●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Lizette Murray

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625475

Christelik / Christian: Dagstukke - Grootdruk / Devotionals Large Print

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Grootdruk / Devotionals Large Print
R 249
Soms is dit moeilik om God se stem te hoor. Dit voel dalk of Hy doodstil is in daardie tye wanneer ons Hom die nodigste het. Maar wat 'n troos om te weet dat God jou nooit alleen laat nie!
Lizette Murray nooi lesers op 'n jaar lange vreugdesreis om waarlik God se teenwoordigheid en leiding te ervaar. In 366 dagstukke sal jy ontdek dat jy as God se geliefde kind niks hoef te vrees nie, selfs nie alleentye nie. Want dit is juis in sulke tye dat 'n mens die Goeie Herder se teenwoordigheid, vertroosting en leiding intens kan beleef. Hy beskerm jou altyd en is by jou, met elke tree wat jy gee.
Die Here is my Herder bevestig opnuut dat die Here hier en nou by ons is. Hy is ons enigste hoop!
Publikasiedatum: 2021-11-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618538

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 29
Ons lewe is soos 'n huis met baie vensters, en net soos ons deur die vensters kan uitkyk na buite, kan mense deur die vensters in ons lewens inkyk. Dit is die beeld wat Lizette Murray gebruik in Stilword by God - 'n Bybelstudie. In hierdie Bybelstudie fokus sy op vier vensters wat verskillende aspekte van 'n mens se lewe verteenwoordig:

1. Die venster op rus - rus, troos en bemoediging by God
2. Die venster op vrug en vrede - dienswerk
3. Die venster op leef en liefhê - naasteliefde
4. Die venster na die straatkant - waar ons lewe ons verhouding met God weerspieël

Hierdie Bybelstudie bied in elkeen van die 24 studies vrae waaroor jy kan nadink of met ander bespreek om die beginsels in die boek 'n werklikheid in jou daaglikse lewe te maak. Dit sal jou ook lei tot geestelike groei en insig in jou eie psige.
Stilword by God - 'n Bybelstudie sal jou inspireer om elke dag meer Christus-gelykvormig te leef en 'n dieper lewe van geestelike vervulling en oorvloedige seën te ervaar.
Publikasiedatum: 2019-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620623

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

Christelik / Christian  -  Gebed / Prayer
R 170
50 hartsgesprekke met die Vader en bemoediging uit sy Woord.
Briewe is 'n intieme manier om met mekaar te kommunikeer. Gewoonlik wys 'n brief iets van jou hart se binnekant. Dit verklap jou drome, of vertel van jou smagting of vrese of diepste twyfel. Net so is ons gesprekke met God briewe waarin ons ons hart voor Hom uitstort.
Briewe aan God is 'n versameling van 50 van hierdie kort versugtinge, dankie-sê-sinnetjies en noodroepe aan God. Die briewe hanteer verskeie aspekte in die lewe, soos kwellinge oor 'n kind, die behoefte om 'n vriendin te vertroos, dankie-sê-briewe vir seëninge en nog vele meer. Ná elke brief is daar ook enkele Skrifaanhalings oor die onderwerp in die brief en 'n gebed.
Briewe aan God is doodgewone gesprekke en gebede op papier - gerig tot God - en geanker in sy Woord.
Publikasiedatum: 2018-07-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431616411

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 100
Meer as 45 gebede en aktiwiteite oor die wonderwêreld van gebed.
Lizette Murray wil met Gebede met vlerke vir laerskolers 'n gebedsgids gee waarop hulle hul gebedslewe kan begin skoei.
Gebede met vlerke bevat meer as 45 gesels-gebede wat laerskoolkinders aanmoedig om self die avontuur van gebed te ontdek. Die ses verskillende afdelings word elkeen aan 'n ander soort voël gekoppel. Die gebede in daardie afdeling weerÂ-spieël dan die unieke kenmerke van die spesifieke voëlÂ-soort. So gaan die Arend-gebede oor die krag van God en Duiwe-gebede oor dankbaarheid vir al die goeie dinge. Deur hierdie verÂ-gelykings leer kinders om spontaan en gemaklik met God oor hulle vreugÂ-des, hartseer en besorgdhede te praat én daarmee vol te hou.
Saam met die gebede is daar ook lekker aktiwiteite wat kinders sal help om lewe aan hulle geÂ-bedsÂ-lewe te gee.
Gebede met vlerke sal elke kind help om die ware krag van gebed te ontdek.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431607204

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

Christelik - Kinders  -  Aktiwiteitsboeke
R 150
101 opwindende stories wat kinders se oë sal oopmaak vir die klein én groot wonders in die wêreld.

Die lewe is 'n groot avontuur - veral as jy nog 'n kind is wat elke dag nuuskierig na nuwe dinge soek.

Lizette Murray herinner kinders aan hul grootÂ-ste Reisgenoot in 101 avonture saam met God. Met die 101 oordenkings nooi Lizette Murray kinders saam met haar op 'n reis van stories vol opwinding wat hulle oë sal oopmaak vir die klein én groot wonders in die wêreld. Die kort stories wys op hulle vlak vir kinders hoe God in elke avontuur - goed of sleg - saam met ons is. Die boek sluit ook af met en 'n paar lekker speletjies.

101 avonture saam met God sal kinders inÂ-trek in die avontuur wat God spesiaal vir hulle gemaak het.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 101 adventures with God

Oor die outeur

Lizette Murray het in Stellenbosch en die Paarl grootgeword. As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van 'n kind. Sy is die medeskrywer van 'n bekroonde kinderboek. Ná die dood van haar middelseun begin sy die rubriek 'Henri stap aan' in Lééf - met hart & siel. In 2008 word hierdie rubrieke as boek uitgegee. Lizette is tans 'n vryskut-skrywer vir Lééf - met hart & siel en behartig 'n paar rubrieke in dié tydskrif, onder andere 'My hart se punt', wat deur CUM-uitgewers as bundel uitgegee is. Haar huwelik met George, 'n bedryfsingenieur, is vir Lizette 'n veilige hawe - en steeds 'n avontuur.
Publikasiedatum: 2016-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.