●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Chris Venter

Results 1 to 15 of 31
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624048428

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
Adriaan is 'n valerige seun en nie uitermate goed in enigiets nie. Sy hond, Willem, is 'n ander storie! Hy's eintlik 'n speurhond, 'n superspesiale geheime agent-hond. Dit vind Adriaan uit toe Willem hom doodluiters een oggend inlig dat hy 'n krat moet regkry sodat hulle daarin na Istanbul ge-'koerier' kan word.

Vanaf Istanbul lei die speurtog hulle ook na Venesië, Parys en Amsterdam - op 'n soektog na die boef Sybrand Swiffervalk. Uiteindelik kan Willem sy geheime sending afhandel en hulle avonture eindig in Engeland.

En dit terwyl Adriaan se ouers dink dat hy op 'n sokkertoer is . . .

Met swart-en-wit lyntekeninge deur Chris Venter.
Publikasiedatum: 2010-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799346770

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Karla Kriel met haar krullebol
hou glad nie van hare was nie.
Sy kam nie graag haar haarbos nie
en maak dit ook nooit vas nie.

Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks - 'n vreemde, klein pienk mannetjie besluit Karla se vuil, deurmekaar hare is die perfekte plek om 'n heerlike partytjie te hou ...
Publikasiedatum: 2010-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624053309

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Laeveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer.
Publikasiedatum: 2011-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624055082

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
In die vyfde boek in dié gewilde reeks moet Adriaan en Willem nogmaals die mensdom van 'n nare boef se gruwelike planne red. Maar soos dit dié gedugte span betaam, vind die aksie in een van die opwindendste wêreldstede van ons tyd plaas: New York.
Publikasiedatum: 2012-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798157100

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Kleuters
R 170
Die perfekte Alfabet-boek vir 4 - 6 jariges.
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624058779

Children: Fiction 10 to 12

Illustreerder: Chris Venter
Children  -  Fiction 10 to 12
R 160
Adrian is twelve years old and an only child. He spends a lot of time with his dog, William, which the family got from the SPCA a few years ago. But only Adrian knows William's secret: he understands human language AND he can talk! William reveals this to Adrian in the car on their very first trip home from the SPCA. But Adrian learns even more secrets about his dog in this book, the first of a series featuring the Adrian and William's adventures all over the world.
Under the pretence of going on a soccer tour Adrian and William, who is a dog detective ('dogtective'), make arrangements to travel to Istanbul, where, in true espionage-style action, William's contact awaits. From there the hunt for the villain Scurvy Scabscratch take them to Venice, Paris, Amsterdam and finally to London, where Brumbum's mansion holds the key to the disapperance of the Silver Tulip.
With black and white line drawings by Chris Venter.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798163101

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Prenteboeke
R 120
"Die geliefde karakters van KykNet se mees gewilde kinderreeks Tjiff en Tjaff verskyn in hierdie prettige lees- en leerboek vir jong kinders. Soos gewoonlik gaan die oulike groen tweeling, Tjiff en Tjaff, op allerhande uitstappies en nooi almal om te deel in hul avonture. Tjiff en Tjaff geniet dit om nuwe dinge te leer en hulle is ook lief vir speletjies en verrassings. Die vyf kort stories in hierdie boek is heerlik vir voorlees en net reg vir beginners wat self begin lees.
Tjiff en Tjaff baljaar op die strand, gaan kuier op die plaas, speel soek-soek en skool-skool en maak raai-speletjies en rympies op met verskillende verrassings uit die geheime boks in die speelkamer. Saam leer hulle van kleure, vorms, getalle, eerste woorde en vele meer."
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799345186

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624054924

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 155
Die ergste plaag denkbaar tref Laerskool Tierkop: kopluise! Nina en Jessie kom toevalllig af op bewyse dat dié plaag deur 'n tydelike onderwyseres, juf. Morkel, begin is. Maar waarom sal sy die skool se naam skade wil doen? En hoe gemaak om die luise uit te roei, EN die skuldige aan die kaak te stel?
Die hoof en ander onderwysers sal mos nooit twee graad vyfs se storie glo nie. Gelukkig is die Entrepreneursdag om die draai, en Nina en Jessie weet presies hoe om hulle plan uit te voer. Hulle het net die hele skool se samewerking nodig . . .
Publikasiedatum: 2014-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199265

Kinders: Versamelbundels

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Versamelbundels
R 200
Avontuurland is 'n pragtige kinderboek met bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner. Dit was oorspronklik deel van 'n reeks van ses bundels, onder andere Kammaland, Kinderland, Kleuterland, Diereland en Storieland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan jong kinders en selflees deur kinders in Graad 3 en hoër en is daarop gemik om die verbeeldingswêreld en avontuurlus van die jong kind te prikkel. Protea publiseer dit in 'n nuwer, moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan 'n nuwe generasie bekend te stel.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624068396

Children: Fiction 10 to 12

Illustreerder: Chris Venter
Children  -  Fiction 10 to 12
R 160
In their fourth adventure together William and Alex go to Baikonur in Kazakhstan, from where they are launched into space to investigate a mysterious problem with the International Space Station's oxygen supply. Here they meet William's old friend Boris, another dogtective, who reveals some interesting facts about William's past, to Alex's great delight.
Publikasiedatum: 2014-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624068907

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 175
In hierdie sesde avontuur is Adriaan en Willem nader aan eie bodem aan die werk: in Nambi� moet hulle 'n bende diamantsmokkelaars help vasvat. Maar hier moet hulle met 'n ander betroemde speurhond saamwerk: sersant-majoor Maximiliaan. Hulle is net nie so seker of hy en sy patrolliemaat, konstabel Kolgans, vertrou kan word nie . . . Die ander titels is Speurhond Willem op reis, Speurhond Willem en die seerowers, Speurhond Willem en die wilddiewe en Speurhond Willem in die ruimte en Speurhond Willem in New York.
Publikasiedatum: 2014-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799367188

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
'nTiaan se bababoetie hou daarvan om knoppies te druk.
'Moenie die knoppie druk nie!' skree Ma en Pa elke keer.
Maar dit is elke keer te laat.
Op 'n dag gaan doen Tiaan en sy gesin inkopies. Sy boetie beland in 'n REUSAGTIGE geel stootskraper en druk 'n knoppie ...
Die stootskraper begin dreun en GROMMM!
'Stop daardie stootskraper!' skree almal.
Maar Tiaan is die enigste een wat 'n plan het.

Lekker lawwe, lawaaierige, holderstebolder kleuterboek oor een van die onweerstaanbaarste dinge op aarde - 'n knoppie wat smeek om gedruk te word!

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 100 boeke vir tieners, kinders en kleuters. Sy bekroonde prenteboeke soos Liewe land, 'n olifant! en Waarvoor is seerowers bang? is gunstelinge op vele kinders se boekrakke. Meer as 650 000 kopieë van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en negentien ATKV-Kinderboektoeken-nings.
Chris Venter is tans een van die gewildste en talentvolste jong illusteerders in Suid-Afrika. Sy illustrasies pryk in talle Jaco Jacobs-boeke.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799347401

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
Is jy dapper genoeg om in die kas te loer?
Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Vincent iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799347418

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
Is jy dapper genoeg om in die kas te loer?
Die kas in Vincent se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Vincent en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees!
Publikasiedatum: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.