●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Troula Goosen

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181006

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 136Jy spaar R 34
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy 'n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter 'n meisie in 'n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op 'n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, 'n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? 'n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie­, avontuur­ en spookverhaal is.
Publikasiedatum: 2020-07-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178976

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 153Jy spaar R 17
Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by 'n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as 'n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle 'n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .
Publikasiedatum: 2019-07-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176699

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
R 153Jy spaar R 17
Gabriel skrik wakker in 'n vreemde stad sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Was hy die vorige dag nog in Amsterdam? Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie - en in die begraafplaas is 'n graf met sy naam op. Die mooi slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy regtig is, maar 'n Khoi seun met 'n vreemde klip spook by hom. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed . . .
Publikasiedatum: 2018-06-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624082873

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
R 144Jy spaar R 16
Kate se pa kanselleer hulle Durban-vakansie en sleep haar saam na Kaimanskuil, 'n plaas in die Klein-Karoo waar hy grootgeword het. Sommer met die intrapslag gee die spokerige plaas en sy weird mense Kate koue rillings, maar stormweer laat die drif afkom en hulle is vasgekeer. In die donker kloof agter die opstal word Kate se tergende vrae beantwoord: Skuil daar regtig 'n meermin in die riviere van die Klein-Karoo? En wat het sy met haar, Kate, te doen?
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485304074

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 160
R 144Jy spaar R 16
Spooksoene is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin, Roxy, geboelie word. Sy ontvang 'n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld, Voltaire-X, se nuwe riller verfilm word. Micki brand om 'n rol teenoor Voltaire los te slaan, maar het nie 'n kans teen die beeldskone Roxy nie. Boonop kom sy gou agter alles is nie pluis in die Spookhotel nie ... Hoe oorkom jy 'n yslike puisie op jou neus, 'n aanstellerige vriendin en grillerige ligte wat jou snags na kamer 13 lok? Wat is agter die toe deur? En wie is die Sieleslurper? Micki ontmoet vir Aldo, 'n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, en saam beleef hulle 'n avontuur waarin hulle die spokerige geheim ontrafel. Wanneer Micki uiteindelik van aangesig tot aangesig kom met die Sieleslurper, kan sy haar eie oë nie glo nie ...
Publikasiedatum: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.