●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Elsa Winckler

Results 1 to 15 of 65
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
R 320Jy spaar R 80
*'n Warrelwind - Dina Botha*
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra o f haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
*Tango met 'n twist - Rina Cilliers*
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. In 'n omgewing waar
vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
*'n Bruid voor Kersfees - Madelie Human*
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
*Jy's my Kersgeskenk- Elsa Winckler*
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
Publikasiedatum: 2023-12-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359486

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 90Jy spaar R 10
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Hy't nie geweet sy is die Nic Ackerman met wie hy 'n afspraak het nie, en al die gevoelens wat sy - én hy - die afgelope ses maande probeer onderdruk, borrel na die oppervlak. Hy soen haar, maar is baie gou om vir haar te sê sy voldoen nie aan die vereistes wat hy stel vir sy toekomstige vrou nie. Anders as sy twee vriende saam met wie hy in die kinderhuis was, wil Etienne wel eendag trou. Nicola voldoen net glad nie aan een van sy vereistes nie. Maar hoekom is sy die enigste vrou by wie hy wil wees? Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
x988

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 500
R 400Jy spaar R 100
*'n Warrelwind - Dina Botha*
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra o f haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
*Tango met 'n twist - Rina Cilliers*
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. In 'n omgewing waar
vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
*'n Bruid voor Kersfees - Madelie Human*
Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie. Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?
*Jy's my Kersgeskenk- Elsa Winckler*
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
*Myne - CM Christians*
Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.
Publikasiedatum: 2023-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359080

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Biokinetikus Mina Strydom weet sy's anders. Soos haar Ierse Ouma Wilhelmina, voel sy ook mense vir wie sy lief is, se pyn aan. Haar bekommernis oor haar ma, twee sussies en drie vriendinne is erg genoeg, sy wil haar nie oor nóg mense bekommer nie. Dis hoekom trou en kinders kry nooit deel van haar toekoms kan wees nie. Maar toe beland sy in Louw de Ridder se arms en dit raak al hoe moeiliker om by haar voorneme te hou. Louw de Ridder en sy drie vriende het hulle kinderhuislewe lankal agter hulle gelaat en besit vandag 'n florerende maatskappy. Hy is nie van plan om ooit te trou nie, iets wat 'n probleem blyk te wees vir 'n potensiële kliënt. Sy vriende stel voor dat hy die mooi brunet wat in sy arms geval het saamnooi na die kliënt se verjaardagpartytjie. 'n Kammaafspraak met geen bybedoelings vang Louw en Mina onkant toe hulle mekaar ewe skielik in hul drome begin ontmoet.
Publikasiedatum: 2023-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037827

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Die perfekte gene - Alma Carstens*
Sal hul vriendskap dit oorleef? Hulle is boesemvriende sedert kindsbeen en toe Erin besluit om 'n baba te kry, val haar keuse vir 'n skenker outomaties op Jay. 'n Oorsese reis skep wantroue en kelder byna hulle vriendskap. Dit dwing hulle albei om selfondersoek te doen. Kan hulle mekaar ten volle vertrou met die waarheid?
*Haar hart se ware tuiste - Corné van Rooyen*
Onvermydelike liefde. Twee jaar na die tragiese afsterwe van haar man, keer Liané Rautenbach terug na haar man se familieplaas, waar sy hartlik deur sy familie ontvang word. Veral haar oorlede man se broer, Mauritz. Sy is boonop onseker of Mauritz, net soos haar oorlede man, ook dalk ontrou kan wees aan haar. Kan Mauritz 'n lewe sonder ontrou vir haar bied of gaan haar onsekerheid in die pad van liefde staan?
*Roekeloos verlief - Rene van Zyl*
Gaan Steffie se roekeloosheid haar hierdie keer beloon?
Steffie Fritze, eienaar van 'n mobiele troeteldierspa wil beslis nie op die rak bly sit nie, maar haar pogings om die regte lewensmaat te kry, loop telkens op 'n ramp uit. Toe haar pad met die van speurkaptein Ivan von Beneke kruis, is sy in groot moeilikheid, nie net met die gereg nie, maar ook omdat sy blote aanraking haar hartritme roekeloos aantas. Die verhaal het die perfekte balans tussen humor en deurnis. Dit ondersoek verlies as tema, maar is ook 'n verhaal van hoop en tweede kanse.
*Sien jou in my drome - Elsa Winckler*
Biokinetikus Mina Strydom weet sy's anders. Soos haar Ierse Ouma Wilhelmina, voel sy ook mense vir wie sy lief is, se pyn aan. Haar bekommernis oor haar ma, twee sussies en drie vriendinne is erg genoeg, sy wil haar nie oor nóg mense bekommer nie. Dis hoekom trou en kinders kry nooit deel van haar toekoms kan wees nie. Maar toe beland sy in Louw de Ridder se arms en dit raak al hoe moeiliker om by haar voorneme te hou. 'n Kammaafspraak met geen bybedoelings vang Louw en Mina onkant toe hulle mekaar ewe skielik in hul drome begin ontmoet.
Publikasiedatum: 2023-07-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776172887

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
Publikasiedatum: 2023-04-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358762

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die lewe kan in 'n oogwink verander
Trou en kinders kry is nie deel van prokureur Lelanie Walter se toekomsplanne nie, maak nie saak hoe lam Werner Steyn, Steynslanden se wynmaker, haar knieë met sy soene maak nie. Werner stel nie belang in enige ander vrou nie, maar hy weet ook dat Lelanie nie wil trou of kinders hê nie. Sy begin boonop mettertyd al minder op die plaas kuier. Maar die lewe het 'n manier om alle planne vinnig te plooi soos hy dit wil hê. Dít leer Lelanie toe sy ná haar kollega en vriendin se dood hoor sy is as voog benoem vir haar drie maande oue baba, Emma.
Werner se ma vang hom onkant toe sy hom vra om Lelanie op die lughawe te gaan haal. Maar niks kon hom voorberei op die prentjie wat hom inwag nie: Lelanie mét 'n baba
Publikasiedatum: 2023-03-02
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485310648

