●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Johann Strauss

Results 1 to 15 of 35
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180283

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 108Jy spaar R 27
Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk 'n paar superhero­tekkies aantrek en dan moet help om 'n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?
Publikasiedatum: 2020-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799398069

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 200
R 160Jy spaar R 40
By Einstein se snor!
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, 'n klomp vreesaanjaende visse, 'n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word,
'n klomp dinosourusse … en beleef 'n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungusstories in een boek!
1. Professor Fungus en die zombie-tamaties
2. Professor Fungus en die ongelooflike miniatuuravontuur
3. Professor Fungus en die mensvreter-piranhas
4. Professor Fungus en die skrikwekkende Snotzilla
5. Professor Fungus en die dino-avontuur
Publikasiedatum: 2020-08-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180696

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 126Jy spaar R 14
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . .
'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Publikasiedatum: 2020-07-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397840

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 126Jy spaar R 14
Superjoernalis Sanri Steyn skrik nie vir 'n geraamte nie …
Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees … Superjoernalis Sanri Steyn.
Daar is 'n nuwe seun in Sanri en Markus se klas, en hy het 'n buikspraakpop wat soos 'n geraamte lyk. Maar is Bennie Bene regtig net 'n pop, en is Jamahl werklik só 'n goeie buikspreker?
Sanri is nie so seker daarvan nie.
Toe Bennie Bene een aand verdwyn, help Sanri en Markus vir Jamahl om na hom te soek. Wat ondek hulle op Raaiselfontein se ou treinstasie en sal hulle dit kan regkry om vir Bennie te vind?

Hierdie is 'n gewilde reeks vir seuns en meisies in die intermediêre fase. Elke boek in die reeks kan ook as alleenstaande titel gelees word. Die kombinasie van humor en grillerige temas is in die kol vir lesers in hierdie ouderdomsgroep. Hierdie is die negende (en laaste) boek in die reeks.
Publikasiedatum: 2020-05-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178921

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 175
R 158Jy spaar R 17
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publikasiedatum: 2019-07-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390728

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
R 171Jy spaar R 19
Drie Sanri Steyn-stories in een omnibus!

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampiere wat op die dorp kom woon, tot 'n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Vir die eerste keer is die Sanri-reeks nou in 'n bekostigbare omnibus-formaat beskikbaar! Die drie titels in hierdie omnibus sluit in:
5: Die monsters van Middernagstraat
Sanri se neus begin kriewel toe 'n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, beteken dit net een ding - sy ruik 'n storie! Sy is byna doodseker sy het gesien hoe een van Claudia Müller se oulike skoothondjies 'n oomblik lank in 'n monster verander ... 'n Nare monster met bloedrooi oë, 'n bek vol vreesaanjaende tande, en vreemde stekels op sy rug en nek. Markus is oortuig Sanri se verbeelding werk weer oortyd. Maar dan begin troeteldiere in Raaiselfontein verdwyn ...
6: Die nag van die weerwolwe
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe meisie in hul klas, Chrissie de Wolfe, ontmoet. Waarom het Chrissie 'n sappige rou steak in haar kosblik? Wat soek sy by die slaghuis en waarom koop sy soveel vleis? En hoekom lyk dit of sy supersterk is? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ... Sanri is oortuig die nuwe meisie in haar klas is 'n weerwolf. Maar hoe gaan sy en Markus dit bewys?
7: Die vampiere van vlermuishoogte
Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?
Publikasiedatum: 2019-02-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390711

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 190
R 171Jy spaar R 19
Vier Sanri Steyn-stories in een omnibus!

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Vir die eerste keer is die eerste vier Sanri-stories nou in een lekkerlees-omnibus beskikbaar! Dit sluit in:

1: Doktor Zombos se geheime formule
Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word - en toe sy en haar ma na die klein dorpie Raaiselfontein trek, besluit sy om haar eie koerant te begin. Die Raaiselfontein Gazette sal propvol opwindende nuus wees. Maar sommer gou vind Sanri uit alles is nie pluis op Raaiselfontein nie. Waarom tree almal so vreemd op? En wat het die lekkergoedfabriek daarmee te doen? Saam met haar nuwe vriend, Markus, besluit Sanri om die geheim te probeer ontrafel …
2: Die aliens oorkant die straat
Toe daar nuwe intrekkers oorkant die straat is, begin Sanri se neus kriewel - soos altyd wanneer sy 'n lekker sappige storie ruik. Hoekom trek die nuwe mense een nag tydens 'n woeste donderstorm in? Waarom ry hulle met so 'n vreemde borrelkar? En waarom tree die twee kinders met hulle silwerwit hare so snaaks op? Sanri is seker hulle nuwe bure is aliens. Sy moet net die bewyse kry, anders kan sy vergeet daarvan om 'n storie daaroor te skryf.
3: Die seun met die superkat-kragte
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op - hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het 'n ongelooflike geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. 'n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.
4: Die spookmeisie van Raaiselfontein
Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.
Publikasiedatum: 2019-02-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389401

