●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Nancy Taylor

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619979

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 155
60 oordenkings vir kinders tussen 6 en 10 jaar propvol Bybelstories en krabbelpret om hulle te help om God beter te leer ken.
'n Dagboek spesiaal ontwerp vir kinders om in te krabbel.
Met 60 maklik om te lees dagstukke vir kinders tussen 6 en 10 jaar sal 'n Doodle-dagboek vir kinders hulle help om hulle geloof te ontdek en in hulle daaglikse lewe toe te pas. Die oordenkings deur Nancy Taylor is geïnspireer deur bekende stories uit die Ou en Nuwe Testament. Dit sluit stories in oor die skepping, die groot vloed, die gelykenis van die seun wat weggeloop het en Jesus wat op water geloop het. Elke oordenking gee ook 'n voorstel van iets wat die kind kan teken of neerskryf om hulle te help om hulle geloof op 'n kreatiewe manier uit te druk.
Publikasiedatum: 2019-02-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431619962

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 155
'n Joernaaldagboek met plek om te krabbel sodat meisies hulle geloof op 'n kreatiewe manier kan uitdruk.
'n Doodle-dagboek vir meisies deur Nancy Taylor bevat 60 inspirerende dagstukkies spesiaal vir jong meisies. By elke dagstukkie is daar ook 'n wenk of riglyn wat hulle aanmoedig om iets te krabbel wat hulle geleer het terwyl hulle daaroor dink - 'n wonderlike manier om hulle geloof op 'n kreatiewe wyse uit te druk.
Terwyl meisies in hierdie boek krabbel, sal hulle 'n bietjie oor hulleself leer - wie hulle is en wie hulle wil wees. Hulle sal ook van God leer - wie Hy is en wie Hy wil hê hulle moet wees. Hoe meer meisies oor God leer, hoe meer sal hulle hulleself verstaan en hoe gelukkiger sal hulle wees met wie hulle is.
Publikasiedatum: 2019-02-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624843

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 199
In die skuilplek van die Allerhoogste moedig vroue met 366 oordenkings aan om vas te hou aan die beloftes van ons troue Vader. Die 366 oordenkings in hierdie tweekleur-dagboek fokus elk op 'n belofte uit God se Woord, van Genesis tot Openbaring, en bevestig die belofte met 'n aanvullende teksvers. In die skuilplek van die Allerhoogste bied vir vroue hoop en versekering in die wete dat God waarlik omgee en dat hulle altyd veilig is in die skuilplek van die Allerhoogste.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431619924

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 180
Die belangrikste vrae wat ons kan vra, handel oor God en ons verhouding met Hom. Die antwoorde op hierdie vrae help ons om die rede vir ons bestaan te verstaan.
Hoe weet ek God bestaan regtig? bied 60 vrae oor God wat in 4 afdelings bespreek word:
• Vrae oor die algemene eienskappe van God, soos Weet God wat alles in die toekoms gaan gebeur?, Word God kwaad?
• Vrae oor wat God doen, soos Verander God ooit van plan?, Hoekom laat God goeie dinge met slegte mense gebeur?
• Vrae oor wat God vir my beteken, soos Hoe kan ek God waarlik leer ken?, Hoe kan ek weet wat God se wil vir my lewe is?
• Vrae oor die Name van God wat ek kan gebruik wanneer ek bid, soos Wat beteken dit dat God JHWH is?
Hierdie boek sal lesers 'n beter begrip gee van wie God is, wat sal lei tot 'n hegter verhouding met Hom.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620388

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 180
Sommige van die belangrikste vrae wat enigeen kan vra, gaan oor Jesus: Wie is Jesus? Hoe weet ons dat Hy regtig bestaan? Hoekom noem mense Hom Christus? Is Hy werklik die Seun van God? Waarom het Hy aan die kruis gesterf en het Hy werklik uit die dood opgestaan? Die antwoorde op hierdie vrae help ons om Jesus beter te verstaan.
Wie is Jesus regtig? bied 60 vrae oor Jesus wat in 3 afdelings bespreek word:
• Vrae oor wie Jesus is, soos Hoe weet ons Jesus bestaan regtig? Hoekom het Jesus as babatjie aarde toe gekom?
• Vrae oor wat Jesus gedoen en geleer het, soos Watter geloof het Jesus aangehang? As Jesus self God is, hoekom het Hy tot God gebid?
• Vrae oor watter verskil Jesus in my lewe kan maak, soos Hoe kan Jesus my vandag help? Wanneer gaan Jesus terugkom?
Wie is Jesus regtig? sal jou help om Jesus op 'n dieper vlak te leer ken.
Publikasiedatum: 2015-06-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.