●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Francois Smuts

Results 1 to 2 of 2
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624051527

Nie-fiksie / Non-fiction: Regte / Law

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Regte / Law
R 430
R 387Jy spaar R 43
Elkeen van ons word een of ander tyd met 'n regskwessie gekonfronteer. Of daar nou 'n bouer is wat jy wil dagvaar vir sy knoeiwerk aan jou huis, en of dit jou dogter is wat kom vertel dat jou skoonseun skielik van haar wil skei, die reg is iets waarvan jy kennis gaan moet neem.

Ook alledaagse situasies vereis dikwels regskennis. Jy het 'n kontrak nodig om 'n huiswerker aan te stel en jy het 'n testament nodig as jy familietwis na jou dood wil vermy.

Alles wat jy nog altyd wou weet van die reg, maar te bang was om te vra: Die Suid-Afrikaanse Reg: Wat elkeen moet weet is 'n verstaanbare en gesaghebbende oorsig van die regslandskap in Suid-Afrika.

Spaar jouself geld en slapelose nagte deur dié betroubare bron te raadpleeg voor jy in die prokureur se kantoor - of in die hof - beland.

Vind uit:
- watter slaggate om in kontrakte te vermy
- wat jou regte in die werksituasie is
- wat om te maak as die ongeluk jou tref
- hoe jy familieprobleme kan hanteer
- wat moeilike regsbegrippe beteken
- hoe hofprosedures werk
- waar jy om hulp kan aanklop
- hoe jy jou regskostes laag kan hou

Die Suid-Afrikaanse Reg: Wat elkeen moet weet verduidelik nie net bostaande en vele ander regsbeginsels in toeganklike taal nie, dit gee ook 'n mondvol praktiese raad oor 'n wye reeks probleme waarmee jy een of ander tyd te doene gaan kry.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795802201

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 224Jy spaar R 56
Dawid Neethling is 'n suksesvolle psigiater op Stellenbosch met 'n deeltydse pos by die universiteit, 'n knalgeel Porsche en 'n steriele huwelik. Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie.
Want Eva stel hom bekend aan die donker krag van die duende, wat 'n kunstenaar in staat stel om haar kuns só te beoefen dat sy haar toeskouers betower en meesleur.
Die duende maak van Dawid se lewe 'n maalkolk wat hom kort voor lank in die beskuldigdebank laat staan vir moord.
En dan begin onbeheersde kragte uitspeel wat uiteindelik sy eie lewe sal bedreig.
Publikasiedatum: 2020-06-24

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.