●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Frenette van Wyk

Results 1 to 15 of 25
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637002493

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 260
“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in? Hierdie uitstekende fantasie vir jong volwassenes was op die kortlys vir LAPA se Jeugromankompetisie 2021.
Publikasiedatum: 2023-08-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037865

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 500
*'n Skandalige aanbod - Dina Botha*
Van prinses na minnares. Beeldskone Cassie Kent, alias Prinses Casandra van Habsburg en haar suster Mary bevind hulle in vreemde waters. Sonder 'n heenkome, geld of familie om hulle in 'n vreemde land te beskerm moet hulle noodgedwonge onder die dekmantel van kamermeisies werk. Cassie ontmoet Graaf Alister Wyndham, maar dis onmoontlik om 'n nederige en onderdanige houding teenoor die jong en aantreklike graaf in te neem. Haar parmantigheid fassineer hom en hy bied haar 'n beter pos aan. . Wil hy met haar trou? Die antwoord is nee, hy beplan om haar sy minnares te maak. Intussen dra albei geheime rond en dit maak 'n toekoms saam onmoontlik.
*Rusplek vir die hart - Marilé Cloete*
Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk dat sy sorgvry is. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met Shaun Mouton, 'n krieketafrigter. Hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in 'n oomblik van dwaasheid 'n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik 'n taal van sy eie.
*Liefde vir 'n Prins - Zinèt Oosthuizen*
Die liefde laat hom nie voorskryf nie. Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans en tydens 'n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is.
*Silwerspoor van die maan - Frenette van Wyk*
Avontuurlustige liefde Zara is van voorneme om nooit 'n vervelige getroude lewe te lei nie, maar 'n lewe van avontuur te leef. Sy leer vir Fernando ken en sy raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit. Daar is egter reeds 'n vrou en 'n baba in sy lewe. Hy betaal Zara om na die baba te kyk terwyl hy die ma gaan soek, maar wil nie vir haar sê waar hy aan die silwermunte kom waarmee hy haar betaal nie. Sy begin vermoed hy is die seerower wat 'n trommel vol soortgelyke muntstukke van 'n handelskip, in die hawe van Tafelbaai, af geplunder het. Sy bewaar egter sy geheime, want die geld wat hy haar betaal help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te betaal.
*Plus een - Didi Potgieter*
Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy 'n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Na Jan-Adriaan haar 'n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê.
Publikasiedatum: 2023-08-10
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359288

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Avontuurlustige liefde Zara is van voorneme om nooit ’n vervelige getroude lewe te lei nie, maar ’n lewe van avontuur te leef. Sy leer vir Fernando ken en sy raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit. Daar is egter reeds ’n vrou en ’n baba in sy lewe. Hy betaal Zara om na die baba te kyk terwyl hy die ma gaan soek, maar wil nie vir haar sê waar hy aan die silwermunte kom waarmee hy haar betaal nie. Sy begin vermoed hy is die seerower wat ’n trommel vol soortgelyke muntstukke van ’n handelskip, in die hawe van Tafelbaai, af geplunder het. Sy bewaar egter sy geheime, want die geld wat hy haar betaal help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te betaal. So sal haar pa se dobbeloortredinge ten minste ’n geheim bly, en hoef sy nie met Hendrick te trou in ruil vir die skuld nie. 'n Historiese Romanza wat afspeel in Die Kaap De Goede Hoop in die 17de eeu.
Publikasiedatum: 2023-07-27
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037858

