●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Dibi Breytenbach

Results 1 to 9 of 9
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776172887

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy
haar seun weer sien? Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.
Publikasiedatum: 2023-04-12
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795710605

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
Markus Gerlach en sy kameraad Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word. Vir Phoebe Maritz, 'n kleindorpse joernalis, is dit 'n kans om eindelik 'n storie van internasionale belang na te jaag en sy sit die twee met die hulp van 'n veiligheidskontrakteur, Paul Fryer, agterna. Sy hoop om 'n eksklusiewe onderhoud met Markus los te slaan en die waarheid te ontbloot. Maar Cabo Delgado, waar Markus wegkruip, word deur verwoestende terreur geteister en niemand is daar veilig nie. Gou bevind Phoebe haar in die middel van 'n plofbare botsing tussen gevreesde insurgente, kastige filantrope, private militêre kontrakteurs, agente van internasionale olie-en-gasmaatskappye en -erger nog - 'n bloeddorstige reeksmoordenaar.

Oor die skrywer: Dibi Breytenbach is 'n skrywer van KwaZulu-Natal. Sy werk in die strafregstelsel, veral met kindersake. Ses spanningsromans is reeds op haar kerfstok: Saliger, Vrediger, Heiliger, Dowe gode, Blinde gode en Stom gode. Buit is haar sewende roman.
Reklame
Publikasiedatum: 2022-08-19
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639605678

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Die gode in Afrika is stom. En lui.
So byna is kolonel Aella O'Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by 'n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg. Maar die beeld van 'n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van 'n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.

Stom gode is die laaste titel in die Gode-reeks, en word voorafgegaan deur Dowe gode en Blinde gode. Die titels verwys na die spreekwoord 'Hear no evil, see no evil, speak no evil'. Stropery en kinderhandel is twee belangrike temas in die roman, asook die vraagstuk van emigrasie - Aella O'Malley moet besluit of sy in Afrika wil bly of emigreer na Frankryk.
Dibi Breytenbach is 'n regsgeleerde en woon in KwaZulu-Natal. Aktuele probleme as tema, haar vermoë om spanning te skep en die leser by die karakters betrokke te laat voel, verseker dat haar romans opgeraap word.
Publikasiedatum: 2020-10-28
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037438

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 810
Dowe gode
Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?
Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in 'n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.
Aella O'Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit 'n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot 'n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy 'n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal 'n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.
Wat is die motief? Is dit net nog 'n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?
Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur 'n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.
Die roman bied 'n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse.
Blinde Gode
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word? Aella O'Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers 'n week en sy moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek. Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van 'n afgevaardigde van 'n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie in die strafregstelsel - op die presiese tydstip wat 'n plaaslike landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel. Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig. Hoe hou die moord op 'n landdros en die teregstelling van twee renoster stropers met mekaar verband?
Stom Gode
Die gode in Afrika is stom. En lui.So byna is kolonel Aella O'Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by 'n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg. Maar die beeld van 'n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van 'n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.
Publikasiedatum: 2020-08-12
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398205

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 300
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word? Aella O'Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers 'n week en sy moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek. Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van 'n afgevaardigde van 'n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie in die strafregstelsel - op die presiese tydstip wat 'n plaaslike landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel. Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig. Leblanc is 'n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om uit te vind wat van die geld word wat Europa vir renoster bewaring skenk. Terselfdertyd word twee renoster stropers koelbloedig voor kolonel Alexander MacLachlan op die verre noordelike grens van die provinsie doodgeskiet. Hy arresteer die moordenaar op die toneel. Sy saak word beduiwel toe die moordenaar homself om die lewe bring. Hoe hou die moord op 'n landdros en die teregstelling van twee renoster stropers met mekaar verband? Die ondersoek lei O'Malley en MacLachlan na mekaar, met skokkende gevolge. Die ondersoek is egter ook 'n helingsproses vir O'Malley. Deur die harde werklikheid van 'n moordondersoek leer sy dat die dooies die dooies moet begrawe en dat hoop nooit ydel kan wees nie. Blinde gode is Breytenbach se vyfde roman en Dowe gode was die eerste boek in hierdie tweeluik met dieselfde karakters. Saliger, Vrediger en Heiliger was haar eerste drie boeke.
Publikasiedatum: 2019-10-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389814

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 129Jy spaar R 151
Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?
Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in 'n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.
Aella O'Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit 'n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot 'n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy 'n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal 'n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.
Wat is die motief? Is dit net nog 'n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?
Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur 'n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.
Die roman bied 'n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is 'n kenner se hand aan die werk.

Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in 'n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.
Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?
Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe 'n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.
Dowe gode is die skrywer se vierde boek. Saliger, Vrediger en Heiliger was die eerste drie. Hierdie roman het 'n nuwe hoofkarakter, Aella, wat 'n kaptein in die polisie is.

