●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Erla Diedericks

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359745

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Twee skote klap in die stil oggendure en Salemstraat sal nooit weer dieselfde wees nie.
Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul 'n nuwe blik op die paartjie. Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met 'n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer
geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel. Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.

Met Salemstraat betree Erla Diedericks dieselfde styl van misdaad- en spanningsfiksie as skrywers soos Liane Moriarty, waar lesers sien wat in die binnekamers van die gegoede voorstede skuil. Die nimlike, eksentrieke kriminele psigiater Dr. Ann Marais, wat lesers bekoor het in Die bewonderaar, speel hier ook 'n beduidende rol. Salemstraat bied 'n heerlike raaisel vir lesers en tref 'n goeie balans tussen donker en lig, moord en humor, die alledaagse en die onderduims.
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776172887

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
Publikasiedatum: 2023-04-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359967

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die Kontrak is die eerste titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies. Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike haar droomman. Brett is aantreklik, skatryk, en 'n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met 'n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word. Hoe moeilik kan dit tog wees? Veral noudat sy besluit het om mans vir altyd af te sweer, en wild en wragtig in die oomblik te leef. Maar die hart sluit sy eie kontrakte, ongeag wat die verstand vir haar voorsê. Soos wat Marike meer tyd saam met die enigmatiese Brett deurbring, vat vonke tussen hulle vlam. Totdat hulle terugkeer van 'n stomende vakansie in Mauritius en hulself in 'n uiters netelige posisie bevind - en in 'n kontrak van 'n heel ander aard.
Publikasiedatum: 2023-01-27
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776355082

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
Jou diepste vrees is sy grootste begeerte...
Geen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die reëls in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ʼn inwoner hier, en die pasiënte word as psigopate bestempel. Dominique du Randt word in Molenberg opgeneem ná haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ʼn man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen. Wat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. 'n Plek van grusame geheime, fantasieë en donker vergrype.
Wanneer een van die vroulike pasiënte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van dié skrikwekkende spel. Maar hoe beskerm jy jouself in 'n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?

Die bewonderaar volg op Dominique (2021), maar die klem skuif hier weg van Dominique se werk as hoogsbetaalde gesellin. Die fokus val eerder op geestesgesondheid en die misbruik van mag vir eie gewin. Hierdie is ʼn volbloed psigologiese riller wat selfs nog beter is as sy voorganger. Ontstellend, maar geloofwaardig en eg.
Publikasiedatum: 2022-05-31
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607078

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.
Dominique is 'n kunstenares en 'n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is 'n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan. Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.

Die boek bied 'n ontnugterende perspektief op die seksindustrie - seks word nie verromantiseer nie en die vraag word gevra: Wat is normaal? Dominique is soortgelyk aan The girl on the train deur Paula Hawkins en
Malhuis deur Anel Heydenrych. Die skrywer het baie navorsing gedoen oor bekruipers, psigopatie, voyeurisme, obsessie as kliniese siekte, maar ook hoe alledaagse mense seks as kommoditeit gebruik.
Publikasiedatum: 2021-05-18
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393415

Nie-fiksie / Non-fiction: Aktuele Sake / Current Affairs

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Aktuele Sake / Current Affairs
R 310
'n Prins op 'n wit perd kan nie alles heel maak nie.
“Wil jy sien waar baie mense se ewigheid eindig? In 'n egskeidingshof.”
As jy 'n boek verwag deur 'n volmaakte, pyn-in-die-gat prinses oor hoe om liefde en kalmte te vind, soek dan verder. Seks, leuens en die internet is 'n rou, eerlike vertelling deur 'n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. In haar soektog kom sy alles teë - van die armes van gees tot die armes van vlees. En dit alles te midde van menopouse, skete en plooie.
Hierdie boek gaan oor die soeke na die self en die oeroue stryd tussen die brein en die hart. Die vraag is net: Wie gaan dié keer wen?

Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings, seks en selfondersoek. Dis 'n eerlike en soms skreeusnaakse memoir, maar ook 'n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.
Publikasiedatum: 2019-07-26
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781869199272

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 80
'Sometimes you have to lose a husband to find true love...'

Dianne, a woman in her early thirties find out at a fancy dress party, while dressed in all her splendor as Lady Gaga, that her husband is having an affair. Life seems bleak, but with the help of an overzealous friend who takes her lap-dancing, a crazy old lady who predicts true love after reading her fortune and a sexy tattoo artist, she soon finds her way back to life after marriage. She tries to mend her broken heart and we follow her on her own little path of self-destruction and self-discovery as she goes through denial, counseling and (maybe) divorce.

However, Dianne has a secret of her own. For years now she has been having dreams about a man. A man who has a car accident one night that leaves him paralyzed from the chest down. Somehow, there is a link between her and this man. Free of her marriage and with nothing to lose, she decides to go and look for the man in her dreams - but is he the man of her dreams?
Publikasiedatum: 2013-05-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.