AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA

Soek resultate: Stephen Wallace

Results 1 to 7 of 7
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799392401

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 200
R 180Jy spaar R 20
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus!
Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse!
Pasop vir die feetjies
Is daar regtig iets soos feetjies? Natuurlik nie! Wie glo nou in piepklein meisietjies wat kamma kan vlieg en heeldag blomme verf? Beslis nie die ondeunde tweeling Dieter en Pieter nie. Maar Lienke en Nonkwe glo in feetjies. Hulle glo daar bly feetjies in 'n ou boomstam in die biblioteek se tuin. Daarom besluit Dieter en Pieter om die meisies 'n poets te bak. Hulle maak superstink Feetjie-Vlug-Formule en gooi dit in die ou boomstam!
Kort voor lank kry die tweeling 'n nare verrassing - twee omgekrapte, ongemanierde besoekers ... 'n Prettige skaterlagstorie met 'n belangrike les - moenie met 'n feetjie skoorsoek nie!
Borrels
Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ... Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ... Ontdek hoeveel pret dit kan wees as die nuwe meisie in jou klas 'n meermin is! 'n Verbeeldingryke storie met 'n bewaringstema, ideaal vir beginnerlesers.
Superboetie
Ryno Rademan is moeg daarvoor om die oudste broer van 'n superheld te wees. Ja, jy het reg gelees. Sy bababoetie is 'n superheld. Die nag toe hy gebore is, het 'n meteoriet die dorp getref. Dit het hom spesiale kragte gegee. Hy red mense uit brandende geboue en roei misdaad uit - al maak hy nog gereeld sy doeke vuil. Maar op 'n dag besluit Ryno se ma om sy bababoetie vir 'n kompetisie in te skryf ... en hulle kom van aangesig tot aangesig met 'n baba-skurk! Kan Ryno sy boetie uit die kloue van die boosaardige baba red - voor dit te laat is?
Koebaai Gorilla
WAARSKUWING! Hierdie storie STINK! Hein beland gedurig in die moeilikheid omdat sy beste pel, Morné, hom uitdaag om simpel goed aan te vang. Simpel goed soos om 'n asblik op sy kop skool toe te dra. Hein neem hom voor dat hy klaar is met hierdie soort grappies. Maar teen sy sin aanvaar Hein wéér sy Morné se nuutste uitdaging ... Hy moet 'n hele week lank oorleef sonder 'n tandeborsel. Of vlos. Of pepermente. Of van daardie aaklige groen gorrelgoed. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Maar kort voor lank ruk dinge hand-uit ... 'n Stink storie wat jou sal laat skaterlag ... terwyl jy jou neus toeknyp!
Die probleem met dinosourusse
As jou vriende 'n klomp REUSE, RASERIGE dinosourusse is, kan dinge nogal moeilik raak. Veral as hulle boonop saam skool toe gaan. Maar die probleem met dinosourusse … is dat jy nooit lank vir hulle kwaad kan bly nie!
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391312

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 135Jy spaar R 15
Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus.
- Die verlore eiland
Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die geheimsinnige Ogopogo?
- Daar is vlooie in my bed
Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit
ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon ...
- Die towerpotlood
Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan 'n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur 'n vreemde ding op pad skool toe - Ronnie kry 'n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?
Publikasiedatum: 2019-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085454

Children: Picture books

Illustreerder: Stephen Wallace
Children  -  Picture books
R 160
R 144Jy spaar R 16
Did you know that imaginary friends go to school? They learn who their human friend will be and how to be their best friend. Mr Goo is Ted's imaginary friend, but Ted wants nothing to do with him! What to do? The fantasy world created by award winning illustrator Stephen Wallace will delight little ones and teach them the value of good friends and working together to solve a problem.
Publikasiedatum: 2018-09-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624085461

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
R 144Jy spaar R 16
Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam  by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar!
Publikasiedatum: 2018-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388589

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 126Jy spaar R 14
Hy's rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag!
Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in 'n kompetisie wen: 'n regte egte ... ROFSTOEIER!
Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie 'n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy 'n tatoe. En hy gaan vir 'n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!
Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit 'n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie.
Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos 'n seuntjie in 'n waspoeier-advertensie. Maar hy is 'n regte boelie. Die soort wat nie eens vir 'n rofstoeier skrik nie.
Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.
En Max het boonop 'n geheim van sy eie ...
Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir 'n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!
Publikasiedatum: 2018-05-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799383683

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 135
R 122Jy spaar R 13
'n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik!
Op 'n dag kry Nathan 'n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is 'n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek.
En hy is nie sommer 'n gewone hamster nie ... hy het 'n ongelooflike superkrag!
Nathan vat vir Skwiek saam skool toe. Hy gebruik hom om die onnies en die skoolboelie te hipnotiseer! Dis groot pret!
Maar dan vind Nathan uit Skwiek is op 'n geheime sending ... en 'n gevaarlike skurk is warm op hul spoor.
'n Skreeusnaakse, aksiebelaaide avontuur vol skurke, jaagtogte, geheime agente, kaaskrulle ... en hamster-hipnose!
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799366709

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 113Jy spaar R 12
WAARSKUWING! Hierdie storie STINK! Hein beland gedurig in die moeilikheid omdat sy beste pel, Morne, hom uitdaag om simpel goed aan te vang. Simpel goed soos om 'n asblik op sy kop skool toe te dra. Hein neem hom voor hy is klaar met hierdie soort grappies. Maar teen sy sin aanvaar Hein weer Morne se nuutste uitdaging ...
Publikasiedatum: 2014-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.