●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●

Soek resultate: Alma Carstens

Results 1 to 15 of 25
Gesorteer volgens:  Posisie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781779870193

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
R 99Jy spaar R 11
Liefde ken nie reëls nie ... Nadat 'n bemoeisieke tante haar neus in haar sake steek, begin Nian teësinnig 'n nuwe pos by die familiesaak Durandt Ingelyf. Sy stamp egter dadelik koppe met die knorrige grootbaas… Reese Durandt moet as uitvoerende hoof 'n voorbeeld aan sy personeel stel. Daar is 'n rede hoekom maatskappybeleid romantiese verhoudings tussen kollegas verbied. Nian vryf hom buitendien uit die staanspoor verkeerd op. Hoekom kan die twee dan nie ophou om aan mekaar te dink nie? En wat voer daardie rooikopfeeks in Durandt se kantoor in die mou?
Publikasiedatum: 2024-03-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000039814

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 440
R 352Jy spaar R 88
*Reese se dilemma - Alma Carstens*
Liefde ken nie reëls nie. Nadat 'n bemoeisieke tante haar neus in haar sake steek, begin Nian teësinnig 'n nuwe pos by die familiesaak Durandt Ingelyf. Sy stamp egter dadelik koppe met die knorrige grootbaas. Reese Durandt moet as uitvoerende hoof 'n voorbeeld aan sy personeel stel. Daar is 'n rede hoekom maatskappybeleid romantiese verhoudings tussen kollegas verbied. Nian vryf hom buitendien uit die staanspoor verkeerd op. Hoekom kan die twee dan nie ophou om aan mekaar te dink nie? En wat voer daardie rooikopfeeks in Durandt se kantoor in die mou?
*Verlief op die hartebreker - Elize Davies*
Kan jeugliefde weer opvlam? As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter haar masker herken? Rudolph het nog altyd 'n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as kind soos 'n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli is verloof aan Louis. Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in 'n liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?
*In die hart van Lente - Felicia Snyman*
Soms loop liefde 'n ompad. Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood van hul goeie vriend en die letsel in haar nek… Stander stoei steeds met skuldgevoelens oor destyds, maar sy liefde vir Lente brand al hoe sterker. Sal hulle die spoke van die verlede kan verjaag of gaan hulle die maklike roete kies en met 'n hart vol letsels wegstap?
*Vereistes vir 'n trouman - Elsa Winckler*
Liefde van 'n hart onkant. Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok, die onthaal, die blomme. Sy het ook 'n lysie met die presiese vereistes vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook al mag wees, voldoen nie aan 'n enkele een van hierdie vereistes nie. Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly. Ryno het 'n oog vir 'n mooi vrou en Emily is een van die mooistes wat hy nog gesien het, maar hy weet hy kan nie vir haar gee wat sy wil hê nie. Trou en kinders kry is nie deel van sy toekomsplanne nie. Dan, op 'n dag, hou Emily in die gietende reën stil om 'n hond te red en kry nie haar motor weer aan die gang nie. Dis Ryno wat tot haar redding kom. Sal haar troumanlysie en sy planne in hul pad bly staan of sal die vonk tussen hulle die oorhand kry?
Publikasiedatum: 2024-03-30
Laai in mandjie
Let asseblief op die publikasie datum - versending sodra boek gepubliseer is
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359400

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Ellie se eerste onmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Reeds met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy haar geliefde hond, Rudolf, van sy eiendom kom verwyder. Al hou hy nie van honde nie, voel sy steeds verplig om die nuwe intrekker touwys te maak op die dorp. Simon keer terug na Bloubaai na twintig jaar in Hollywood as 'n suksesvolle draaiboekskrywer. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na 'n mor sige egskeiding wat in die openb aar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie...
Publikasiedatum: 2023-10-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9789000037940

