●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780637000062

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
GROOTDRUK
ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR LIEFDESROMAN 2021

Kan hierdie liefde se prys betaal word?
Hulle is pole uit mekaar: Hy is ʼn eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ʼn skatryk Engelse sakeman. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop sy in sy arms in, en wanneer haar wêreld om haar in duie stort, bied hy vir haar ʼn uitweg - ʼn jaar op Kanaän as sy vrou.
Dit behoort haar die geleentheid te gee om die stukke op te tel, besluit Catherine, maar kort voor lank besef sy dat sy aan Chrisjan meer het as al haar gesofistikeerde Johannesburgse vriende.
Al wat sy nie weet nie, is of sy die verskriklike prys wat hierdie liefde van haar vereis, sal kan betaal.

Kanaän is Sophia Kapp se eerste historiese liefdesroman, en kan vergelyk word met The magic of ordinary days deur Ann Howard Creel en Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies deur Irma Joubert. Die verhaal betrek die politiek en geskiedenis van die tyd, maar lewer nie sosiale kommentaar soos met Kantelpunt nie.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000055

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
GROOTDRUK
Thys weet wat gebeur wanneer hy betrokke raak ... Mense kry seer en gaan dood
Tydens 'n swaar reënbui stop Thys Krige by 'n Mini Cooper wat in 'n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om 'n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Hy het seker nie meer as 'n uur met haar te doen gehad het nie. Toe gebeur dit: Geweld kom na hom toe. Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: Hoe diep wil hy betrokke raak? Die dokument vra die jeug om by die “final struggle” aan te sluit en hulself só te bevry en te bemagtig. Daar word van opstand en gewapende mobilisasie gepraat, 'n tweede Marikana. Hy kan seker onbetrokke bly wat die dokument betref, maar nie wat Nandia betref nie. Dit gaan oor verantwoordelikheid; hy moes haar beskerm het. By Petro wil hy weer veels te graag betrokke raak. Waar trek hy die lyn? Want Thys weet waarop dinge uitloop wanneer hy betrokke raak ... Mense kry seer en gaan dood.
Hierdie is die sesde titel in die Thys Krige-reeks. Die vorige titel was Brand.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000079

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Gaan Renata antwoorde vind voordat dit te laat is?
Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van 'n afskuwelik geskende lyk. Dit neem doktor Renata Malan, 'n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel 'n reeksmoordenaar het toegeslaan nie. Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens 'n “ongeluk” en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.
Renata worstel ook steeds met die private demone wat haar lewenslank agtervolg: Waar is haar pa wat moord gepleeg het en steeds voortvlugtig is? Het sy die moordgeen by hom geërf? In die lig daarvan, durf sy toegee aan haar liefde vir Stefan? In hierdie vyfde roman in die Malan & Coetsee-reeks vind sy uiteindelik antwoorde, hoewel party daarvan met byna onverteerbare pyn gepaardgaan. Sy word van 'n donker las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

My naam is Legio volg op Monstersaad, Bloedlyn, Moordhuis en Lam ter slagting met Renata Malan as forensiese sielkundige.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000109

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
GROOTDRUK Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.” Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000093

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
GROOTDRUK Port Elizabeth is die Mekka van Goth-vampiere in Suid-Afrika. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul onskuldige fantasieë uitleef. Maar 'n versteurde siel wat die vampier-fantasie dodelik ernstig opneem, sluip in die donker stad rond. Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is 'n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met 'n houtpen deur die hart op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama, Die Boggelrug Vampierjagter. Doktor Olaf Demeyer en sy vriendin adjudant Beth Jordaan is ooggetuies saam met 104 toeskouers. Olaf se dogter Franci vertolk 'n rol in die drama. Beth stem in om die aanvanklike ondersoek te lei. Heel gou veroorsaak die besluit spanning tussen haar en Olaf, aangesien sy vir Franci as 'n medepligtige verdink. Olaf roep die hulp van 'n privaat ondersoeker in en ontdek so dat Franci betrokke is by die Port Elizabeth Gothic Vampire Society. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul vampier-fantasieë uitleef. Hy vind ook uit dat daar in die stad 'n kring van 'real life' vampiere is. Nie vampiere soos in films uitgebeeld word nie; hul toestand word in die psigologie as Kliniese Vampirisme gedokumenteer. Dit lyk vir Olaf of die boggelrug die meeste van sy slagoffers uit die twee groepe vampiere kies. Maar wanneer hy die moordenaar se ware motief ontdek, besef hy honderde onskuldiges in die stad se lewe word bedreig.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000086

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
GROOTDRUK
'n Nuwe lewe wag op hom.
In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na 'n onbekende tante van sy pa in 'n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag 'n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na 'n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.
Na 'n plaas in Afrika is die derde boek in die trilogie ná Immer wes en Mentje, kind van Pas-opkamp. Anders as met haar vorige boeke, word die verhaal grootliks vanuit twee manlike perspektiewe vertel.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000116

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 300
GROOTDRUK
Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000031

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
GROOTDRUK
Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?
“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”
Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.
Buitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.
Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.
Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000048

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
GROOTDRUK
Vywervrou? Nee, ʼn kaivrou. Dis wat sy is. Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het. Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ... Marilyn is die verwagte vervolg op die Vywervrou-trilogie wat uit Lira, Mirre en Corali bestaan. Dit is 'n verhaal oor ouer word en liefde tussen ouer karakters, en bied selfs 'n goeie dosis spanning. Dit is deur en deur vir die lesers geskryf. Chanette het die manuskrip begin skryf nadat soveel lesers gesmeek het vir Marilyn se storie.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000024

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
GROOTDRUK -
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed.
Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie.
Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.
Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.
Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak.
Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.
Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.
Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.
Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000017

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
GROOTDRUK
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?
As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.
Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.
Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.
Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798222846

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 859
1983 Vertaling, Grootdruk, Luukse Taankleurige verwerkte leer, goud met duimgrepe, merkerlint, verwysings en voetnotas, woordelys en kaarte
Publikasiedatum: 2020-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798215978

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 485
Volledige Naslaanbybel, Afrikaans 1933/1953-weergawe, grootdruk, swart hardeband. Nuwe leservriendelike uitleg met voorwoord, kruisverwysings, kaarte.
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798217545

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 485
Volledige Bybel, Afrikaans 1983-vertaling, Grootdruk swart hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys, kaarte.
Publikasiedatum: 2020-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625628

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 599
Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende kenmerke:
• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”
Publikasiedatum: 2019-06-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.