●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Jan Vermeulen

Results 1 to 15 of 19
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359585

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 300
R 270Jy spaar R 30
Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat 'n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas. Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring. Soeter as heuning kan jou help om ook so 'n ervaring soos Dawid te hê.
Publikasiedatum: 2023-10-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637004336

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
Ses tieners op 'n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof. Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. 'n Plaas met 'n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister.
Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat 'n tikkie avontuur, 'n tikkie liefde, 'n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning. Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sê die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid.
Publikasiedatum: 2023-06-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637001885

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie. Sy is ook nie v vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig? ’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg. Die boek was op die kortlys van LAPA se 2021 jeugromankompetisie.
Publikasiedatum: 2023-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776172887

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
Publikasiedatum: 2023-04-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000109

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
GROOTDRUK Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.” Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000093

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
GROOTDRUK Port Elizabeth is die Mekka van Goth-vampiere in Suid-Afrika. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul onskuldige fantasieë uitleef. Maar 'n versteurde siel wat die vampier-fantasie dodelik ernstig opneem, sluip in die donker stad rond. Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is 'n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met 'n houtpen deur die hart op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama, Die Boggelrug Vampierjagter. Doktor Olaf Demeyer en sy vriendin adjudant Beth Jordaan is ooggetuies saam met 104 toeskouers. Olaf se dogter Franci vertolk 'n rol in die drama. Beth stem in om die aanvanklike ondersoek te lei. Heel gou veroorsaak die besluit spanning tussen haar en Olaf, aangesien sy vir Franci as 'n medepligtige verdink. Olaf roep die hulp van 'n privaat ondersoeker in en ontdek so dat Franci betrokke is by die Port Elizabeth Gothic Vampire Society. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul vampier-fantasieë uitleef. Hy vind ook uit dat daar in die stad 'n kring van 'real life' vampiere is. Nie vampiere soos in films uitgebeeld word nie; hul toestand word in die psigologie as Kliniese Vampirisme gedokumenteer. Dit lyk vir Olaf of die boggelrug die meeste van sy slagoffers uit die twee groepe vampiere kies. Maar wanneer hy die moordenaar se ware motief ontdek, besef hy honderde onskuldiges in die stad se lewe word bedreig.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351497

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.” Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar 'n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir 'n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie …
Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; 'n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie 'n straf is nie. En oor engele. Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?

Aanhangers van boeke soos The Fault in Our Stars en Five Feet Apart sal mal wees oor hierdie verhaal. Vermeulen weef 'n uiters treffende en roerende verhaal oor jong liefde, verlies en geloof. Engele speel ook 'n fassinerende en belangrike rol in hierdie storie.
Publikasiedatum: 2022-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353309

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Maggie de Vos
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe na eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is 'n viool wat al lank in die familie is. Van die oomblik dat sy by die kinderhuis aankom, hoor sy die gerugte oor spinnekoppe wat so groot is soos katte en mensvreter-arende ... Poppie steur haar nie veel daaraan nie tot sy een aand voorgestel word aan professor Mancini, 'n pratende portret. Hy is eintlik 'n musiekonderwyser. Hy lei Poppie om te ontdek dat haar viool baie spesiaal is ... en dat die musiek van haar viool die krag het om mensvreter-arende se harte te verander sodat hulle uiteindelik weer mense word. Hierdie boeiende storie word pragtig vertel deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Die storie van Poppie Viool sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde!
Publikasiedatum: 2022-03-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353958

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 190
Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en 'n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om:
• Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan.
• Antwoorde op hul geestelike vrae te vind.
• Beter lewenskeuses te maak.
In die stukkende wêreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te maak. Hierdie boek bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek. Dit alles maak hierdie boek ideaal vir alleen gebruik vir 'n tiener, sowel as 'n waardevolle hulpbron vir die jeugbediening en Sondagskool.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607689