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Jy is my droom - Alma Carstens*
Ellie se eerste onmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na 'n mor sige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie.
*Herberg vir die hart - Marilé Cloete*
Marike Marais is passievol oor haar werk as ontvangsdame by 'n kliniek vir geestesgesondheid. Ná 'n mislukte verhouding is sy vasberade om haar nooit weer aan 'n lyntjie te laat hou nie. Louis Calitz probeer 'n nuwe begin maak in die Boland as arbeidsterapeut by die kliniek. Hy pas gemaklik aan by die kliniek, maar op persoonlike vlak stoot hy vir Marike en hul ander kollegas van hom af weg.
*Spykerhakmeisie - Ann Hite Kemp*
Rozelle, 'n eiendomsagent, se paaie kruis met Hein toe sy hom 'n ou, spokerige herehuis gaan wys wat hy namens sy tannie gaan besigtig. Om te bepaal of die huis wel spook - 'n vereiste vir die kooptransaksie - reël sy 'n middernagtelike piekniek en oorslaap in die leë huis. Hein en Rozelle is nie voorbereid op die gevoelens wat vinnig tussen hulle ontwikkel nie. Toe daar 'n foto van hulle in die koerant verskyn waar hulle lepellê in die spookhuis, is die gort behoorlik gaar.
*In twee geskeur - Lizelle von Wielligh*
Die De Vries-tweeling lyk eenders. Jakob se oë kyk egter tot diep in Helena se siel en woel ongekende dinge in haar los - sóndige dinge. Hoe kan sy so aangetrokke tot hom wees terwyl sy verloof is aan sy broer, Daniel? Om enige misverstande te voorkom, besluit Helena om Jakob in die geheim te gaan ontmoet voor sy die volgende dag met Daniël trou. Dit loop uit op 'n soen wat verbode begeertes in haar aanwakker en haar net meer verwar.
Publikasiedatum: 2023-10-31
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776359165

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
Sal hul vriendskap dit oorleef?
Hulle is boesemvriende sedert kindsbeen en toe Erin besluit om 'n baba te kry, val haar keuse vir 'n skenker outomaties op Jay. In haar oë het hy die perfekte gene en tiek hy al die boksies van wat sy soek in die pa van haar kind. Maar Jay weier volstrek om haar te help. Hy het 'n vaste meisie en Erin is soos 'n suster vir hom. Buitendien dink hy sy is oorhaastig en moet eerder weer oor haar besluit gaan nadink. 'n Oorsese reis skep wantroue en kelder byna hulle vriendskap. Dit dwing hulle albei om selfondersoek te doen. Kan hulle mekaar ten volle vertrou met die waarheid?
Publikasiedatum: 2023-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9789000037827

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 400
*Die perfekte gene - Alma Carstens*
Sal hul vriendskap dit oorleef? Hulle is boesemvriende sedert kindsbeen en toe Erin besluit om 'n baba te kry, val haar keuse vir 'n skenker outomaties op Jay. 'n Oorsese reis skep wantroue en kelder byna hulle vriendskap. Dit dwing hulle albei om selfondersoek te doen. Kan hulle mekaar ten volle vertrou met die waarheid?
*Haar hart se ware tuiste - Corné van Rooyen*
Onvermydelike liefde. Twee jaar na die tragiese afsterwe van haar man, keer Liané Rautenbach terug na haar man se familieplaas, waar sy hartlik deur sy familie ontvang word. Veral haar oorlede man se broer, Mauritz. Sy is boonop onseker of Mauritz, net soos haar oorlede man, ook dalk ontrou kan wees aan haar. Kan Mauritz 'n lewe sonder ontrou vir haar bied of gaan haar onsekerheid in die pad van liefde staan?
*Roekeloos verlief - Rene van Zyl*
Gaan Steffie se roekeloosheid haar hierdie keer beloon?
Steffie Fritze, eienaar van 'n mobiele troeteldierspa wil beslis nie op die rak bly sit nie, maar haar pogings om die regte lewensmaat te kry, loop telkens op 'n ramp uit. Toe haar pad met die van speurkaptein Ivan von Beneke kruis, is sy in groot moeilikheid, nie net met die gereg nie, maar ook omdat sy blote aanraking haar hartritme roekeloos aantas. Die verhaal het die perfekte balans tussen humor en deurnis. Dit ondersoek verlies as tema, maar is ook 'n verhaal van hoop en tweede kanse.
*Sien jou in my drome - Elsa Winckler*
Biokinetikus Mina Strydom weet sy's anders. Soos haar Ierse Ouma Wilhelmina, voel sy ook mense vir wie sy lief is, se pyn aan. Haar bekommernis oor haar ma, twee sussies en drie vriendinne is erg genoeg, sy wil haar nie oor nóg mense bekommer nie. Dis hoekom trou en kinders kry nooit deel van haar toekoms kan wees nie. Maar toe beland sy in Louw de Ridder se arms en dit raak al hoe moeiliker om by haar voorneme te hou. 'n Kammaafspraak met geen bybedoelings vang Louw en Mina onkant toe hulle mekaar ewe skielik in hul drome begin ontmoet.
Publikasiedatum: 2023-07-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352418