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Alida Bothma
Kinders  -  Prenteboeke
R 175
Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie - hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie!
Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Publikasiedatum: 2023-02-09
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352890

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Liefde... toegedraai vir Kersfees!
Jess Faber is groot vriende met haar vriendin Sabella se swaer, die bekende sjef Erasmus Steyn. Sy is nie onbewus van hoe aantreklik hy is nie, maar sy is nie van plan om ooit te trou nie. Om vriende te wees is net baie minder gekompliseerd. Maar toe kry sy nie die bevordering waarop sy gehoop het nie en besluit om al haar lysies en boksies weg te gooi. Sy oorweeg selfs 'n one-night stand met 'n vreemdeling. Toe Erasmus ewe hulpvaardig aanbied om haar one-night stand te wees, verander hulle vriendskap binne minute in iets heeltemal anders. Jess is huiwerig om haar hart oop te maak vir liefde en bly skuil agter haar ongelukkige kinderjare. Kan 'n kersfeeswonderwerk twee harte een maak?
Hierdie verhaal bevat al die kenmerke van Elsa se boeke: humor, tydigheid en passie. Dit ondersoek die idee van toeval, maar ook tweede kanse, in moderne verhoudings.
Publikasiedatum: 2022-11-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352296

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Een soen kan jou lewe verander
Die liefde en warmte van die Steyn-gesin waarvan Sabella deel geword het toe haar broer met hulle dogter getroud is, is nie iets wat sy ken nie. Sy het hoë mure om haar hart en baie slotte aan haar voordeur om seker te maak sy is veilig en kry nie weer seer nie. Alles verloop seepglad totdat Hardus Steyn, 'n hartebreker en wingerdboer, haar soen. Hardus is 'n man wat dinge wil doen, probleme oplos en sy geliefdes beskerm en help. Trou en kinders kry was egter nog nooit deel van sy toekomsplanne nie. Totdat hy vir Sabella Morkel soen. Skielik het hy 'n hart gekry wat by syne pas, maar is hy bereid om al sy planne te verander ter wille van liefde?
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351473

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
Dis die simboliek van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: joy in love and life. Sy is nogal behep met blomme en kinders en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan.
Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het. Dit is geskryf deur top-skrywer en ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Die vroue van Kosmoslaan het voorheen onder dieselfde titel in 2016 verskyn.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780637000116

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 300
GROOTDRUK
Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem
Publikasiedatum: 2022-07-26
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313588

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 325
Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op 'n romantiese noot mee te begin. Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.
Publikasiedatum: 2022-03-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351831

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Liefde is vir altyd.
Jeanie McMillan land op Kaapstad twee jaar nadat sy weggehardloop het op haar troudag. Op die lughawe loop sy in Gerard de Lange vas, die rede hoekom sy toe nie getroud is nie. Vir haar sal hy altyd dié een wees, maar hulle het hulle beurt gehad, sy het die leuens oor hom geglo en dis tyd om aan te beweeg. Maar die rooi nommertjie wat Gerard uit sy tas haal, is nie syne nie. Dis Jeanie s'n. Hul tasse is omgeruil op die lughawe. Hy sal weet, hy was die een wat ewe opgewonde twee jaar gelede vir hulle identiese tasse gekoop het vir die wittebrood wat nooit gebeur het nie. Hy is nie troumateriaal nie, kinders wil hy beslis nie hê nie. Maar hy wil, nee, hy moet by Jeanie wees en stel voor sy trek by hom in. Sy voorstel is veronderstel om net 'n tydelike reëling te wees, maar hy besef amper te laat dat liefde nie tydelik is nie, liefde is vir altyd.

Hierdie verhaal vorm nie deel van Elsa se geliefde Greyton-reeks nie. En tog is hierdie alleenstaande romanse tipies Elsa Winckler: snaaks, modieus en stomend. Die boek bespreek die rol van toeval en tweede kanse vir moderne paartjies.
Publikasiedatum: 2022-03-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799388404

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Tameletjieliefde:
Michelle dink dit sal pret wees om vir hierdie aantreklike, ryk man in te staan as sy meisie. Terselfdertyd kan sy hom 'n les leer oor integriteit. Maar dié speletjie en die les boemerang liederlik.

Hart Oorboord:
Sarena het pas uit haar pos by 'n uitgewery bedank - ietwat stormagtig. Vir die volgende vier dae gaan sy net rus en haar kop skoon kry tydens 'n luukse plesiervaart op die oopsee. Maar 'n besprekingsfout bring haar in 'n onbenydenswaardige posisie teenoor 'n baie omgekrapte man te staan. Van plesier is daar nie veel sprake nie. Inteendeel. En toe die man eers tot bedaring kom, ontstaan nuwe probleme. Sy wil nou wel graag weer werk hê maar of sy bereid is om vir hierdie kwaai man te werk is 'n ander vraag. Onder andere omdat Sarena besonder verward is oor wat sy vir Wilmar begin voel ...

Op die Sypaadjie:
Armin is te befoeterd vir Sabrina en Sabrina verkies surfers met sexy bolywe wat nie heeldag werk nie. Maar dan leer sy hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is.
Publikasiedatum: 2022-01-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.