●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Sally Ann Wright

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623259

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 349
Dit kan 'n uitdaging wees om daaglikse stiltetyd 'n gewoonte te maak vir kinders. Maar om die Bybel te lees, of ons dit saam doen of alleen, en of ons jonk of oud is, help ons om God te leer ken en te weet wat sy wil vir ons is. Familie Storiebybel-oordenkings maak Bybellees 'n fees vir kinders tussen 6 en 10.
Al word die Bybelstories oorvertel vir 'n jonger gehoor, is dit gebaseer op amptelike, vertroude Bybelvertalings, en daar is deurgaans verwysings na waar die storie in die Bybel gekry kan word. Die 365 stories het elkeen 'n prikkelende gedagte of vraag, asook 'n gebed om kinders en volwassenes te help om die boodskap van die Bybel hul eie te maak.
Familie Storiebybel-oordenkings is ideaal vir huisgodsdiens, of kinders kan dit self in hul stiltetyd gebruik. As jy die oordenkings in Bybelvolgorde wil lees, kan die indeks agterin jou help om dit maklik op te spoor.
Publikasiedatum: 2021-04-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624782

Christelik / Christian: Ouerskap / Parenting

Christelik / Christian  -  Ouerskap / Parenting
R 39
Waar kom babas vandaan? is 'n liefdevolle, sensitiewe bespreking van die vreugdes van 'n nuwe lewe. Hierdie pragtig geïllustreerde storie bied vir jong kinders God-gesentreerde antwoorde vir vrae oor hoe die lewe begin. Spesiale klem word ook gelê op die feit dat God elke persoon uniek gemaak het, dat Hy ons reeds ken en liefhef van voor ons geboorte af en dat ouers ook elke kind op 'n unieke manier liefhet. Waar kom babas vandaan? is ideaal vir ouers wat 'n tweede baba verwag of vir dié wie se kleinding begin vrae vra oor die lewe.
Publikasiedatum: 2020-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781415341797

Christelik - Kinders: Kleuters

Christelik - Kinders  -  Kleuters
R 100
Hierdie eerste gebedeboek vir kinders wil kleingoed leer hoe om hulle lewe met God te deel. Die eerste stap is om te besef dat God hulle Hemelse Vader is wat baie lief is vir hulle en wil hê dat hulle moet Hom leer ken. Die eenvoudige, pragtig geïllustreerde gebede sal kinders help om nader aan God te kom, om Hom te prys en vir Hom dankie te sê, om jammer te sê, en om sy hulp te vra. So word kinders telkens herinner van God se liefde vir hulle en die seëninge wat Hy elke dag vir ons gee. My eerste gebede bevat gebede vir 'n verskeidenheid situasies en onderwerpe en is ideaal vir beginners van 3 jaar en ouer.
Publikasiedatum: 2020-05-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431623099

Christelik - Kinders: Bybels

Illustreerder: Honor Ayres
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 169
'n Versameling gebede om saam met kinders te lees.

Gebede vir kleingoed is die ideale wegspringplek om jong harte te wys hoe om alles in hulle lewe met God te deel.
Publikasiedatum: 2019-09-09

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.