●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Christelike Uitgewersmaatskappy

Results 1 to 15 of 36
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626946

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 99
Of jy op soek is na 'n lekker vakansie-aktiwiteit wat julle as gesin saam kan doen of sommer net kwaliteit-tyd saam wil deurbring - Bybel Woordsoektogte is jou antwoord. Dié boek met sy 100 woordsoektogte bied iets vir elke ouderdom. Die prettige speletjies, met tematiese inhoud wat strek van Genesis tot Openbaring, is nie net goeie oefening vir die grysstof nie, maar verryk boonop jou Bybelkennis met interessante brokkies oor Bybelse plekke en mense.
Ekstra vrae met Bybelse leidrade is ook deur die boek versprei en Skrifverwysings vir ekstra inspirasie kom saam met die speletjies. Die antwoorde word agter in die boek voorsien as jy die woorde regtig nie kan kry nie.
• 100 tematiese woordsoektogte met temas wat strek van Genesis tot Openbaring, soos diere in die Bybel, plante, edelmetale, riviere en bekende Bybelse karakters, plekke en gebeurtenisse.
• Inspirerende Bybelverse.
• Ekstra vrae met leidrade by sommige speletjies.
• Antwoorde agter in die boek.
• Ideale hulpmiddel vir tuisonderrig en Sondagskole.
• Perfek vir vakansies of rustige aande tuis.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Word Searches.
Publikasiedatum: 2023-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626953

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 99
Is jy op soek na 'n manier om jou vermoë om logies te redeneer vlymskerp te maak? Slyp jou vaardigheid met Bybel-sudoku! Jy hoef nie 'n sudoku-kenner of 'n wiskunde-boffin te wees nie - al wat jy nodig het, is logiese denke - en soms jou Bybel. Die 100 sudoku-speletjies is vir beginners tot meesters van sudoku - vind die moeilikheidsgraad wat vir jou werk. Oplossings vir al die speletjies is ingesluit, as die leidrade uit die Bybel nie genoeg is om die speletjie te wys wie is baas nie. Of dit jou eerste sudoku-boek is en of jy net 'n vars uitdaging wil hê, Bybel-sudoku beloof om jou brein 'n goeie oefensessie te gee.
Publikasiedatum: 2023-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622702

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 49
Of jy vandag leiding nodig het, God wil loof vir sy seëninge, of God se aangesig soek omdat jy mislukking of versoeking ervaar, Beloftes vir elke dag het die inspirasie wat jy nodig het om jou in God se teenwoordigheid te bring. Temas soos beskerming, genade, krag, redding en liefde vir God, en aanhalings deur mense soos Billy Graham en Charles Spurgeon belig God se beloftes aan gelowiges. Dit lei elke leser om te weet dat God elke oomblik by ons elkeen is.
Publikasiedatum: 2022-08-02
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

6006937150614

Geskenke/Gifts: Motiverings Kaartjies / Motivational Cards

Geskenke/Gifts  -  Motiverings Kaartjies / Motivational Cards
R 89
Boksstel- Bemoedig 'n vriendin of geliefde in 'n moeilike situasie met 'n gebed of belofte uit God se Woord. Elke kaartjie het plek agterop vir 'n persoonlike boodskap. Die 50 kaartjies is verpak in 'n stewige boksie wat in enige handsak kan pas. Dis die ideale geskenk om met geliefdes en vriende te deel, of hou 'n paar om as boekmerke te gebruik.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

6006937150607

Geskenke/Gifts: Motiverings Kaartjies / Motivational Cards

Geskenke/Gifts  -  Motiverings Kaartjies / Motivational Cards
R 89
Boksstel- Soms is die lewe te gejaagd om stil te word by God en deur sy teenwoordigheid verkwik te word. Die 50 kaartjies in hierdie boksie is die ideale manier om rustig te raak by God. Deel die kaartjies met vriende of geliefdes, of hou 'n paar om as boekmerke te gebruik. Daar is plek agter op elke kaartjie om jou eie, persoonlike boodskap te skryf as jy iemand met die bemoedigende woorde wil seën.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

6006937147485

Geskenke/Gifts: Motiverings Kaartjies / Motivational Cards

Geskenke/Gifts  -  Motiverings Kaartjies / Motivational Cards
R 89
Blikkie - Die pragtige kaartjies in goud en swart is ideaal om God se troos en bemoediging met ander te deel. Die 50 kaartjies van 'n Woord vir vandag is aan beide kante gedruk en is in 'n duursame blikkie verpak. Dit bevat Bybelse waarhede met seëninge en beloftes wat die hart en siel sal voed van enigiemand wat inspirasie uit die Woord van God nodig het.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
6006937147461

Geskenke/Gifts: Motiverings Kaartjies / Motivational Cards

Geskenke/Gifts  -  Motiverings Kaartjies / Motivational Cards
R 109
Blikkie - Die pragtige kaartjies met waterverf-kunswerk is ideaal om God se goedheid met ander te deel. Die 50 kaartjies van Inspirasie uit die Woord is aan beide kante gedruk en bevat Bybelse waarhede wat die hart en siel van vroue sal voed.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431622566

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 40
Huiswerk, sport- en kultuuraktiwiteite maak 'n meisie se dag baie gou baie besig. Dit word egter soms so besig dat 'n mens totaal oorweldig voel. Dit is wanneer jy by die Vader moet gaan stilword sodat Hy jou kan vul met sy krag en hoop. Stilwordtye saam met God vir meisies bied 90 kort, inspirerende gedagtes wat meisies sal bemoedig en versterk. Meisies kan enige tyd van die dag nadink oor hierdie inspirerende oordenkings.
Publikasiedatum: 2020-12-15
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431623990

