●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Bennie Mostert

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431624997

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 199
Baie gelowiges hunker na 'n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se geloofslewe moet lê:

• Geloofsekerheid
• Groei
• Gehoorsaam
• Groepe
• Gawes
• Getuig
• Genade
• Gebed
• Gaan
• Gee
• Genesing
• Gesin

12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat 'n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as 'n handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Publikasiedatum: 2021-02-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624980

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 199
Die meeste mense besef die belangrikheid van gebed en ons weet ook dat Jesus in sy aardse bediening gereeld gebid het. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? Doelgerigte gebed is 'n “gebedskool” of handleiding wat ten doel het om mense prakties te laat bid. Dit bied 40 onderwerpe wat lesers stap vir stap wys hoe hulle die Skrif kan bid. Elke onderwerp word ondersteun deur teksverse wat reeds verwerk is tot gebede of as riglyn gebruik kan word. Aan die einde van die boek is 'n studiegids waarin lesers hulle daaglikse vordering in die 40 dae kan meet. Doelgerigte gebed is 'n praktiese gids wat Christene sal wys hoe om die Skrif te gebruik in hulle gebedstyd saam met die Vader.
Publikasiedatum: 2019-06-15
Laai in mandjie
Voorraad by verskaffer - Versending binne 3 tot 8 werksdae
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431622498

Christelik / Christian: Mans / Men's Interest

Christelik / Christian  -  Mans / Men's Interest
R 150
Daar word baie en maklik gepraat oor alles wat verkeerd is in ons samelewing. Die oplossings kom egter nie so maklik nie, en antwoorde soos “kom ons leef positief en maak die beste van 'n slegte saak” is net nie genoeg om werklik 'n verskil te maak nie.
In Man van God fokus bekende skrywer Bennie Mostert spesifiek op die moderne Christenman, en die verantwoordelikheid wat mans moet opneem om by te dra tot die herstel van die geestelike dimensie van ons samelewing.
In drie afdelings word daar gefokus op:
· Die eienskappe van 'n ware man van God
· Hoe 'n man van God teenoor sy kinders moet optree
· Riglyne waarvolgens die man van God in gebed kan intree vir sy vrou, kinders en die werk­plek.
God wil Christenmanne gebruik om die wêreld te verander. Man van God bevat waardevolle riglyne wat hulle sal help om werklik te leef soos die Vader dit bedoel het.
Publikasiedatum: 2019-05-10
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431615704

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 140
Daar is uiteenlopende standpunte oor die geesteswêreld: sommige mense ontken die bestaan van demone en ander gaan weer oorboord daarmee. Bennie Mostert het hierdie verwarring gesien en Gewapen vir die geestelike stryd geskryf om Christene op 'n praktiese manier toe te rus vir die geestelike stryd. Gelowiges moet die geestelike waarhede in die Skrif ken en verstaan, en dit prakties uitleef. In Gewapen vir die geestelike stryd gee Bennie Mostert die nodige toerusting om staande te bly teen aanvalle van die duiwel. Hy praat onder andere oor die gesag van die gelowige, die wapenrusting van God, die Heilige Gees en gebed as wapens in dié stryd. Gewapen vir die geestelike stryd is bedoel vir almal wat paraat wil wees in die stryd teen die Bose. Dit is voorheen uitgegee onder die titel Geestelike oorlogvoering.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.