●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Didi Potgieter

Results 1 to 15 of 24
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359981

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy 'n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Na Jan-Adriaan haar 'n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê.
Publikasiedatum: 2023-08-23
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037865

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 500
*'n Skandalige aanbod - Dina Botha*
Van prinses na minnares. Beeldskone Cassie Kent, alias Prinses Casandra van Habsburg en haar suster Mary bevind hulle in vreemde waters. Sonder 'n heenkome, geld of familie om hulle in 'n vreemde land te beskerm moet hulle noodgedwonge onder die dekmantel van kamermeisies werk. Cassie ontmoet Graaf Alister Wyndham, maar dis onmoontlik om 'n nederige en onderdanige houding teenoor die jong en aantreklike graaf in te neem. Haar parmantigheid fassineer hom en hy bied haar 'n beter pos aan. . Wil hy met haar trou? Die antwoord is nee, hy beplan om haar sy minnares te maak. Intussen dra albei geheime rond en dit maak 'n toekoms saam onmoontlik.
*Rusplek vir die hart - Marilé Cloete*
Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk dat sy sorgvry is. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met Shaun Mouton, 'n krieketafrigter. Hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in 'n oomblik van dwaasheid 'n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik 'n taal van sy eie.
*Liefde vir 'n Prins - Zinèt Oosthuizen*
Die liefde laat hom nie voorskryf nie. Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans en tydens 'n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is.
*Silwerspoor van die maan - Frenette van Wyk*
Avontuurlustige liefde Zara is van voorneme om nooit 'n vervelige getroude lewe te lei nie, maar 'n lewe van avontuur te leef. Sy leer vir Fernando ken en sy raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit. Daar is egter reeds 'n vrou en 'n baba in sy lewe. Hy betaal Zara om na die baba te kyk terwyl hy die ma gaan soek, maar wil nie vir haar sê waar hy aan die silwermunte kom waarmee hy haar betaal nie. Sy begin vermoed hy is die seerower wat 'n trommel vol soortgelyke muntstukke van 'n handelskip, in die hawe van Tafelbaai, af geplunder het. Sy bewaar egter sy geheime, want die geld wat hy haar betaal help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te betaal.
*Plus een - Didi Potgieter*
Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy 'n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Na Jan-Adriaan haar 'n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê.
Publikasiedatum: 2023-08-10
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359226

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Donner, Milan,” sê hy en lig sy kop effens. “Ek kan aan niks anders as jy dink nie.”
Hy gee nog 'n tree nader en sy kan sien sy oë is definitief die kleur van tropiese woude. “Nie solank as wat die begeerte net begeerte bly nie.” Shit, sy dink nie haar longe kan meer werk nie. “Hoe raak 'n mens daarvan ontslae?” Hierdie keer is sy die een wat nader staan. Dis 'n fout, want sy kan sy hitte teen haar voel. “Soos jy van enige honger ontslae raak. Jy eet tot jy versadig is.”

Binne 'n kwessie van 'n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom. Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly. Toe Milan in die tuinwoonstel op sy erf intrek, help dit ook niks om die effek van haar liggaam op sy sintuie te verdoof nie. Die vonk tussen hulle word vinnig 'n vuur, en Milan wonder of sy ooit 'n man soos Albert se hart sal kan steel.

Hoe om 'n hart te steel is die tweede titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.
Publikasiedatum: 2023-05-02
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037797

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 500
*Hand aan hand - Dina Botha*
Om liefde te kies, is nie altyd eenvoudig nie. Beeldskone Elzibi Nel, eks eerste prinses in 'n Mejuffrou Suid-Afrika kompetisie, het absoluut geen gemis in haar lewe nie. Sy is heeltemal gelukkig met haar vriende en haar gimnasium wat sy van haar huis af bedryf. Tot dokter Luca Cronje en sy twee seuntjies langs haar intrek. Haar hart klop dadelik vinniger, maar dis nie vir die aantreklike en arrogante pa nie, maar vir die twee seuntjies wat sonder 'n ma grootword. Om Luca te besit is egter 'n onmoontlike droom, want haar beste vriendin het ook gevoelens vir Luca. Kies sy jare lange vriendskap of kies sy liefde?