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*'n Skandalige aanbod - Dina Botha*
Van prinses na minnares. Beeldskone Cassie Kent, alias Prinses Casandra van Habsburg en haar suster Mary bevind hulle in vreemde waters. Sonder 'n heenkome, geld of familie om hulle in 'n vreemde land te beskerm moet hulle noodgedwonge onder die dekmantel van kamermeisies werk. Cassie ontmoet Graaf Alister Wyndham, maar dis onmoontlik om 'n nederige en onderdanige houding teenoor die jong en aantreklike graaf in te neem. Haar parmantigheid fassineer hom en hy bied haar 'n beter pos aan. . Wil hy met haar trou? Die antwoord is nee, hy beplan om haar sy minnares te maak. Intussen dra albei geheime rond en dit maak 'n toekoms saam onmoontlik.
*Rusplek vir die hart - Marilé Cloete*
Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk dat sy sorgvry is. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met Shaun Mouton, 'n krieketafrigter. Hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in 'n oomblik van dwaasheid 'n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik 'n taal van sy eie.
*Liefde vir 'n Prins - Zinèt Oosthuizen*
Die liefde laat hom nie voorskryf nie. Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans en tydens 'n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar 'broers' teen wie sy haar hart moet staal en moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneem-familie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie.
*Silwerspoor van die maan - Frenette van Wyk*
Avontuurlustige liefde Zara is van voorneme om nooit 'n vervelige getroude lewe te lei nie, maar 'n lewe van avontuur te leef. Sy leer vir Fernando ken en sy raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit. Daar is egter reeds 'n vrou en 'n baba in sy lewe. Hy betaal Zara om na die baba te kyk terwyl hy die ma gaan soek, maar wil nie vir haar sê waar hy aan die silwermunte kom waarmee hy haar betaal nie. Sy begin vermoed hy is die seerower wat 'n trommel vol soortgelyke muntstukke van 'n handelskip, in die hawe van Tafelbaai, af geplunder het. Sy bewaar egter sy geheime, want die geld wat hy haar betaal help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te betaal. So sal haar pa se dobbeloortredinge ten minste 'n geheim bly, en hoef sy nie met Hendrick te trou in ruil vir die skuld nie. 'n Historiese Romanza.
Publikasiedatum: 2023-07-27
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351794

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
As haar sprokiesverhaal 'n gelukkige einde gaan hê, sal sy daarvoor moet baklei.
Ná tien jaar daag Romain weer op by Kleinroosboom, die plaas waar Fleur met haar stiefma en twee stiefsusters bly. Fleur is steeds verlief op hom, maar Romain wil skynbaar net die magiese bos hê waar Fleur nou al jare
bly, en hy is bereid om met enigeen van die drie dogters te trou om dit te kry.
Met die hulp van 'n towerstaf wat haar pa lank gelede vir haar gegee het, moet Fleur keer dat Romain nie met Danica of Nikita trou nie, dat sy haar bos behou, en ook haar grootse geheime bewaar. Maar haar stiefma, Amelda, pers haar af. Sy verwag dat Fleur vir Romain oortuig om met Amelda self te trou, anders gaan sy Fleur se geheim verklap. As sy 'n gelukkig einde wil hê, weet Fleur dat sy daarvoor sal moet baklei.

Hierdie is die tweede fantasie uit dié skrywer se pen. Haar eerste fantasieverhaal, Onmoontlike droom, het in 2019 verskyn. Dié keer is daar nie vampiere betrokke nie, en sy skryf eerder 'n moderne feëverhaal waar towerkragte help om harte te wen.
Publikasiedatum: 2022-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799388435

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
TWEE MAAL SO LIEF:
Beaudine keer terug na die wildplaas waar sy die man wat sy liefhet aan 'n ander vrou afgestaan het. Hier kom sy voor hom in 'n rolstoel te staan, die ander vrou steeds aan sy sy.

DANS VAN LIEFDE:
Marina se werk by Lusoord is die verwesenliking van 'n droom ... tot sy uitvind die plek behoort aan Kobus Verwey en sy familie. Sy word verplig om 'n geheim uit die verlede op die lappe te bring voordat sy haar regmatige plek in Kobus se hart kan inneem.

TEMMER VAN HAAR HART:
Suster Willda se streke in die hospitaal het haar al in die moeilikheid gehad, veral by een dokter wat sy net nie kan veel nie. Sy word egter van 'n wandaad beskuldig wat haar lewe verander.
Publikasiedatum: 2022-01-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639604220

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
Lily Linvelt se enigste missie is om 'n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet 'n elikser maak om haar ma te red wat 'n paar maande gelede deur 'n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is.
Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is 'n natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek 'n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en 'n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …
'n Vampier romanse, soortgelyk aan Twilight, vir ouer tieners / jong volwassenes.
Publikasiedatum: 2021-04-23
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605722

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Was alles net ʼn droom?
Chloé, 'n ballerina, gaan Frankryk toe om haar ma se glorie as kabaretster by die Moulin Rouge te herleef, maar sy het 'n verskuilde agenda. Sy wil wraak neem op mans omdat sy glo dat haar ontroue pa haar ma se dood veroorsaak het. Sy ontmoet die geheimsinnige Sacha, 'n balletdanser, wat haar droom om te dans aanvuur. Hy het ook 'n onweerstaanbare mag en invloed op haar, maar hy het sy eie donker verlede en 'n enorme geheim wat haar alles wat sy weet oor lewe, logika en liefde laat betwyfel. Om op hom verlief te wees lyk al hoe meer na 'n droom; 'n droom wat onmoontlik is om na te streef as sy nie alles opoffer nie.

