●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Magdaleen Walters

Results 1 to 12 of 12
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351978

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Om harte te wen is soms moeiliker as om lewens te red. Doktor Bianca Dempsey is 'n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets in die water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Sy ontmoet 'n aantreklike vreemdeling tydens 'n verkenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee, maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime het nie. Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van die watersiekte wil ontbloot. Beste Bianca is die opvolg van Mooiste Eliza wat in 2021 verskyn het. Bianca is Eliza se jonger suster. Hierdie verhaal het 'n sterk spanningslyn wat enige leser sal boei. Die skrywer het duidelik baie navorsing oor watersiektes en biologie gedoen, en vind interessante maniere om haar kennis in te span vir geloofwaardigheid.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607375

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
1808, Engeland. Wanneer Eloise Clark ʼn beseerde man langs die pad probeer help, kom sy van aangesig tot aangesig te staan voor iets wat slegs as ʼn wolf beskryf kan word. Dis ʼn skrikwekkende ervaring, maar dit bring haar in aanraking met baron Wesley Bloodsworth en Eloise verloor haar hart op ʼn man wat net goed vir haar is. Wanneer sy egter met die waarheid van sy werklike aard gekonfronteer word, moet sy haar vrese en vooroordele te bowe kom. En sy moet ʼn keuse maak. Luister sy na haar hart of na haar verstand? Magdaleen Walters is 'n geliefde skrywer, en wys hier dat sy tot in haar sestigs kanse vat deur haar eerste romantiese fantasieverhaal te skryf. Die 1800's word oortuigend opgewek en ingekleur met historiese detail.
Publikasiedatum: 2021-07-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639606026

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
'n Gevaarlike, aantreklike predikant op 'n motorfiets ... Toe Eliza Dempsey se pa sterf, moet sy na haar ma en vyftienjarige sussie kyk. Boonop verloor sy haar werk en haar huis en moet sy noodgedwonge by 'n kroeg werk. Almal daar dink sy's 'n snob, insluitend die geheimsinnige man wat gereeld by die kroeg opdaag. Met sy donker oë en leerbaadjie lyk Josua vir haar gevaarlik, aantreklik en nie soos iemand op wie sy verlief kan raak nie. Hy lyk ook nie noodwendig soos 'n predikant nie … Temas soos disfunksionele familieverhoudings word aangespreek, maar Magdaleen hanteer dit met 'n fyn humorsin en eksentrieke karakters. Die verhaal is 'n subtiele kopknik na Pride and Prejudice en hoe vooroordele 'n verhouding kan ruïneer.
Publikasiedatum: 2021-02-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799399158

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 290
Geboei aan die verlede ...
Christoff de Lange is 'n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik 'n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.
Met die hulp van oom Bertie, 'n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy 'n werk en 'n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op 'n kleinhoewe buite Johannesburg.
Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie 'n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...
Publikasiedatum: 2020-03-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393712

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Hy speel in sy eie liga ...
Annabeth woon in 'n klein huisie, ry 'n klein oranje karretjie en leer graadeentjies lees en skryf. Sy is egter, na haar mening, so groot soos 'n huis. En haar hart is seer, want haar pa verwyt haar, haar broer baklei met haar, haar ma wil haar gedurig op 'n dieet sit. En geen man vra haar ooit uit nie.
Haar skoolhoof, Markus Wienand, het darem 'n sagte plekkie vir haar en help haar graag. En dan is daar die onderhoof in haar moeder-van-die-bruid pakkies wie se hart ook op die spel is.
En toe stap die aantreklike Sybrand met sy Adonis-lyf vol spiere in haar lewe in en hy kondig aan dat hy haar wil help om maer te word. Die arme Annabeth. Soveel manlike prag, maar vir haar is hy nie beskore nie.
Annabeth het 'n reis om te voltooi, 'n reis wat haar lewe stroop van appeltert en fudge en konfyttertjies. Wat haar laat oefen tot sy bewe. Wat haar die waarde van aanhou en moedhou leer ken. 'n Reis wat van haar vra om te vergewe en haar bring by die man wat in sy eie liga speel.

Ligaman is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387384

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Om voor te begin - Magdaleen Walters
Melissa se romantiese verbintenis met die grootbaas se seun skep vir haar groot probleme toe 'n man met veel minder aansien en 'n sexy lyf haar lewe inloop. Haar hart en haar werk is op die spel.

Raaiselvrou - Annetjie van Tonder
Emma arriveer op 'n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om 'n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar se dit is nie meer 'n gasteplaas nie en sy suster se dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie 'n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oe is juis 'n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma 'n saak van groot belang ...

