AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Johan de Lange

Results 1 to 2 of 2
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205058

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 99
R 89Jy spaar R 10
Is jy seker EGSKEIDING is die enigste, beste, maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie?

Die skrywer van hierdie boek is nie 'n huweliksberader of sielkundige nie. Hy is 'n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou en weer skei) geloop het. Dit gee hom 'n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman. Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroeër geweet het.

In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie. Sommige lesse het hy te laat geleer ... Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees. Om 'n paar waarhede in die oë te kyk:

- Is jy gereed vir 'n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat?
- Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te beïnvloed?
- Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg?

Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat getroudes met hulle saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.

Dis nugter, eerlik én ontmasker die droom dat dit beter is om te skei. ~Gretha Wiid
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780798164467

Fiksie: Kortverhale

Vertaler: Johan de Lange
Fiksie  -  Kortverhale
R 250
R 225Jy spaar R 25
In 2013 vier Human & Rousseau vyftig jaar as uitgewer van Herman Charles Bosman. Unto Dust het die eerste keer in 1963 by Human & Rousseau verskyn.

Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange.

Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos 'Die pad na Mafeking', 'Die Rooinek' en 'Makapan se grotte', en ook Voorkamerstories soos 'Skoolkonsert' en 'Geboortesertifikaat'. En in beroemde stories soos ''n Boere-Rip van Winkel' en ''n Ou Transvaalse verhaal' hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins.

Die herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos 'In die skadu van die withaak', ''n Bekkersdal-marathon' en ''n Besoek aan Blikkiesdorp' in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot 'n aantal essays wat nog nie voorheen in 'n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.
Publikasiedatum: 2013-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.