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 99
Wysheid uit die Woord vir vroue bied vir vroue Bybelse antwoorde en woorde van bemoediging in die lewensareas waar hulle dit die nodigste het.
Hierdie pragtige tweekleur-boekie fokus op tydlose waarhede oor 100 onderwerpe, soos geloof, liefde, selfwaarde, voorkoms en vreugde. Daar is ;n alfabetiese indeks agter in sodat vroue die antwoorde wat hulle soek, maklik kan opspoor. Elke onderwerp bied diepgaande vrae met Bybelse antwoorde uit die Skrif.
Publikasiedatum: 2020-09-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415337141

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 200
Bedtyd is 'n kosbare tyd van die dag om saam met jou kind deur te bring.Raak saam met jou kleinding rustig ná al die dag se bedrywighede en geniet 'n leesuur uit die Woord van God. Ontdek hoe Hy ons daagliks daaraan herinner hoe lief Hy ons het en dat Hy vir ons sorg. Jesus-stories vir slaaptyd bestaan uit 'n versameling gebede en oordenkings geskryf deur 'n wye verskeidenheid pastors en ander kerkleiers. Die boek bevat lesse oor onderwerpe soos dankbaarheid, gehoorsaamheid, vertroue in God, vriendelikheid, liefde vir jou naaste en talle meer. Die Woord kry lewe deur eenvoudige taal en pragtige illustrasies. Jesus-stories vir slaaptyd sal jou kind help om die waarde en vreugde van daaglikse stiltetyd te verstaan.
Publikasiedatum: 2020-08-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770000582

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 20
Hierdie boekie vertel in breë trekke verhale oor die skepping, Jesus se geboorte en werk op aarde, die opstanding en ook die hemelvaart. Tussendeur is daar gedeeltes wat as 'n gesinsgesprek tussen ouers en kinders aangebied word. Op dié manier word die waarhede van God se liefde en vergifnis prakties uit-gebeeld. Dit beantwoord ook kernvrae waaroor kinders dalk kan wonder. Die belangrikste storie ooit vertel is veral nuttig in evangelisasiewerk, maar kan ook sommer net gebruik word om die goeie nuus met jou vriende en familie te deel. Die boekie het kleurryke illustrasies en is beskikbaar in agt tale: Afrikaans, Engels, Sotho, Xhosa, Zulu, Tswana, Kimwani en Portugees.
Publikasiedatum: 2020-08-01
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431625314

Christelik - Kinders: Bordboeke

Christelik - Kinders  -  Bordboeke
R 169
'n Ouer se dae is propvol dinge wat gedoen en onthou moet word. Ná 'n besige dag is 'n mens dankbaar vir enigiets wat die lewe vir jou makliker maak. My slaaptyd-Storiebybel maak die besluit oor wat om met slaaptyd te lees kinderspeletjies. Kinders tussen 3 en 6 sal baie hou van die 20 kort en eenvoudige stories uit die Ou en Nuwe Testament. Klassieke verhale oor die skepping, Noag, Moses, Daniël en Jesus se lewe stel jou kind bekend aan God se Woord en skep die regte atmosfeer vir soete drome.
Jou kleinding sal graag My slaaptyd-Storiebybel aan sy stewige handvatseltjie bed toe dra en die dag afsluit met 'n slaaptyd-storie uit God se Woord.
Publikasiedatum: 2020-06-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431623495

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 179
Die Bybel is vol beloftes wat God vir sy kinders gemaak het. Een van die bekendste beloftes, is die een wat Hy aan Noag gemaak het en die reënboog as teken daarvoor gegee het. In Noag se ark word hierdie storie eenvoudig oorvertel sodat kleingoed dit maklik sal verstaan. Die kleurvolle illustrasies tesame met die unieke manier hoe die kartonbladsye gesny is om sommer ook 'n handvatsel te skep, sal hierdie kartonboekie gou 'n gunsteling maak van kinders tussen 0 en 3 jaar.
Publikasiedatum: 2020-04-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618965

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 100
Egskeiding voel soms erger as die dood. Behalwe dat jou lewensmaat nie meer aan jou sy is nie, is daar tallose aspekte wat jy moet hanteer wat jou emosioneel, fisies, finansieel en ook geestelik verpletter kan laat voel. Egskeiding - hoe nou verder? wil jou met praktiese voorstelle help om weg te draai van die verlede en te bou aan jou lewe wat voorlê - 'n lewe waarin jy selfs sterkter kan wees as toe jy getrou het. Dit hanteer geestelike, emosionele, finansiële en fisiese aspekte rondom egskeiding, asook aspekte wat jou kinders raak, soos verhuising en gedeelde ouerskap. Daar is plek in die boek om jou gevoelens neer te skryf oor dinge soos woede, alleenheid en verwerping. Dit bevat ook idees vir finansiële beplanning, stiltetyd, nuwe gesinstradisies en pret saam met jou kinders.
Egskeiding - hoe nou verder? sal jou oortuig jy kan nou reeds ervaar dat jy oukei gaan wees al voel jy platgeslaan.
Publikasiedatum: 2019-06-15
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431623662

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 169
Die beste manier om die dag te begin is deur tyd aan God en sy Woord af te staan. So word ons versterk om die uitdagings wat voorlê die hoof te bied, maar ook om ingestel te wees op God se hand en die wonders wat daardeur in ons lewe plaasvind. Daaglikse lig vir mans is 'n klassieke versameling van 366 oordenkings spesiaal vir mans. Elke oordenking is 'n versameling teksverse wat só saamgevoeg is dat die dag se stukkie 'n eenheid vorm wat God se woorde oor daardie onderwerp pragtig saamvat. Hierdie besondere boekie sal bydra tot dae gevul met die wonder van God en sy beloftes wat vir altyd van krag is.
Publikasiedatum: 2019-06-15
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.