Die misverstand - Vera Wolmarans
Willemien is verlore want sy is verlief op haar baas. En dit mag nie, want hy is getroud met 'n operaster en hy het 'n seuntjie. Hulle foto staan dan op sy lessenaar?
Publikasiedatum: 2019-02-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799397529

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 240
Solank daar liefde is is 'n samestelling van drie van gewilde Magdaleen Walters se vorige Romanzas, Eugenie se timmerman, Vlindervlug en Net soos jy is.
Eugenie se timmerman:
Toe die timmerman met sy groot voete vuil saagsel spore veel verder as op haar pienk boetiek mat trap, kom Eugenie tot haar sinne.
Haar troue met miljoenêrseun George Christodoulou is om die draai, die mediagebeurtenis van die jaar - 'n sirkus erger as 'n opgedolliede troukoek. Die paparazzi sak op haar toe, skep stories. Bruidegom George is onbereikbaar, en dis die timmerman, Christiaan Wennick, wat tot haar redding kom.
Sy kan nie nou kleinkoppie trek nie, maar sy kan ook nie met die troue voortgaan nie. Waar sy gaan, is flitsende kameras, maar Christiaan is ook daar, koel, afstandelik. Dis waar sy veilig voel, waar sy wil wees, maar helaas te laat.
Vlindervlug:
Hulle is soos skuurpapier, sy en Henning Grimbeeck. Al probeer sy ook hoe om weg te kom, hy's daar - langs haar klas waar hy natskei gee, op haar parkeerplek, in die personeelkamer, in haar lewe.
Eleanor het haar les by haar pa geleer. En Henning is ook so - dominerend, 'n boelie, 'n bedreiging … 'n man.
Al flikker al wat vrou is op die personeel haar oë vir hom, weet sy van beter. Sy ignoreer hom, bly uit sy pad, koester haar geheim. Maar al baklei sy hoe hard, teken haar vingers vanself sy gesig. Elke dag. En dié gesig neem 'n ander vorm aan as wat haar verstand haar voorsê.
Net soos jy is:
Dikketjies het nie 'n kans nie. Veral nie by Rudolf nie. En Marli wil hom só graag hê. Sy begin verwoed draf, sê nee dankie vir alles wat vir haar lekker is, spartel om plankdun te word.
'n Maer, sexy lyfie sal Rudolf se aandag trek. En toe sy maer is, begin Rudolf om haar draai, fluister mooi woordjies in haar oor. En skielik weet sy - dis nie wat sy wil hê nie. Hy's mal oor haar lyf, maar wat van haar?
Neil was reg toe hy haar gewaarsku het - pas op vir Rudolf. As iemand jou liefhet, is dit omdat jy is net soos jy is, mollige lyfie ofte nie.

Solank daar liefde is, is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk, asook om boeke wat vir jare uit druk was, weer in lesers se hande te plaas.
Publikasiedatum: 2018-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799383393

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Om skielik jou huis met 'n vreemdeling te deel, is moeilik. Veral as dié vreemdeling jou eks-verloofde se broer en onmeetlik aantreklik is en jou boonop gekoester en beskermd laat voel. Dis die dilemma waarmee Larita sit.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799377569

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 85
Wanneer 'n bedrogspul oopgevlek word, vlug Michelle se pa na Mosambiek. Haar verloofde, Toni, verbreek hul verlowing en Michelle is skielik haweloos. Ben neem haar onder sy vlerk in, maar hoe lank sal sy haar groeiende gevoelens vir hom kan wegsteek?
Publikasiedatum: 2015-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799376937

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Colette Buitendach het ter elfder ure besluit om nie met die motorfietsryer Francois Louw matriekafskeid toe te gaan nie. Jare later red hy haar lewe maar is hy slegs haar redder of kan hy ook haar prins wees?
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799371864

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 210
Verby omdraai - Magdaleen Walters - Marike is in twee geskeur oor die geheimsinnige man met sy broeiende donker blik - en die vyandigheid wat sy te dikwels by hom bespeur. Hom ignoreer, kan sy ook nie - daarvoor het hy 'n te hipnotiese aantrekkingskrag ...

Onwettige bruid - Elizabeth Burgers - Met twee verloofdes in die slag, hou Mia vas aan haar troudroom - net sy en haar geliefde onder 'n groot boom. Net jammer hy lyk alte veel na Arno Krige, die ou wat haar so skaamteloos bedrieg het.

Haar vreemde besoeker - Bep du Toit - Ingrid kan uiteindelik nie met die man trou wat so onwillig was om te trou nie. Sy word oornag die voog van haar suster se twee kinders. Maar hulle het 'n ryk en aantreklike oom ...
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799368468

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 85
Madri verag die plaas se nuwe eienaar en veral sy gesofistikeerde seun. Maar die volgende keer toe sy hom sien, is hy in 'n gesagsposisie oor haar aangestel. En sy raak onseker oor veragting ...
Publikasiedatum: 2014-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.