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Is liefde genoeg om werklik te kan vergewe?
Lara bevind haar in 'n penarie toe Thailand se grense skielik weens die pandemie sluit. Nie net sit sy gestrand in 'n vreemde land na haar vakansie nie, haar finansies is ook in 'n beroerde toestand en sy moet dringend 'n uitkoms vind om te oorleef. Teagan ontmoet vir Lara wanneer sy as vrywilliger in die oerwoud noord van Chiang Mai gaan werk. Hy ontferm hom oor haar, maar alles is nie soos dit op die oog af lyk nie. Wanneer Lara die waarheid oor Teagen uitvind, stort haar wêreld in duie. Sy het dan juis so gesukkel om hom te vertrou. Is liefde genoeg of is die prys vir vergifnis te hoog?

Die verhaal speel af in die oerwoude van Thailand met pragtige natuurskoon. Die agtergrond van die verhaal is tydens die pandemie en gee 'n werklike voorbeeld van die effek daarvan op reisigers.
Publikasiedatum: 2022-06-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781776353828

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
TYD SAL LEER:
Sienna gaan soek 'n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer 'n avontuur as 'n vakansie. Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?

SY LIEFDESPLAN:
Janneman Malan val Kate se lewe letterlik binne. In 'n oogwink woon hy en sy hand onder haar dak, teken sy haar vryheid weg, trou en beland op 'n privaat straler Londen toe. Maar sy het geen keuse nie.

DORING IN HAAAR VLEES:
Annika Eksteen en Connor Volschenk ding mee om dieselfde huurkontrak. Die eienaar van die perseel kan nie besluit aan wie hy dit moet toeken nie en nooi albei om die Paasnaweek by sy seeehuis deur te bring...
Publikasiedatum: 2022-01-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781776353798

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
ONTWYKENDE ALLEENLOPER:
Vir meer as 'n jaar sukker Donnalie Strauss om 'n onderhoud met Ruben du Toit, 'n aantreklike maar ontwykende miljoener, te bewerkstellig. Toe haar kans aanbreek, is dit glad nie wat sy verwag het nie.

LIEFDE SONDER VOORBEHOUD:
Lynette keer terug Suid-Afrika toe om advertensiewerk te doen, en sien vir Pierre weer. Sal hy nou verby haar beroep as model kan kyk, of sal hy haar altyd net as 'n mooi gesiggie sien?

KAAPSE DRAAI:
Lani gaan Kaap toe om vir 'n maand saam met 'n wildvreemde boer op sy plaas te bly. Maar waarom sou 'n man wat so aantreklik is, dit nodig vind om vir 'n vrou te adverteer?
Publikasiedatum: 2022-01-01
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639606187

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Haar hart behoort steeds aan hom. Trixane is amper dertig, ongetroud en leef met die vrees dat dieselfde vloek van haar voorgeslagte haar gaan tref. Haar ma en ouma het haar gewaarsku dat die vloek geen Walters-vrou spaar nie. Daarom het sy Marco laat belowe om met haar te trou as sy teen dertig nog nie getrou het nie. Maar dit was sestien jaar gelede en hy het waarskynlik lankal van die belofte vergeet. Hy is eintlik 'n vreemdeling. Sy herken hom egter dadelik toe sy hom weer sien en besef dat haar hart steeds net aan hom behoort. Temas soos jong liefde en bygelowe word in die verhaal geinkorporeer. Dit speel af in die Kaap en Mauritius, met die heldin wat 'n buite-egtelike kind is op soek na haar biologiese pa.
Publikasiedatum: 2021-03-24
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605524

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
'n Nuwe bruidegom Haar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe - Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau's te vlug, maar nie van haar haat nie. Verlore jare Isabella staan ná vyf en twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat. Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publikasiedatum: 2020-10-28
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799399332

