●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Juliana Coetzer

Results 1 to 3 of 3
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181884

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 275
Ses jaar ná die verskyning van Bloedvreemd vertel Juliana Coetzer wat hét geword van haar dogter, Anneke. In Bloedvreemd vertel die skrywer hoe Anneke op sewejarige ouderdom 'n virus opgedoen wat haar brein aangetas het, en geleidelik het sy verstandelik begin agteruitgaan. Die werklikheid het egter nie stilgestaan nie. Ses jaar ná die boek vra mense steeds - wat het geword van julle? Is Anneke oukei? Hoe maak 'n mens met die voortdurende verlies, die agteruitgang?

Juliana Coetzer is ook 'n terapeut. Met 'n skreiend eerlike stem wat voortdurend selfondersoek doen, skryf Juliana oor die verdere reis met Anneke, nou al in haar vroeg dertigs. Sy kan al hoe minder praat, al hoe minder verstaan, en steeds probeer sy haar onafhanklikheid behou. Sover Juliana en haar eggenoot, Fanus, daartoe in staat is, probeer hulle haar omhul in 'n wêreld met embarming en begrip. Maar elke dag (en nag) bring sy eie, eindelose uitdagings.

Die kind se naam is Anneke is aangrypende leesstof vir enigiemand wat al pyn/verlies ervaar het. Of jy 'n kind het of nie. En of jy Bloedvreemd gelees het al dan nie.
Publikasiedatum: 2021-02-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781990977909

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 235
HERDRUK
Tydens 'n gesinsvakansie raak die sewejarige Anneke siek en draai by die dood om. Sy herstel, maar met ernstige nagevolge: weens breinskade word haar verstandelike agteruit-gang elke maand meer sigbaar. Om die sprankelende kind wat lag en presteer te behou, en die naderende gestremdheid af te weer, gaan die gesin op 'n soektog na 'n wonderkuur. Alles word probeer, van alternatiewe behandelings en 'n vreemde dieet tot 'n besoek aan die profeet TB Joshua in Nigerië.
Soos die siekte toeneem, word alles vir Juliana vreemd en onherkenbaar - haar kind, sy self en haar gesin. Sy voel onbevoeg om haarself of haar gesin te red. Haar eens vrolike huis word 'n plek waar elke lid van die gesin op 'n ander manier leer om te oorleef. Want Anneke se siekte laat almal se unfinished business uit die kas val. Juliana se pad na aanvaarding dwing haar uiteindelik om ook op haar eie spore terug te loop en haar idee van ma-wees te heroorweeg.
Bloedvreemd vertel die aangrypende verhaal van 'n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met 'n kind wat nou “in 'n ander vorm leef”. Juliana Coetzer skroom nie om te wys wat in die binnekamers van haar huis gebeur nie en laat die leser beurtelings saam met haar huil én lag.
Juliana Coetzer woon in Vermont. Wanneer sy nie skryf nie, doen sy psigoterapie met mense wat trauma ervaar het. Haar skool vir volwassenes, School of Awareness, bestaan reeds 15 jaar lank. Haar boek wat spesifiek die onderwerp van trauma aanspreek, Oorkant jou, het in 2017 verskyn. Die kind se naam is Anneke, is die opvolg van Bloedvreemd en verskyn in 2021.
Publikasiedatum: 2020-10-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781868428151

Nie-fiksie / Non-fiction: Populêre Sielkunde / Popular Psychology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Populêre Sielkunde / Popular Psychology
R 250
Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: 'Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.'
Iets of iemand moet die katalisator wees wat 'n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is 'n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?
Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op 'n reis wat eintlik ons almal s'n is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.
Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venecia wat 'n tragiese simbool van verwaarlosing word.
Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien - totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.
Publikasiedatum: 2017-09-15

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.