Onmoontlike droom is 'n fantasieverhaal.
Publikasiedatum: 2020-11-25
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799396768

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
“Kyk of jy vir my die son kan vang ...” Narissa is 'n volbloed hippie. Sy is optimisties oor die lewe en sy het 'n wil van haar eie. Sy glo daarin dat 'n mens die lewe moet geniet en oomblikke van blydskap vir jouself moet skep. Sy gaan vir haar die son se lag vang op Springbok. Haar grootste irritasie op twee bene is Franz Lamont, meneer volg-die-regte-pyltjies, baie aantreklik, baie bitter, en hy ry 'n vintage hippie kombi met daisies op die deure soos sy nog altyd wou hê. Hy stem nie saam met haar lewensopvatting nie. Pret en plesier is net vir 'n oomblik, en van min waarde. Werk, reëls nakom en dinge reg doen, is belangriker, en die swaar tye van die lewe weeg ook swaarder. Sonvanger is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Frenette van Wyk se boeke vergelyk goed met Cynthia Robertson en Leandra Naudé se skryfwerk. Sonvanger is haar derde SuperRomanza wat in 2019 gepubliseer is.In die sterre geskryf het in Januarie verskyn, en Soene in 'n sandkasteel in Junie.
Publikasiedatum: 2019-12-03
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799395099

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Sal liefde die sandkasteel van illusies en ontnugtering waarin Daniella haar bevind, wegwaai in die wind? En is vergifnis moontlik? Daniella het haar man verneuk en hy het van haar geskei, maar nou wil hy hul huwelik weer herstel. Sy gaan besoek 'n ou kasteel in Europa. Haar eksman betaal vir die duur wegbreek, sodat sy kan gaan dink en besluit of sy na hom toe terug wil gaan. Sy aanvaar die sprokiesvakansie omdat sy nog altyd ou kastele wou besoek en omdat sy 'n baie romantiese hart het. Sy besluit egter om eerder in 'n winterslaap daar in die sneeuomgewing te gaan, en eers oor Herman se versoek te besluit wanneer sy weer terug in Suid-Afrika is. Maar sy word telkens gekonfronteer deur haar verlede se geraamtes, veral toe sy Remi ontmoet en op hom verlief raak terwyl hulle die kasteel en al dié se geheime ontdek en begin ontrafel. Sy glo sy verdien nie meer liefde nie. Toe klink dit ook of Remi getroud is en sy besef hy is taboe vir haar. Sy hoor later hy is tog ook geskei, en hoewel sy haar wil oorgee aan die liefde wat groter tussen hulle groei, is sy bang om hom te vertel van die rede vir haar egskeiding. Sy vrou het hom immers ook bedrieg met 'n ander man. Hy sal haar tog nie kan oorsien weens dieselfde oortreding nie. Soene in 'n sandkasteel is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publikasiedatum: 2019-06-06
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799385724

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Onwelkome geskenk - Madelie Human
Marile vertrou glad nie die Werner-vent wat met haar oupa konkel en haar kniee lam maak nie. Hy is immers net nog een van die mans wat in haar geld belangstel. Of maak sy 'n fout?

Instaanmeisie - Cecilia Nortje
Olivia staan vir haar identiese tweelingsussie in as haar kêrel se meisie. Dis nie net 'n gewaagde speletjie nie; daar kan harte breek. Dit kom Olivia gou agter, maar nie gou genoeg nie.

Skaakmat vir hom - Frenette van Wyk
Lavanda is in ekstase omdat sy saam met Roland Renin in Monaco kan wees vir die Grand Prix-wedren. Toe ontmoet sy Zanze Ruveix, die raaiselagtige donkerkopman wat sy nog net op televisie en koerantfoto's gesien het.
Publikasiedatum: 2019-02-11
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799385489

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Pad vol dubbeltjies - Madelie Human
Erika weet nie Brandt le Roux is nie haar bloedbroer toe hy ná veertien jaar op die plaas opdaag nie. Jare lank spartel sy alleen, nou stap hy bloot in, en sy word by die dag kwater.