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
Vreemde dinge kan gebeur as jy 'n ertjie eet …
Ontmoet vir Ernst,
Ernst de Vos.
Hy eet so ampertjies
enige kos:
hamburgers, pizza,
herderspastei,
spaghetti, bobotie
(met geelrys daarby),
pampoenkoekies,
kerrievis,
blomkool en beet.
Maar Ernst WEIER om ertjies te eet.
Almal probeer vir Ernst oorreed om 'n ertjie te eet.
Sy ma vertel vir hom dat selfs BEROEMDE popsangers dit elke dag eet -
dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word.
Sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet - hy kan SKATRYK word.
Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper 'n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie STERK maak.
Maar dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet.
Op 'n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. En meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur!
Hy word so BEROEMD soos 'n rockster … hy word SKATRYK … hy word 'n STERK superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red!
Maar beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet?
Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter 'n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan 'n ertjie te proe …
Publikasiedatum: 2018-10-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390513

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 190
R 171Jy spaar R 19
Kry jou vergrootglas uit!
Annika is versot op speurverhale en raaisels, en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends!
Kry jou vergrootglas en jou notaboek uit en maak gereed om leidrade te soek en 'n hele rits opwindende raaisels saam met Speurder Annika op te los. Daar is 'n uitstappie na die museum en 'n geheimsinnige veer wat Annika op 'n speurtog lei; 'n dief wat stink kunsmis by die skool steel; en selfs 'n kissie met geld wat uit 'n juffrou se klas verdwyn. Maar moenie bekommerd wees nie - Annika sal die raaisel gou-gou oplos!
Vir die heel eerste keer verskyn al vyf opwindende Speurder Annika-stories saam in een omnibus:
1. Speurder Annika
2. Speurder Annika kry snuf in die neus
3. Speurder Annika maak 'n plan
4. Speurder Annika los 'n raaisel op
5. Speurder Annika stel ondersoek in
Publikasiedatum: 2018-09-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389234

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
Hoe meer haas ... hoe meer moeilikheid!
Professor Fungus het 'n probleem: Sy nuutste uitvinding wil glad nie werk nie! Die Dupliserende Infrarooi Trippel-Turbo Omsetter (kortweg sommer D.I.T.T.O.) is veronderstel om dinge te kloon … maar dit doen net mooi niks!
Bennie, Jenny en Edison die robot dink dit is hoog tyd dat die professor 'n blaaskans neem en 'n slag uit sy laboratorium kom om vars lug te kry. Dalk is 'n uitstappie na neef Naas se plaas net die regte medisyne!
Maar op die plaas loop dinge onverwags skeef - en kort voor lank is daar 'n KONYN-KATASTROFE met konyne net waar jy kyk!
Publikasiedatum: 2018-08-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389227

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
Jy sal jou oë nie glo nie!
Professor Fungus is besig met 'n fantastiese nuwe uitvinding in sy laboratorium - en Bennie en Jenny kan nie wag om dit op die proef te stel nie.
Professor Fungus noem dit sy Vloeibare Energie-Reduserende Dubbel-Weerkaatsende Ydelheid-Neutraliseerder … of kortweg sommer net V.E.R.D.W.Y.N.
En die beste van als? Dit kan jou onsigbaar maak! Dit klink sommer na vet pret!
Maar dan kry 'n skurk die formule in die hande - en Bennie en Jenny moet help om van die wêreld se kosbaarste juwele te probeer red ...
Publikasiedatum: 2018-08-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383850

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 126Jy spaar R 14
Wat is die mummie se geheim?
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn.
Sanri hou nie juis van grillerige goed soos mummies nie. Maar sy is nogtans opgewonde toe sy hoor 'n rondreisende uitstalling met artefakte uit antieke Egipte gaan Raaiselfontein se museum besoek. Uiteindelik gebeur daar iets waaroor sy in haar koerant kan skryf!
Maar kort voor lank begin vreemde dinge gebeur. Hoekom lyk die mummie so vreemd op foto's? Waarom draai iemand snags die dorp se standbeelde in toiletpapier toe? En waarom raak die kurator van die museum en sy dogter elke aand onverklaarbaar aan die slaap? Sanri se neus begin kriewel. Kan dit wees dat die mummie lewend word? En wat wil hy hê? As Sanri se neus kriewel, moet jy weet hier kom 'n storie ...
Die aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies in hierdie reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Publikasiedatum: 2018-08-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175470

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Elke dag trek Bennie Boekwurm sy swaar waentjie vol boeke na die parkie om vir die kinders te gaan stories lees. Mokkie Mol met sy sterk pote kom hom help. Maar Mokkie kan nie mooi sien nie en boems-kadoems loop hy in 'n boom vas. Karra-kaparra! kantel die waentjie om en al die boeke val uit. En boonop is Bennie se bril nou skoonveld!
Publikasiedatum: 2017-11-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175944

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
R 86Jy spaar R 9
Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-09-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799383782

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104Jy spaar R 11
Ooo … Ek is 'n eensame krokodil. Mense kyk vir my en gril. Ek soek maters hoog en laag, maar almal sê ek vreet te graag. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim. Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies 'Die lappop', 'Die eensame krokodil' en 'Die dapper muis'.
Publikasiedatum: 2017-09-17

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.