*'n Wetenskaplike benadering - Elize Davies*
Passie is 'n eksperiment vol verrassings! Leandi Steyn keer terug na die Kaap om seker te maak dat haar broerskind, Madelein, versorg is. Vanuit die staanspoor bots sy met Madelein se voog, dokter Leon Hattingh. Maar dis nie so maklik om Leon se wetenskaplike benadering, én sy sjarme, te weerstaan nie.

*Liefde en oorlog-Malene Breytenbach*
Kan liefde 'n oorlog oorwin? Met die uitbreek van die Boereoorlog besluit Maura, dogter van 'n ryk boer in die Pretoria-distrik, om te gaan verpleeg. Die aantreklike John Cloete kom bly by hulle om in die oorlog te veg en om weg te kom uit Oudtshoorn ná 'n liefdesteleurstelling. Maura en John raak lief vir mekaar, maar die gevare en ontberings van die oorlog sorg vir vele struikelblokke op hul liefdespad. Maar gaan hul albei, én hul liefde, die uitdagings van die oorlog oorleef?

*Djin in 'n koffiekan -Bets Smith*
'n Slukkie liefde vir jou? Clea Cilliers, student en entrepreneur, wag nie vir 'n djin in 'n lamp om haar wense te bewaarheid nie. Sy gebruik haar erfgeld om 'n baristafiets en koffiepitte te koop sodat sy aan haar oorbeskermende broers kan bewys sy kan op haar eie voete staan. Bedags is sy barista by haar koffiestasie in die middestad sodat sy saans lesings kan bywoon vir haar BA-graad. Pierre Grundling se besigheidsaanbod wat die geleentheid insluit om 'n agtiende-eeuse dagboek in Afrikaans te vertaal, verander alles. Haar lewe raak so vervleg met die avonture van die dagboekskrywer en die ontstaan van die koffiekultuur, dat sy begin vermoed dat koffie dalk wel 'n towerdrankie is.

*Hoe om 'n hart te steel-Didi Potgieter*STOOM 02*
Binne 'n kwessie van 'n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom. Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly.
Publikasiedatum: 2023-05-02
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776172887

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
Publikasiedatum: 2023-04-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358847

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Liefde is onvoorspelbaar
Tien jaar gelede in 'n kroeg in New York, het twee jong mans 'n muntstuk gegooi om tussen twee meisies te besluit. John het die stert en die brunette gekry, terwyl sy beste vriend die die pragtige blondine, Kate, gewen het. Maar dit was Kate wat John se hart gesteel het, ten spyte daarvan dat sy met sy vriend getrou het. Na haar mislukte huwelik, koop Kate die tweedehandse boekwinkel op 'n klein dorpie in die hoop om New York se stof finaal van haar voete af te skud. Dit vat egter een Kersfees terug in die groot stad om dinge weer omver te gooi en ʼn spul ongewensde emosies oop te krap. John besluit om 'n einde aan jare se marteling te maak deur Kate op Ridgeway te gaan sien. Wat hy egter nie besef toe hy vir die eerste keer by Next Chapter instap nie, is dat dit net die begin van die volgende hoofstuk is en dat die liefde nie voorgesê kan word nie.

Hart van papier is die sesde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks en volg op Hart van Goud. Dit is 'n heerlike ontvlugtingsreis na New York en karakters uit haar vorige boeke maak ook hier hul verskyning.
Publikasiedatum: 2023-03-02
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351756

