●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Irna van Zyl

Results 1 to 10 of 10
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

3

9780798183727

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 264Jy spaar R 66
Die grootste uitdaging van haar loopbaan wag op speuradjudant Storm van der Merwe.
Die kusdorp Hermanus hou vir die eerste keer ooit 'n skrywersfees. Deel van Storm se verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou voor die laaste Covid regulasies uiteindelik opgehef word..
Maar toe daag Isa du Bois, die sterskrywer van die dorp, nie op vir haar sessie nie.
Haar liggaam word dieselfde oggend nog in Kwaaiwater se Mosselrivier gevind.
Vier en twintig uur later kom 'n visterman af op nóg 'n lyk - weer 'n vrou, dié keer jonk en swart.
En dan is daar 'n derde slagoffer, 'n belangrike kulturele rolspeler op die dorp.
Drie dae, drie vroue. Hoekom drie, hoekom die drie?
Publikasiedatum: 2023-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776172887

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
Publikasiedatum: 2023-04-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904434

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Met Louw Roodt se verdwyning ná 'n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie.
Was Louw in 'n ongeluk, het sy 'n affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agtergelaat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen?
Toe breek die nuus van 'n man wat in 'n Kaapse hotel vermoor is. Dieselfde hotel waar Louw was. Dieselfde aand as wat sy verdwyn het. Dieselfde man wat vroeër dié dag die gasspreker by haar werk was.
Het Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat een-en-twintig jaar gelede voor hulle huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? 'n Voorval wat vir Louw 'n groot sielkundige knou gegee het.
Deur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.
Publikasiedatum: 2021-09-16
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904441

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 300
When Louw Roodt vanishes after a work function, Kristien Liebenberg's worst fear comes true: her lover isn't coming home.
Has Louw been in an accident? Is she having an affair? Has she been hijacked, assaulted, or worse, left for dead in the bushes and sand dunes of the Cape Flats? Or has it got something to do with their argument that morning?

Then news breaks of a murdered man found in a Cape hotel - the same hotel Louw was last seen in, on the same night. And it's the very man who was the speaker at her work function.
Was Louw involved in the murder? Is she on the run? That's what the police say. Or is there a connection to her mother's hijacking 21 years ago, an event which left Louw psychologically scarred?

Amid all these questions and a rising sense of dread, Kristien knows Louw is in trouble, and she needs her help.
Publikasiedatum: 2021-09-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904236

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor 'n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met 'n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in 'n luukse hotel op Hermanus.
Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep 'n charismatiese profeet die skare op tot 'n histerie.

Storm besef gou nie net haar ma se lewe is in gevaar nie. Sy is ook 'n teiken.

Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou 'n privaat speurder, om 'n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.

Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van 'n sneltrein.
Publikasiedatum: 2020-03-25
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904250

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 300
All hell breaks loose when Detective Storm van der Merwe's mom is pushed under a train at Paddington Station. Storm must rush to London, even though she's in the middle of a murder investigation: leading South African fashion designer Beebee Bukelwa Babu was found dead in a luxury Hermanus hotel. Drumming up a team to investigate Beebee's death is proving difficult in a town crippled by protest action and in the grip of a menacing charismatic prophet firing up crowds to hysteria. Storm soon realises that her mom was a deliberate target. And she is one too. Meanwhile Storm's former colleague, the bumbling Andreas Moerdyk, now a PI, is doing his best to locate a missing and very valuable red diamond. From the murky streets of London to the diamond bourse in Antwerp, from secluded Port Nolloth to Storm's beloved Hermanus, Irna van Zyl's third crime novel unfolds at a heart-stopping pace.
Publikasiedatum: 2020-03-02
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485903697

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 300
Murder is on the menu.

Detective Storm van der Merwe and Andreas Moerdyk are back in this brand-new thriller by Irna van Zyl, author of Dead in the Water.

Storm now works in Hermanus and during a lunch with her friend at Zebardines, a much-hated food blogger keels over and dies. It turns out that there were deadly mushrooms, death cups, in her food.

Finding out who killed the blogger is Storm's first priority, but not the only matter requiring her attention: her old colleague, Andreas Moerdyk, quit his job unexpectedly and expects Storm to put him up while he makes a new start in Hermanus.

Amid frantic preparations for Fooddotcom's prize-giving ceremony that will honour the country's best chefs, the murderer strikes again, and again.

Storm's time is running out.

Ook in Afrikaans beskikbaar as Gifbeker.
Publikasiedatum: 2018-03-08
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485903680

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug. Storm werk nou in Hermanus en tydens ʼn ete saam met ʼn vriendin in Zebardines, ʼn spoggerige restaurant, slaan ʼn gehate kosblogger dood neer. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was.

Dis maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ʼn nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ʼn restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers.

Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?
Publikasiedatum: 2018-03-08
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415207215

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 240
Dead in the Water is Irna van Zyl's highly anticipated debut thriller. Set on the coast near Hermanus in the fictitious town of Grootbaai, shark-cagediving capital of the world, the novel features oddball detective Storm van der Merwe. Stocky, smart and unconventional, Storm was banished to Hermanus after demonstrating against the shooting of beached whales. She now keeps out of trouble in the seaside town by working on cold cases. But how can she keep a low profile when bodies, limbs and other evidence keep appearing on the sandy shores of Grootbaai?

When the body of investigative journalist Jessica Stander washes up on the beach minus an arm, Storm realises that the situation at Grootbaai is even more dangerous than she suspected.

In Irna van Zyl's page-turning thriller, everyone's a suspect and the stakes are deadly.
Publikasiedatum: 2016-07-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415207208

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
'n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van 'n jong joernalis - sonder haar arm.

Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken.

Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie 'n ryding nie nadat 'n inwoner - 'n aantreklike een daarby - met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het.

Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van 'n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur 'n soortgelyke trok getref is.

Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar?

Terwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as 'n haaihokduik - sonder die hok.
Publikasiedatum: 2016-07-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.