Ninja in satyn - Lene de Waal
Jade is deel van die polisie-taakmag. Terwyl hulle op Sodwana is vir n duikoefensessie, daag die nuwe bevelvoerder op en sy weet instinktief dat hy 'n rol in haar lewe gaan speel.

'n Stukkie Hemel - Frenette van Wyk
Arabella aanvaar die werk as stalkneg op Elysium, nie net omdat sy so lief is vir perde, of om naby haar hemelsmooie aartsvyand, Stefan Marx, te wees nie. Sy wil haar eie plaas, Kartelrant, terugkry wat hy onder haar uit gekoop het.
Publikasiedatum: 2019-02-11
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799387360

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Luca se obsessie - Alma Carstens
Miranda weier om net nog 'n merkie te word op die kerfstok van 'n lenige Italianer wat op 'n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.

Bestem vir liefde - Cheryl Rogers
Op skool was Christelle nes al die ander meisies dolverlief op Daniel Malan. Nou is hy nog aantrekliker as wat sy kan onthou, maar sy durf nie haar geluk op iemand anders se ongeluk bou nie.

Ek wiljou hê - Frenette van Wyk
Sugar is nou wel 'n mechanic en garage-eienaar maar sy is ook vrou. En onverwags bevind sy haar alleen saam met 'n aantreklike man op 'n 4x4-roete in 'n nag vol Bosveldsterre.
Publikasiedatum: 2019-02-11
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799391565

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Liefde tussen swaarde ...
Chantilly Dubois bevind haar teen haar sin as Papillon op 'n seerowerskip. Hulle word egter deur 'n ander seerowerskip oorrompel en sy moet aanskou hoe haar liefdesdrome in bloed voor haar wegsypel. Maar Papillon neem 'n eed dat sy op El Capitàn sal wraak neem, hoe lank dit ook al duur, haar dag sal kom.
Maande lank, oor oseane en selfs aan die Kaap de Goede Hoop, te midde van groot gevare en ontbering, volg sy hierdie man wat haar geluk gesteel het. Sy verontagsaam selfs die Kaapse goewerneur se besluite oor wat verder in haar lewe moet gebeur.
El Capitàn, daarenteen, sit sy soektog voort na die Peregrina, 'n gesogte pêrel wat die toekomstige Spaanse koningin toekom as deel van haar bruidskat.
Toe hulle paaie weer kruis, moet Papillon teenoor haarself erken dat die wraak wat sy gekoester het stadig maar seker gemengde gevoelens geword het. Hoe anders, in die aangesig van 'n man wat so sterk en dapper sy posisie handhaaf te midde van 'n ruwe klomp seerowers? Is dit daaroor of bloot omdat sy nie langer teen sy manlike aantrekkingskrag kan veg nie? Haat sy hom of het sy hom liefgekry? Dit is die vraag wat Papillon nie beantwoord kry nie.
Publikasiedatum: 2018-12-20
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799388046

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
'n Donkie is 'n wonderlike ding!

Malaika bestuur 'n donkierehabilitasiesentrum op die plaas Salem in die Beaufort Wes-distrik. Sy huur die plaas van oom Michiel Steyn, wie se dogter, Heloise, saam met haar op skool was.
By 'n vriendin se troue ontmoet sy weer vir Baron op wie sy tien jaar gelede verlief was. Intussen word Heloise die eienares van Salem en sy begin haar neus indruk in Malaika se rehabilitasiesentrum. Baron besoek Malaika gereeld op die plaas - hy neem selfs een van die verwaarloosde donkies, Psalm, aan, en haar gevoelens vir hom groei. Dit lyk egter vir haar asof Baron en Heloise hulle verhouding van skooldae hervat het. Heloise raak jaloers en besluit om die plaas aan Baron te verkoop vir die ontwikkeling van 'n gasteplaas.
Malaika se vriend, Wayne vra haar om te trou, maar dan sal sy Kaap toe moet verhuis en haar rehabilitasiesentrum asook haar donkies moet prysgee. Nou moet sy kies of sy kans sien om heeltyd in Baron en Heloise vas te kyk om by haar donkies te kan bly, en of sy met Wayne gaan trou en weggaan?
Publikasiedatum: 2018-05-29
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.