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 100
R 50Jy spaar R 50
Is liefde genoeg om werklik te kan vergewe?
Op die oog af lyk dit of daar niks is wat Stella Smith nie kan doen nie. Sy kan dans met ʼn skinkbord vol drankies, haar stempel afdruk as sy saam met 'n gewilde country groep sing, ʼn lekkende kraan en stukkende pyp regmaak, blomme rangskik en selfs kerkorrel speel. Daar is egter iets wat sy nie kan doen nie: om normaal op te tree as Kyle White in die vertrek is. Kyle het sy toekoms en sy loopbaan deeglik beplan. Hy is op pad San Francisco toe. Daar sal hy nie net die seun van 'n goewerneur wees nie, maar ʼn talentvolle argitek in eie reg. Ridgeway is net ʼn vinnige stop voor dan, maar die ongelooflike sexy kroegmeisie Stella maak gevoelens in hom wakker en krap sy planne deurmekaar. Ongelukkig spook Stella se verlede nog te veel by haar om die toekoms met albei hande aan te gryp. Sy voel ook nie gereed om te deel wat vyf jaar gelede op Ridgeway gebeur het nie - al vertel die tatoes op haar liggaam ʼn groot deel van die storie.

Hart van goud is die vyfde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks. Dit is 'n heerlike ontvlugtingsreis na Colorado en San Francisco, en karakters uit haar vorige boeke maak ook hier hul verskyning. Didi is bekend daarvoor dat sy sensitiewe onderwerpe versigtig hanteer en toepaslike navorsing doen. Hierdie boek is geen uitsondering nie.
Publikasiedatum: 2022-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781776350704

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
'n Nuwe begin vir almal ...
Dokter Carla Nel is vir die eerste keer in ʼn baie lang tyd enkellopend. Nou maak sy planne om die stukke van haar lewe so gou moontlik op te tel en haar grootste droom te bewaarheid. Sy koop ʼn praktyk en ʼn huis op die kusdorpie, Soutstrand, wat albei net soveel restourasie as haar lewe nodig het. Kobus Retief is ʼn enkelouer met meer hooi op sy vurk as wat hy kan hanteer, maar wanneer hy moet help om die nuwe dokter se praktyk en sommer ook haar huis op te knap, herinner iets hom dat hy ʼn man ook is. Carla se planne sluit egter nie ʼn man in nie en Kobus kan haar niks anders as ʼn tweedehandse lewe bied nie. Tog laat die liefde hom nie keer nie en voor Carla hom kan stop, restoureer Kobus haar vervalle hart en word sy deel van ʼn lewe wat haar wildste drome oortref.

Met 'n Tweedehandse lewe beweeg Didi Potgieter weg van haar Harte-reeks en gee weer 'n nuwe blik op liefde. Die verhaal ondersoek verhoudings tussen ouer mense wat reeds ervaring van die lewe het. Mediese romanses is baie populêr en die hoofkarakter hier is 'n dokter.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639609669

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Is daar vir hulle 'n toekoms? Amanda White se loopbaan as ontwerper is op dreef. Sy het al drie Steely Sisters se trourokke ontwerp en sy is self amper verloof. Daar is egter ʼn klippie in haar skoen: Clinton Anderson, die hardkoppige veearts wat sy deur die Steely Sisters leer ken het. Clinton red weggooi-perde omdat hy self ʼn weggooi-kind was. Hy soek nie hulp nie, veral nie van ʼn beeldskone vrou wat sy kop deurmekaarkrap nie. Die liefde is egter sterkter as vooropgestelde idees en die twee besef vinnig dat die aangetrokkenheid tussen hulle dalk tot meer kan lei. Maar Amanda is verloof en die wêreld wag in afwagting vir haar troue, en Clinton is steeds die man met die duister verlede. Is daar vir hulle 'n toekoms? Hart van kant is die vierde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks. Temas sluit in aanneming en disfunksionele gesinne - Didi is bekend daarvoor dat sy sensitiewe onderwerpe versigtig hanteer en toepaslike navorsing doen.
Publikasiedatum: 2021-08-31
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639607313

