●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Johan Smith

Results 1 to 8 of 8
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776356072

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 250
Take a few moments and reflect on some of the greatest highlights and some of the most precious moments in your life. The writer is convinced that most of these recollections have something to do with people, people with whom you enjoy a warm, quality relationship. Why is he so convinced? Because life is relationships. God's DNA is love. He is the God of grace and community. This is who He is and what He does. It is part and parcel of the very nature of God to constantly share Himself with His creation and with all of us.
In this wonderful book Johan Smith unearths deep biblical truths about the essence of relationships. He shows us that God is deeply relational, therefore, we need to follow in his footsteps and become passionate about his kind of relationships again. Johan guides us masterfully how to grow and nurture such relationships with God and others in this must-read book!
Publikasiedatum: 2021-12-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353934

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 250
Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings. God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel. In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God 'n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak. Die skrywer wys vir ons hoe om sulke verhoudings te kweek en te koester, met God en met ander mense. Hierdie is 'n boek wat elkeen moet lees!
Publikasiedatum: 2021-12-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796322616

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 495
Die Familiebybel het die volledige Bybel in die 2020-Afrikaanse vertaling met bykomende materiaal deur Johan Smith, spesiaal gemik op gesinne. Dit bevat artikels oor die gesinslewe deur die familiekenner, dr Johan Smith van Vita Amp; kaarte en 'n woordelys, Bybelstudiemateriaal vir 'n jaar; Bybelleesplan; ruimte vir julle familiestamboom en 'n bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken. Hierdie Bybel sal 'n kosbare erfstuk vir die gesin en groter familie word.
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624997

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 199
Baie gelowiges hunker na 'n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se geloofslewe moet lê:

• Geloofsekerheid
• Groei
• Gehoorsaam
• Groepe
• Gawes
• Getuig
• Genade
• Gebed
• Gaan
• Gee
• Genesing
• Gesin

12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat 'n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as 'n handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Publikasiedatum: 2021-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770006706

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 150
As volwassenes soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie, en streef dan - dikwels op vernietigende wyse - daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree. Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is is daarom 'n móét vir elke jongmens, ouer, onderwyser en jeugwerker. Johan Smith bespreek onder andere selfdood, die misbruik van tegnologie, drank, dwelms, eetversteurings, okkultisme en pornografie - net 'n paar van die 15 dinge wat régtig jou lewe kan ver-woes.
Dié hersiene uitgawe van Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is bevat nuwe statistiek en ook besprekingsvrae wat tieners self kan deurwerk en wat van onskatbare waarde vir jeugleiers sal wees.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620739

Christelik / Christian: Ouerskap / Parenting

Christelik / Christian  -  Ouerskap / Parenting
R 130
Die gesin is diep in die moeilikheid. Die lewe vandag is so 'n dolle gejaag dat ouers en kinders mekaar dikwels net so in die verbygaan sien, en in daardie skaars tye wat ons 'n oomblik vir onsself het, is ons vasgegom aan 'n skerm van een of ander aard. In Gesonde gesinsverhoudings gee Johan Smith praktiese en prettige raad hoe die gesin van die een-en-twintigste eeu kan wegkom van die digitale hulpmiddels en weer in 'n hegte verhouding met mekaar kan leef. Dit sluit voorstelle in soos die hou van fliekaande, die skep van saamlag-geleenthede en die terugbring van die etenstafel. So kan elke ouer die tipe omgewing skep waar kinders geborge voel en toegerus word om die toekoms met vertroue in te gaan.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431615155

Christelik / Christian: Geskenke / Gifts

Christelik / Christian  -  Geskenke / Gifts
R 120
Geluk is God se spesiale geskenk aan jou. Hy het jou lief en daarom het Hy klein vreugde-oomblikke oral om jou geplant. Jy moet net jou hand uitsteek en dit aangryp. In Dans in die reën gee Johan Smith 101 wenke, toegelig met teksverse, wat lesers sal help om weer ware geluk in hulle lewe te ervaar. Die wenke sluit eenvoudige, alledaagse dinge in, soos kuier om die tafel, doen dinge stadiger, reël alleentyd, en ook groter uitdagings soos leef in dankbaarheid en vergewe jouself. Met sy pragtige uitleg en blou teks en kort, kragtige wenke is Dans in die reën die ideale geskenk.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431606153

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 100
Daar is min boeke in die Bybel so aangrypend soos die Psalms. Die hele gesin kan nou saam op 'n wonderlike reis van 101 dae deur die Psalms vertrek met Johan Smith se drie dagboeke oor hierdie wonderlike Bybelboek.

Johan het 101 DAE VAN LOF spesiaal vir die volwasse mark geskryf terwyl 101 DAGSTUKKE VIR TIENERS spesifiek op tieners gemik is. Johan se vrou, Helena, het saam met hom gewerk om 101 DAGSTUKKE VIR LAERSKOLERS te skryf vir jonger lesers.

Hierdie reeks dagboeke bestaan uit 'n Skrifgedeelte uit Die Boodskap, 'n oordenking, inspirerende aanhaling en 'n gebed vir elke dag. 'n Wye verskeidenheid temas lei ons in ons daaglikse wandel: Kies jou vriende reg, lof aan God, God is altyd daar om jou te help, hoop, vergifnis, dankbaarheid, vind jou vreugde in God en tel jou woorde. Aan die einde van elke boek is daar ook plek om vir die leser om sy of haar eie lofpsalm te skryf.

Die hele gesin sal hierdie dagboeke geniet en kan saamgesels oor die temas.
Publikasiedatum: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.