●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: ROMANZA JULIE 2022

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352159

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Ware liefde het nog nooit so soet gesmaak nie
Fouché steur hom nie aan sy pa se deurmekaar praatjies in die hospitaal nie. Tot die aand toe sy pa sterf en Fouch é ʼn skokkende ontdekking agter in sy Bybel maak. Watter tipe verhouding het sy pa met bloedjong Elmarie Coetzee gehad? Elmarie is nederig, lief vir die Here, het 'n oop hand vir die armes en hoë morele waardes. Onbewustelik krap sy Fouché se planne om haar te ontmasker deurmekaar. Hoe beter hy haar leer ken, hoe moeiliker vind hy dit om te glo sy is skuldig. Boonop begin hy sy hart op haar verloor. Dít terwyl hy baie goed weet liefde is niks anders as ʼn seepbel wat wag om te bars nie. Wanneer die waarheid eindelik uitkom, is die skade onherroeplik. Sal Elmarie hom kan vergewe en glo dat hy werklik lief is vir haar?

Soeter as nougat is die vierde boek in die Soeter-reeks, wat volg op Soeter as tjoklits, Soeter as fudge en Soeter as kondensmelk.
Publikasiedatum: 2022-07-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352432

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Liefde is altyd die moeite werd om voor te veg
Ná 'n verhoudingsdroogte van twee jaar, raadpleeg arbeidsterapeut Lulu du Randt 'n man wat hom uitgee vir 'n verhoudingsraadgewer. Onbewustelik skop sy Kobus Botha, alias Romeo Montague, se voete heeltemal onder hom uit met hul eerste ontmoeting. Hy trap tydens die sessie só klei dat Lulu eerder op die rak sal bly sit as in sy kamtige spreekkamer. Dit neem nie lank nie voordat sy besef dat die einste Kobus baie beter vaar in die liefde se praktiese sy as met die teorie. Kobus se vriende maak die lewe ook nie vir hom makliker wanneer dit kom by sy verhouding met Lulu nie. Sy word Kobus se grootste uitdaging en hy werp alles in die stryd tot geluk. Maar is dit genoeg om Lulu se hart te wen?
Publikasiedatum: 2022-07-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352098

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Is liefde genoeg om werklik te kan vergewe?
Amelia besef haar besluit om te gaan kyk waar haar wortels tussen die Rooiberge in die Noord-Oos-Vrystaat begrawe lê, is onverstaanbaar vir haar aangenome familie. Sy wil egter antwoorde gaan soek. Wie was haar biologiese ma regtig en waarom het geen familie haar probeer opspoor na haar ma se skielike dood toe sy nog 'n baba was nie? Tussen die stofstrate van Clarens vind sy egter meer as waarop sy gereken het en verloor haar hart onverwags in die proses. Dirk word daardie iemand êrens wat sy so heldhaftig in haar dagboek aangeteken het, maar nooit gedink het sy eendag gaan ontmoet nie. Net jammer sy is nie seker waar “klitsgras Christie” in sy lewe pas nie.
Publikasiedatum: 2022-07-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351756

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Is liefde genoeg om werklik te kan vergewe?
Op die oog af lyk dit of daar niks is wat Stella Smith nie kan doen nie. Sy kan dans met ʼn skinkbord vol drankies, haar stempel afdruk as sy saam met 'n gewilde country groep sing, ʼn lekkende kraan en stukkende pyp regmaak, blomme rangskik en selfs kerkorrel speel. Daar is egter iets wat sy nie kan doen nie: om normaal op te tree as Kyle White in die vertrek is. Kyle het sy toekoms en sy loopbaan deeglik beplan. Hy is op pad San Francisco toe. Daar sal hy nie net die seun van 'n goewerneur wees nie, maar ʼn talentvolle argitek in eie reg. Ridgeway is net ʼn vinnige stop voor dan, maar die ongelooflike sexy kroegmeisie Stella maak gevoelens in hom wakker en krap sy planne deurmekaar. Ongelukkig spook Stella se verlede nog te veel by haar om die toekoms met albei hande aan te gryp. Sy voel ook nie gereed om te deel wat vyf jaar gelede op Ridgeway gebeur het nie - al vertel die tatoes op haar liggaam ʼn groot deel van die storie.

Hart van goud is die vyfde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks. Dit is 'n heerlike ontvlugtingsreis na Colorado en San Francisco, en karakters uit haar vorige boeke maak ook hier hul verskyning. Didi is bekend daarvoor dat sy sensitiewe onderwerpe versigtig hanteer en toepaslike navorsing doen. Hierdie boek is geen uitsondering nie.
Publikasiedatum: 2022-07-31

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.