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël ...
Doktor Olaf Demeyer herstel nog van sy vierdubbele hartomleiding en die trauma van vorige ondersoeke waarby hy betrokke was. Om die waarheid te sê, hy moes lankal aftree as forensiese profileerder van die SAPD. Maar dan kom vra Lucida Winterbach sy hulp. Sy glo 'n moordenaar teiken studente van haar Elegant Queens Academy, 'n skool vir skoonheid en modelwerk. Al die meisies is minderjarig, met blinkoogdrome van skoonheidstitels en modelkontrakte. Tot van hulle naak op die bodems van swembaddens in die omgewing gevind word. Olaf se lewenslange beskermingsdrang teenoor die weerloses motiveer hom om gehoor te gee aan haar versoek. Gou besef hy egter dat dit hier gaan oor soveel meer as die feite en bewyse wat 'n mens kan sien en hoor. Olaf twyfel aan sy oordeel en instinkte. Hy word geteister deur verwronge beelde van die meisies en homself. Uiteindelik weet hy: Ons sal altyd alles slegs ten dele ken, en ons moet 'n manier vind om elke dag saam met dié wete te leef. Vir Olaf is dit daardie wete wat dreig om hom na jare in die bedryf van sy kop af te dryf.
Hierdie is die finale boek in die Olaf Demeyer-reeks. Vorige titels is: Vyfde Aspoester, Ondier, Nagjagter.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399028

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 260
R 92Jy spaar R 168
In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is 'n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. 'n Kragtoer van 'n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
Asem was die eerstepryswenner van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2015. Hier is een van die beoordelaars se mening oor die roman:
* ''n Grinterige, uitdagende en bowenal hoopvolle jeugverhaal wat jou tot op die laaste bladsy boei. Barries se smeulende woede en selfvernietigingsdrang word net so eerlik en oortuigend soos sy pad na herstel uitgebeeld. Hierdie is 'n moet-lees-boek.'

Die spesiale uitgawe is gedruk op aanvraag - dit bevat minder kru taal en minder grafiese tonele as die oorspronklike.
Publikasiedatum: 2021-02-22
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639601809

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
Hondegevegte en doodsdreigemente! Baster is die storie van Karel, 'n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, 'n liefdevolle brak wat gedwing word om 'n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur. Die pragtige maar soms wrede verhoudings tussen mense en honde sal alle lesers se hartsnare roer. Temas soos grootword, selfidentiteit en sukkelende verhoudings met ouers of met die teenoorgestelde geslag word aangespreek.
Publikasiedatum: 2020-11-11
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639600338

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Port Elizabeth is die Mekka van Goth-vampiere in Suid-Afrika. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul onskuldige fantasieë uitleef. Maar 'n versteurde siel wat die vampier-fantasie dodelik ernstig opneem, sluip in die donker stad rond. Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is 'n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met 'n houtpen deur die hart op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama, Die Boggelrug Vampierjagter. Doktor Olaf Demeyer en sy vriendin adjudant Beth Jordaan is ooggetuies saam met 104 toeskouers. Olaf se dogter Franci vertolk 'n rol in die drama. Beth stem in om die aanvanklike ondersoek te lei. Heel gou veroorsaak die besluit spanning tussen haar en Olaf, aangesien sy vir Franci as 'n medepligtige verdink. Olaf roep die hulp van 'n privaat ondersoeker in en ontdek so dat Franci betrokke is by die Port Elizabeth Gothic Vampire Society. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul vampier-fantasieë uitleef. Hy vind ook uit dat daar in die stad 'n kring van 'real life' vampiere is. Nie vampiere soos in films uitgebeeld word nie; hul toestand word in die psigologie as Kliniese Vampirisme gedokumenteer. Dit lyk vir Olaf of die boggelrug die meeste van sy slagoffers uit die twee groepe vampiere kies. Maar wanneer hy die moordenaar se ware motief ontdek, besef hy honderde onskuldiges in die stad se lewe word bedreig.
Publikasiedatum: 2020-07-21
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389319

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 240
Wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2017!

Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen …
Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur.
Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …
En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors …
Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop …
Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.

'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reïnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek.
'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem.
Publikasiedatum: 2019-08-08
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394283

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.” Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.
Publikasiedatum: 2019-04-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.