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Soms lei 'n afdraaipad na die regte eindbestemming ... Ayla vind met 'n skok uit dat sy swanger is. Die simptome was daar, maar sy het bly hoop dat sy iets anders makeer. Sy is sedert haar skooljare verlief op Adam Durandt, die kroonprins van die Durandt-sakeryk. Maar sy en haar alkoholispa het aan die verkeerde en armste kant van die dorp, Bloekomlaan gebly. En in Randdahl bepaal 'n mens se agtergrond jou sosiale status. Daarom sal Ayla nooit goed genoeg wees vir die ryk Adam Durandt nie, al droom sy al jare lank oor hom. Haar pa is intussen oorlede, en sy sorg vir haarself en het baie drome vir haarself gehad - ook om uiteindelik Randdahl te verlaat. Haar swangerskap verpletter egter haar drome, ook nog meer toe Adam aanvanklik niks wil weet van die baba nie. Hulle het tydens 'n vriendin se verlowingspartytjie te ver gegaan, maar nou wil hy niks met die gevolge van daardie een aand te doen hê nie. Adam se skatryk familie verwag van hom om met die ewe ryk Patricia Bicknell te trou, maar dis glad nie wat hy wil hê nie. Aanvanklik lyk die nuus waarmee Ayla die mat onder sy voete uitruk na 'n ramp, maar hy besef gou dat dit eerder as 'n seën gesien moet word en hom die uitkoms bied waarna hy verlang. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Ayla se sonde is Alma Carstens se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: Lenteliefde (Februarie 2018), Somersprokie (Julie 2018), Winterdroom (Oktober 2018), Liefde uit Italië (Junie 2019), en Die onwillige strooimeisie (Desember 2019)
Publikasiedatum: 2020-05-13
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799396676

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie
Zita vra die onmoontlike van Anja. Om haar strooimeisie te wees is een ding, maar om darem in haar vriendin se afwesigheid vir Alec, Zita se verloofde, te moet help met hulle troureelings, is hopeloos te veel gevra. Want wat Zita nie weet nie, is dat Anja ook haar hart op Alec verloor het. Alec is 'n werkolis wat meeste van sy tyd op kantoor bestee, maar Zita oortuig hom om Anja te help om hulle troue te reël terwyl sy vir nege maande Londen toe gaan. Hy stem teensinnig in, maar sou nooit kon raai tot watter uiteinde hierdie besluit sou lei nie.

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Die onwillige strooimeisie is Alma Carstens se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
• Lenteliefde (Februarie 2018),
• Somersprokie (Julie 2018),
• Winterdroom (Oktober 2018), en
• Liefde uit Italië (Junie 2019).
Publikasiedatum: 2019-12-03
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799394696

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
'n Geliefde uit Italië Lisa se ma was 'n Suid-Afrikaner en al het sy by haar pa in Italië grootgeword, droom sy om haar ma se familie te ontmoet. Ten spyte van haar tante se waarskuwings, vlieg sy halsoorkop na Suid-Afrika om haar langverlore familie op te soek. Op Goedgevond vind sy egter uit dat alles nie is soos sy haar voorgestel het nie. Haar ma se jonger, aangenome broer, Werner, wantrou haar en glo sy is agter erfgoed aan. Al Lisa se pogings om hom van die teendeel te oortuig, misluk. Maar hy het nie rekening gehou met haar vurige Italiaanse humeur nie, so maklik laat sy haar nie verwilder nie. Liefde uit Italië is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon se boeke.
Publikasiedatum: 2019-06-06
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799387360

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Luca se obsessie - Alma Carstens
Miranda weier om net nog 'n merkie te word op die kerfstok van 'n lenige Italianer wat op 'n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.

Bestem vir liefde - Cheryl Rogers
Op skool was Christelle nes al die ander meisies dolverlief op Daniel Malan. Nou is hy nog aantrekliker as wat sy kan onthou, maar sy durf nie haar geluk op iemand anders se ongeluk bou nie.

Ek wiljou hê - Frenette van Wyk
Sugar is nou wel 'n mechanic en garage-eienaar maar sy is ook vrou. En onverwags bevind sy haar alleen saam met 'n aantreklike man op 'n 4x4-roete in 'n nag vol Bosveldsterre.
Publikasiedatum: 2019-02-11
Verskaffer uit voorraad uit. Geen bestellings kan aanvaar word nie

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.