●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Piet Meiring

Results 1 to 2 of 2
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625468

Christelik / Christian: Dagstukke - Grootdruk / Devotionals Large Print

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Grootdruk / Devotionals Large Print
R 199
Soms gebeur die ondenkbare in 'n mens se lewe - 'n tragedie, siekte, finansiële verlies, trauma. Voeg daarby jou daaglikse stres en bekommernis. Die pad vorentoe kan maklik donker voel, asof 'n mens nie weet waarheen jy kan gaan vir leiding en versekering nie.
In sulke tye moet 'n mens nader kom aan God, is internasionaal erkende teoloog en skrywer Piet Meiring se boodskap in Die lig op my pad. Die 366 dagstukke neem jou op 'n geloofsreis deur verskeie gedeeltes in die Bybel wat jou opnuut verseker dat God altyd in beheer is, dat Hy ons enigste Troos is wat opnuut vir jou die lig kan laat deurbreek. Deur daagliks tyd deur te bring in die Woord ontdek jy vrede en sekerheid wat die wêreld nie kan bied nie.
Publikasiedatum: 2021-11-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431615124

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 140
"Gaan vertel die wêreld van My." Dit was Jesus se opdrag aan gewone mense. Mense soos Petrus, wat sy Here verloën het en die ongelowige Tomas, wat nie wou glo dat Jesus opgestaan het nie.
Piet Meiring se In die voetspore van Jesus bied vir lesers 'n blik op die mense agter die name waarvan ons in die Evangelies lees, soos:
- die dissipel Matteus, wat die oud-tollenaar Levi was, wat een van die Evangelies geskryf het.
- Jakobus en Johannes (die seuns van die donder) wat waarskynlik Jesus se neefs was.
In die voetspore van Jesus vertel ook van hedendaagse dissipels wat kragtig van Jesus getuig. Mense soos moeder Teresa en Henri Nouwen, maar ook mense soos die 30 meisies van Kampala en rolspelers in Suid-Afrika wat steeds Jesus se liefde uitleef. Daar is ook foto's van die mense wie se verhale vertel word en elke hoofstuk sluit af met besprekingsvrae.
Dié boek wys lesers hoe belangrik die opdrag is wat Jesus vir sy dissipels én ons gegee het, en hoe Hy énigiemand kragtig kan gebruik om sy boodskap uit te dra.
Publikasiedatum: 2016-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.