Soek resultate: Susan Coetzer

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320490

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 240
R 192Jy spaar R 48
In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag 'n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe - om jou innerlik te versterk as mens. Dit is 'n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.
Publikasiedatum: 2018-07-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176569

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 236Jy spaar R 59
“Ek wil 'n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.
“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.
“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos 'n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur 'n sogenaamde ridder op 'n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en 'n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is nie pluis nie …
Publikasiedatum: 2018-05-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206741

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 289
R 231Jy spaar R 58
Oros vir die Siel
Custard vir die Siel
Tjoklits vir die Siel

Oros vir die siel is die verhaal van 'n vrou wat die gat in haar binneste wil volmaak. Sy probeer die Oros vir haar siel vind, dit wat haar ma altyd ontwyk het. Maar sy soek dit in drank, dwelms, seks en geld.

Custard vir die siel is die verhaal van 'n vrou wie se lewe goed lyk, maar eintlik is dit besig om uitmekaar te val. Sy vergryp haar aan soetgoed en Ingrid se poësie. Haar man neem haar terug na haar geboorteland, waar sy haar pyn in purpose omskep. Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar.

Tjoklits vir die siel is die verhaal van vier vroue, Suzanne, Christel, Adri en Lisa, wat voorgee dat hulle lewe die ene glitz en glamour is. Maar eintlik is dit vol pyn en drama. Wanneer Suzanne se dogter deur 'n slegte tyd gaan, laat dit hulle besef dat daar groter probleme is as menopouse, spykerhakke en Botox.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206208

Christelik / Christian: Bibles

Christelik / Christian  -  Bibles
R 190
R 152Jy spaar R 38
Jy kan die Nuwe Testament van voor tot agter deurlees in 365 dae!

Dié Bybelvertaling is spesiaal deur Hennie Stander, Stephan Joubert en Jan van der Watt gedoen en aangepas, in 'n taal wat met vroue se harte praat.

Dit is eenvoudig geskryf sodat dit lekker lees en die boodskap maklik en duidelik oorgedra word.

Wat hierdie Bybel verder uniek maak, is die groter kantlyne waarin jy jou gedagtes en gevoelens kan neerskryf.

By elke dag is daar 'n kreatiewe vraag of opdrag deur Susan Coetzer, wat help om die gedeelte wat jy gelees het, op jou lewe van toepassing te maak.

Gebruik die joernaalruimte onder meer vir ...

Doen-dinge om jou geloof uit te leef
'n Gebedslysie vir wie en waarvoor jy wil bid
Lysies van dinge om voor dankie te sê
'n Kans om sommer net te teken of te doodle
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205959

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

Christelik / Christian  -  Vroue / Women's Interest
R 120
R 96Jy spaar R 24
Hoe kry jy dit reg om jouself te herlaai en net asem te skep as alles wat moontlik verkeerd kan loop op een slag gebeur?

Ousus het met 'n dik mond uit die bed geklim, die melk is net genoeg vir een koppie koffie, en daar is nog drie ander wat ook moet kry! By die werk laat weet boetie sy taak lê nog by die huis en hy het dit nou nodig of dis 'n nul vir gisteraand se laat werk. En boonop verstaan jou kollega by die werk nie dat jy eintlik baie besig is nie.

As jy al sulke dae beleef het, weet jy dat daar nie sommer iets is wat dit kan omkeer nie. Die issues raak net groter en jou irritasievlakke skiet deur die dak. Later byt jy almal se koppe af en selfs die hond loop wye draaie om jou. Dan is dit tyd dat jy Susan Coetzer se nuwe boek, Mamma het 'n breek nodig, vir jou koop.

Sy sal jou op haar humoristiese manier vertel dat sy ook sulke dae beleef en hoe jy dit beter kan maak. Of dit nou is met 'n lekker stappie om die blok, 'n glas wyn of om terug te grom vir die probleme. Susan se boek sal jou dag beter maak.

Sit terug en lees lekker
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204679

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 120
R 96Jy spaar R 24
Hierdie aanhalings vertel van die Pottebakker wat uit elke einde 'n nuwe begin skep. Van die Gees wat jou harde hart sag maak sodat jy heling en geluk kan vind. En dat vrede begin by die bewustheid van God se heilige teenwoordigheid binne-in jou wat jou nooit verlaat nie.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432203580

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 170
R 136Jy spaar R 34
Kath-Lien Kaarstens ... Wil die pad vat, terug na Langebaan, maar tussendeur die wolkbreuk van trane vat die afdraai terug na Thea van Rensburg se kamers ... 'n kliniese sielkundige wat in haar verlede, lewe en huwelik inklim. Haar ontbloot in die koue kamer, sonder enige iets om dit bietjie op te helder, net 'n beige bank en boks tissues.
'Hoe praat jy oor jouself wanneer 'n tsunami jou nou net getref het,' vra sy vir Thea.
Die beeld van haar man en die blonde meisiekind is steeds vas in haar geheue, want volgens hom is hulle mos reeds geskei, sonder papiere of 'n gesamentlike sitting, net so.
Kom vat die reis saam met Kath-Lien deur die jaar van verandering. Deel saam in haar lag, huis, seerkry en haar goeie vriendinne wat die bekende skrywer het om haar net te laat onthou dat vriende die lewe die moeite werd maak.
Wat op die einde gebeur, gaan jy moet wag en sien, maar met hierdie 12 hoofstukke gaan jy meegesleur word, saam met haar lag oor al die sêgoed, huil oor al die seerkry en jouself, of iemand wat jy ken daarin sien.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770312807

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 150
R 120Jy spaar R 30
Vier vroue in hul veertigs.
Aan die buitekant all glitz and glam, maar onder draai die duiwel rond...
Publikasiedatum: 2012-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.