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die vonke spat behoorlik ... Christi is die jongste lid van die suksesvolle Country-groep, Steely Susters. Haar skoonheid laat die meeste mense twyfel in haar talent en sy is daarop uit om hulle verkeerd te bewys. Na haar vorige verhouding traumaties geëindig het, weet sy dit is nou haar kans om op haar loopbaan te fokus. Dan loop sy weer vir Richard Barret raak. Die sexy Ierse musikant en een van die grootste foute van haar lewe. Sy weet dit is die beste om heeltemal uit sy pad te bly, maar wanneer 'n familietragedie dié twee forseer om saam op Steely Hills te bly, spat die vonke behoorlik! Hart van klip is Didi Potgieter se derde boek in die gewilde Harte-reeks. Die leser word op reis geneem na Ierland en ons maak selfs 'n draai by die Parkers (haar vorige reeks se karakters) se befaamde bal.
Publikasiedatum: 2021-07-02
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605869

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Net hy kan haar hart warm maak Emily Williams is die ruggraat van die Steely Sisters, 'n groep van countrysangeresse. Koel, professioneel en nooit emosioneel nie. Sy het wel een swak plek: Louis Smith, haar hoërskoolliefde en die eienaar van 'n kroeg in haar tuisdorp. Die nuwe jaar begin nie goed vir Emily nie. Haar halfbroer en beste vriendin raak verloof en sy moet help troue reël terwyl hulle aan hul nuwe album werk, daar is 'n pragtige vrou van New York aan Louis se sy en haar ma is op die punt om ʼn smerige biegboek oor Emily se verlede te publiseer. Louis het sy eie probleme, maar die grootste een is dat hy steeds hopeloos verlief op Emily-die-ysprinses is. Hart van ys is die tweede boek in Didi Potgieter se Harte-reeks. Dit hanteer disfunksionele familieverhoudings as tema.
Publikasiedatum: 2021-01-26
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605708

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
O, en die soen ... Steely Hills is die plek waar Melinda die veiligste voel. Daar kan sy wegkom van die paparazzi en by die perde wees. As 'n suksesvolle countrysangeres, leef sy haar droom elke dag, maar sy sukkel deesdae om liedjies te skryf. Miskien het dit te doen met George Williams, die eienaar van Steely Hills ... O, en die soen. George se groot liefde is die natuur en sy perde. Dit is al wat sy aandag van sy verlede en Melinda aftrek. Nou kom bly sy vir 'n maand op die plaas en word hy gekonfronteer met sy gevoelens vir die vrou met die silwer stem en hart van goud. Die effek van perdeterapie op die karakters se gemoed, is 'n interessante tema in die verhaal. Hart van staal is die eerste boek in Didi Potgieter se nuwe Harte-reeks.
Publikasiedatum: 2020-11-25
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605432

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Leer my liefhê Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe 'n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak. Hoe om 'n hart te wen Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle 'n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie. Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publikasiedatum: 2020-09-28
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605173

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Petri is 'n bofbalspeler in New York en Katryn is 'n plaasmeisie wat haar stiefpa se besigheid aan die ander kant van die wêreld bestuur. Hulle het wel een ding in gemeen: Hulle albei moet in Pretoria wees vir die lees van Petrus Theron se testament. Petri erf aandele in Petrus se besigheid en Katryn is woedend oor haar stiefpa se halsoorkop besluit. Hy is boonop onmoontlik sexy, hardkoppig en so ryk soos Midas. Katryn, wat moes hard werk vir alles wat sy het, gaan nie toelaat dat enigiemand haar droom kom steel nie. Al soen hy hóé lekker! Petri moet vir drie maande by die besigheid betrokke wees voor Katryn sy aandele kan koop, maar sy besef gou dat sy hom heeltemal verkeerd opgesom het, en dat sy nie haar droom hoef prys te gee om plek te maak vir 'n nuwe een nie … Hierdie boek vorm deel van die suksesvolle Parker-reeks.
Publikasiedatum: 2020-08-25
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399424

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél …
Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie.
Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn 'n ander komplikasie in haar lewe: 'n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in 'n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag.
Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens 'n opsie nie.
Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.

Lesers kry weer met die karakters op Assordante te doen wat in As dit proe soos liefde was. As dit voel soos liefde is Didi Potgieter se tweede langer romanse. Didi se boeke kan vergelyk word met dié van Dina Botha, Marilé Cloete en Elsa Winckler.
Publikasiedatum: 2020-05-13
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.