AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Mariël le Roux

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624082491

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 69Jy spaar R 211
Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore moeder, Bella, sterf tydens die geboorte van haar wanskape, breinlose [anensefaliese] boetie. ("Dis 'n katkoppie, Baas', het Carli vir Lena, die jarelange huishulp in Grootvlei se plaashuis, by die kraambed hoor sê.)

Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm Botha, wat haar treiter. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom bedags tot Carli se redding. Sy was 'n sterk vrou en sy het 'n swaard gehad om oor die baas van Grootvlei se kop te hou. Sy het die plaas se geheime geken reg van oupa Maans se tyd af, en sy sou praat, dit het Wilhelm Botha geweet...
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624081371

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 69Jy spaar R 241
Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die harde myn-wêreld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak. Ná haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar uit: stemme klink op die wind uit die kameeldoringbos, en sy bevind haar in 'n ondenkbare situasie. Versoening kom op onverwagte wyses, totdat haar kopdokter vind: die suidoos langs die branders by Bloubergstrand.Isabella is 'n deurdagte verkenning van 'n ongewone moederskap.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624058885

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 252Jy spaar R 28
"Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die witlokasie gaan woon, toe was alles verby. En dit was nog lank voordat al agt die kinders gebore is wat die agt knope in Klara se naelstring voorspel het. Maar verby was die tyd dat Klara die dae onder die wilgerboom op die damwal langs die lusernland kon omdroom, of met rooi koeldrank en koekies voor die stoof kon sit en luister na Polla se stories oor waar die bul vir oom Slap Soois geskop het.

Boplaas het hulle afgeskud.

Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom - Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met 'n halwe Duitser te trou en landuit te vlug - maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry.

Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat sy agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense.

Klara is 'n verhaal met 'n onweerstaanbare aardsheid. Snaaks én hartverskeurend. Dis nie aldag dat 'n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie."
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191627

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 180
R 162Jy spaar R 18
Wilhelmina: Kampkind op Java, is die merkwaardige ware verhaal van Will van Halewijn, haar moeder en twee jonger sussies tydens en net na die Tweede Wêreldoorlog.
Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenië te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesië. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is.

Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. En Mariël le Roux het daarvan 'n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat 'n mens jou daarin kan inleef.
Publikasiedatum: 2007-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.