Wat maak die boek anders?
-Die konflik onder die ou en nuwe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens op grondvlak word ontgin;
-Dit word ook blatant gekoppel aan die persepsie van rasgeïnspireerde plaasaanvalle;
-Die polisiekultuur word lewensgetrou uitgebeeld;
-Die roman word geweef rondom 'n oënskynlike plaasaanval waarin die lot van die slagoffers sowel as die misdadigers aangespreek word;
-Breytenbach se romans in die algemeen word gekenmerk deur skreiende politieke en sosiale kommentaar.
-Breytenbach skryf uit haar agtergrond as strafreggeleerde, wat geloofwaardigheid en diepte aan haar romans verskaf.
Publikasiedatum: 2018-06-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385212

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 129Jy spaar R 151
In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe 'n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle 'n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur 'n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nóg Amalia, 'n staatsaanklaer op Witteberg, nóg Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word - deels vir sy eie veiligheid, deels omdat 'n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir 'n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van 'n sel en dié se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur 'n dwaalkoeël getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s'n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy 'n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk 'n Kubaanse dokter oor hom in 'n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy 'n fout gemaak � Lees ook Saliger (ISBN: 9780799375343) en Vrediger (ISBN: 9780799379433)
Publikasiedatum: 2017-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799379433

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
Dit is die verskriklikste dag van Willem Maarschalk se lewe. Op vier en veertig is hy die gekoesterde raadgewer en prokureur van 'n skatryk suikerbaron. Ná 'n egskeiding en verhuising na 'n klein dorpie in die Natalse platteland, is Willem se lewe rustig en relatief ongekompliseerd, tot dáárdie dag.
Twee moorde en een inval op dieselfde plaas op dieselfde dag ruk hom na die wrede werklikheid en hy word meteens brutaal gekonfronteer met die roeringe en onrus wat onder die spieelgladde oppervlak van sy klein dorpie lê.
Wie is verantwoordelik vir die moorde? Wie is verantwoordelik vir die inval op die plaas? Wie is die mense vir wie hy werk? Is mense van nature koelbloedig of word hulle so? Is almal wie hulle voorgee om te wees? Hierdie is die vrae wat Willem vir homself moet antwoord binne die bestek van ses en dertig verskriklike ure.
Vrediger is 'n roman wat handel oor vooroordeel en verborge motiewe, en hoe maklik dit is om daardie motiewe mis te kyk wanneer 'n mens se oe verblind word deur die glans wat die werklikheid omring.

Dibi Breytenbach (regsgeleerde) debuteer in 2015 met Saliger, 'n roman met kindermishandeling as tema. Taalgenoot berig oor Saliger: "Hoe verder mens lees, hoe meer kan mens maar net wens dat regsgeleerdes meer fiksie moet skryf. Die skrywer se agtergrondkennis verleen 'n ongekende diepte aan die genre en onderskei haar van die res. Hoewel die onderwerp met erns bejeen word, is die boek nie swaar leesstof nie, maar eerder 'n kombinasie van spanning, genot en vreugde in 'n boek wat lekker en vinnig lees."
Publikasiedatum: 2016-04-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799375343

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
Amalia Abrieu is 'n siniese aanklaer met 'n sterk sin vir geregtigheid. Sy spesialiseer in die vervolging van kinderverkragters. Sy weet die stelsel werk nie soos dit moet nie, maar sy probeer haar bes, al is dit moeilik. Haar beste, en enigste vriend, én minnaar is Hendrik, 'n oud-soldaat wat self as gevolg van dade uit sy verlede 'n draai by die Waarheids- en Versoeningskommissie gemaak het.
Een aand, na nóg 'n dag van wat Amalia beskou as ongeregtighede in die hof, maak sy 'n onbesonne uitlating teenoor Hendrik. Skielik begin die verdagtes wie se sake sy in die hof hanteer, sterf. Amalia is geskok. Is Hendrik 'n moordenaar?
Terselfdertyd tref 'n tragedie 'n geliefde predikant in die klein dorpie. Die pastorie, met die dominee se vrou en kinders binne-in, brand af. Die vrou en kinders oorleef egter die brand en die dorp span saam om die gesin te help. Selfs Amalia gaan uit haar pad om die gesin, en in die besonder die predikant self, ter wille te wees.
Alles is egter nie soos dit op die oog af lyk nie. Dit blyk dat daar sinistere motiewe agter die brand sit, en met verdrag kom Amalia agter dat goed nie noodwendig goed is nie, en sleg nie noodwendig sleg nie, veral nie op klein dorpies nie.
Saliger is 'n roman wat handel oor goeie mense wat slegte dinge doen, en slegte mense wat goeie dinge doen, en hoe maklik dit is om die een met die ander te verwar.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2023
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.