here, het 'n oop hand vir die armes en hoë morele waardes. Onbewustelik krap sy Fouché se planne om haar te ontmasker deurmekaar. Hoe beter hy haar leer ken, hoe moeiliker vind hy dit om te glo sy is skuldig. Boonop begin hy sy hart op haar verloor. Dít terwyl hy baie goed weet liefde is niks anders as ʼn seepbel wat wag om te bars nie. Wanneer die waarheid eindelik uitkom, is die skade onherroeplik. Sal Elmarie hom kan vergewe en glo dat hy werklik lief is vir haar?

Soeter as nougat is die vierde boek in die Soeter-reeks, wat volg op Soeter as tjoklits, Soeter as fudge en Soeter as kondensmelk.
Publikasiedatum: 2022-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781776351770

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Kan sy meer verwag van liefde en die lewe?
Cecile se ma het altyd gewaarsku teen haar avontuurlustigheid, maar sy gaan beslis nie hierdie vreemdeling soen bloot omdat hy vra nie. Bygesê, die ongeluk was tegnies haar skuld, maar steeds, 'n dame het haar perke.
Nou verwag Blackie van haar om hom op sy plaas te kom rondkarwei terwyl sy been herstel. Haar aanstaande, Berno, keur dit glad nie goed nie, maar haar pligsbesef laat haar instem. Sy kan in elk geval doen met ʼn bietjie tyd om haar kop skoon te kry oor Berno en hulle huwelik. Maar sal ses weke op Oorgenoeg saam met hierdie moeilike man die avontuurlus in haar blus? Wil sy steeds terugkeer na Berno en die toekoms wat daar wag?

Soeter as tjoklits is die derde boek in die Soeter-reeks, en volg op Soeter as kondensmelk en Soeter as fudge. Lizelle spesialiseer in plaasromanses - 'n baie gewilde subgenre van Romanza.
Publikasiedatum: 2022-02-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639609706

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
ʼn Oomblik oor die lippe, ʼn leeftyd op die heupe.
Jonette het nooit gedink sy sal iemand haat nie, maar Brink van Heerden haat sy soos sy destyds haarself gehaat het. En nou kom hy ná al die jare terug Kiepersolkop toe as haar werkgewer. Daarby het hy nie meer die vaagste benul wie sy is en wat hy aan haar gedoen het jare gelede nie. Sy wil bedank en weggaan maar telkens word haar planne in die wiele gery. Boonop blyk dit hy is ook nie meer dieselfde mens as wat sy hom onthou nie. Dié man dra deesdae sy eie donker rond. Teen haar kop se beterwete, vind haar verraderlike hart dit al hoe moeiliker om aan haar haat vir hom vas te klou. Maar hy sê hy stel nie daarin belang om haar geneentheid te wen nie, so dalk moet sy hierdie keer vir haar kop eerder as haar hart luister.
Publikasiedatum: 2021-08-31
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639607238

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Hoekom, God?
Christelle se droom om eendag haar eie dansskool te hê, spat aan skerwe toe sy in ʼn motorongeluk beland en verlam is. Sy is kwaad vir God omdat hy die enigste ding weggeneem het wat vir haar saak maak. Daarby stel haar ma Wynand, haar verlore jeugliefde, as hulle tydelike voorman aan, maar ook vir Letsie, die meisie vir wie hy Christelle in matriek gelos het, as haar verpleegster. Sy wil ten gronde gaan toe Wynand besluit om in te gryp. Hy is die enigste een wat haar die waarheid vertel en hanteer soos 'n normale mens. Hoewel sy uitlatings haar seermaak, help dit haar om haar lot te aanvaar en vorentoe te kyk. Sy verstaan net nie hoekom hy hom met haar bemoei nie, nog minder sy vyandigheid teenoor haar. Tot ʼn beroerte haar ma noop om haar jarelange geheim te onthul en net God weet hoekom Hy dít toegelaat het.
Publikasiedatum: 2021-05-18
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605395

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Vergeet en vergewe
Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue? Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel - haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop.

ʼn Belangrike tema in die verhaal is die impak van alkoholmisbruik op familielede en die krag van rehabilitasie.
Publikasiedatum: 2020-09-29
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799398649

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Daar is oral musiek, jy moet net luister …
Dit is die vroeë 1800's in die Kaapkolonie. 'n Boog beweeg oor vioolsnare en roer iets binne Annabelle. Watter slaaf speel die viool so mooi?
Sy herken dadelik Kaleb se kastaiingbruin hare en donker oë, maar hy gee voor dat hy haar nie ken nie. Kaleb, haar lewenslange vriend wat nie vir haar die harmonika mag gespeel het nie. Kaleb, die ambisieuse slaaf, vasgevang in sy omstandighede. Dit is ook nie die eerste keer dat sy musiek haar hartsnare raak nie.
Annabelle en Kaleb moet alles waag om saam te wees, al leef hulle in twee wêrelde ...
Publikasiedatum: 2020-02-05
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799397437

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Sy stem is musiek in haar ore … Marlé is 'n selfstandige musiekonderwyseres wat haar huis op River Rock, die familie se berghut, gemaak het. Sy ontmoet vir Stoffel - 'n enigmatiese, hawelose vreemdeling - en met die intrapslag leen hy vuurhoutjies, koerante en sout by haar, maar daar is iets aan die man wat haar rustig maak. Tussen die dennebome leer sy hom ken, en leer hy haar om musiek oral om haar te hoor. Hulle raak gou verlief op mekaar, maar daar is iets wat sy nie van hom weet nie … Lizelle von Wielligh skryf dikwels oor liefde met 'n Christelike inslag, en in Hartsmusiek verweef sy ook moeiteloos elemente daarvan in die verhaal. Hartsmusiek is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks en kan vergelyk word met boeke van Harlequin en Mills & Boon.
Publikasiedatum: 2019-10-03
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799387988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Lisa oortree die belangrikste vereiste van haar skynverhouding met Roodt - sy raak verlief, en later lief vir hom. Hul skynhuwelik is haar ouers se reddingsboei, dus bêre sy haar liefde weg. Maar Roodt begin ook sy eie reëls verbreek.
Publikasiedatum: 2018-05-29
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.