●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Johan Smit

Results 1 to 15 of 20
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776356072

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 250
Take a few moments and reflect on some of the greatest highlights and some of the most precious moments in your life. The writer is convinced that most of these recollections have something to do with people, people with whom you enjoy a warm, quality relationship. Why is he so convinced? Because life is relationships. God's DNA is love. He is the God of grace and community. This is who He is and what He does. It is part and parcel of the very nature of God to constantly share Himself with His creation and with all of us.
In this wonderful book Johan Smith unearths deep biblical truths about the essence of relationships. He shows us that God is deeply relational, therefore, we need to follow in his footsteps and become passionate about his kind of relationships again. Johan guides us masterfully how to grow and nurture such relationships with God and others in this must-read book!
Publikasiedatum: 2021-12-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353934

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 250
Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings. God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel. In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God 'n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak. Die skrywer wys vir ons hoe om sulke verhoudings te kweek en te koester, met God en met ander mense. Hierdie is 'n boek wat elkeen moet lees!
Publikasiedatum: 2021-12-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796322616

Christelik / Christian: Bybels / Bibles

Christelik / Christian  -  Bybels / Bibles
R 495
Die Familiebybel het die volledige Bybel in die 2020-Afrikaanse vertaling met bykomende materiaal deur Johan Smith, spesiaal gemik op gesinne. Dit bevat artikels oor die gesinslewe deur die familiekenner, dr Johan Smith van Vita Amp; kaarte en 'n woordelys, Bybelstudiemateriaal vir 'n jaar; Bybelleesplan; ruimte vir julle familiestamboom en 'n bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken. Hierdie Bybel sal 'n kosbare erfstuk vir die gesin en groter familie word.
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431624997

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 199
Baie gelowiges hunker na 'n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se geloofslewe moet lê:

• Geloofsekerheid
• Groei
• Gehoorsaam
• Groepe
• Gawes
• Getuig
• Genade
• Gebed
• Gaan
• Gee
• Genesing
• Gesin

12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat 'n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as 'n handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Publikasiedatum: 2021-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431615667

Christelik / Christian: Bybelstudie / Bible Study

Christelik / Christian  -  Bybelstudie / Bible Study
R 29
Daar lê 'n rykdom insigte opgesluit in die Ou-Testamentiese boek Hosea, wat soveel meer inhou as die profeet se huwelik met die ontroue Gomer. Dit vertel ook van God se ewige liefde, sy oordeel en onverdiende vergifnis.
In die Bybelstudie Hosea ondersoek Johan Smit nie net die hooftemas van Hosea nie, maar kyk ook in goed nagevorsde detail na die profeet Hosea, en gee verrassende insigte oor sy persoonlike lewe, die historiese konteks van die Israeliete en hulle leefwêreld, God se boodskap wat Hosea aan die afvallige Israeliete moes bring, en hoe daardie boodskap ons vandag raak.
Deur middel van 16 studies en die volledige Bybelteks van die Ou-Testamentiese boek Hosea, kry die Bybelboek nuwe betekenis vir die moderne leser.
Publikasiedatum: 2019-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770006706

Christelik - Kinders: Tieners

Christelik - Kinders  -  Tieners
R 150
As volwassenes soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie, en streef dan - dikwels op vernietigende wyse - daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree. Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is is daarom 'n móét vir elke jongmens, ouer, onderwyser en jeugwerker. Johan Smith bespreek onder andere selfdood, die misbruik van tegnologie, drank, dwelms, eetversteurings, okkultisme en pornografie - net 'n paar van die 15 dinge wat régtig jou lewe kan ver-woes.
Dié hersiene uitgawe van Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is bevat nuwe statistiek en ook besprekingsvrae wat tieners self kan deurwerk en wat van onskatbare waarde vir jeugleiers sal wees.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620739

Christelik / Christian: Ouerskap / Parenting

Christelik / Christian  -  Ouerskap / Parenting
R 130
Die gesin is diep in die moeilikheid. Die lewe vandag is so 'n dolle gejaag dat ouers en kinders mekaar dikwels net so in die verbygaan sien, en in daardie skaars tye wat ons 'n oomblik vir onsself het, is ons vasgegom aan 'n skerm van een of ander aard. In Gesonde gesinsverhoudings gee Johan Smith praktiese en prettige raad hoe die gesin van die een-en-twintigste eeu kan wegkom van die digitale hulpmiddels en weer in 'n hegte verhouding met mekaar kan leef. Dit sluit voorstelle in soos die hou van fliekaande, die skep van saamlag-geleenthede en die terugbring van die etenstafel. So kan elke ouer die tipe omgewing skep waar kinders geborge voel en toegerus word om die toekoms met vertroue in te gaan.
Publikasiedatum: 2018-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431618118

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 250
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige jong mans te bemoedig.

Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publikasiedatum: 2017-11-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431617227

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 250
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige meisies te bemoedig.

Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publikasiedatum: 2017-11-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431617500

Christelik / Christian: Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Vroue / Devotionals Women
R 190
God se Woord is gevul met beloftes wat vrede, leiding, wysheid en perspektief bied.
Deur te fokus op sommige van God se kosbaarste beloftes in die Skrif sal hierdie belofteboekie mans in enige lewenseisoen bemoedig en versterk. Die boekie bied kort, inspirerende oordenkings oor 30 temas spesiaal uitgesoek uit topverkoper-dagboeke deur Johan Smit. Elke oordenking word verder gekomplementeer met 'n verskeidenheid teksverse wat lesers verder verseker van God se getroue beloftes.
Op arendsvlerke , deur Johan Smit, kombineer kragtige oordenkings en bemoedigende beloftes uit die Skrif om mans na 'n hoër vlak in hulle verhouding met God te neem.
Hierdie belofteboekie is die perfekte geskenk vir besige mans wat deur God se beloftes verkwik en versterk wil word.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431614134

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 140
Johan en Helena Smith span kragte saam om kinders te oortuig hoe belangrik dit is om Jesus as fondament in hul lewe te hê sodat hulle die regte besluite kan neem.
Jesus in my lewe bevat 101 lekker-lees oordenkings vir laerskolers. Dié dagstukke kyk na temas soos hoe God oor jou voel, dat die kruis vir jóú was, beloftes uit die Woord, verhoudings en gee ook antwoorde op vrae wat ander vir hulle kan vra oor Christenskap, soos: “Waarom vier ons Paasfees?”
Naas 'n gebed aan die einde van elke stukkie, sluit elke dagstuk ook af met 'n praktiese uitdaging. Dit wissel van iets om oor te dink, vrae om te beantwoord met plek om te skryf en selfs iets wat die kind moet gaan doen.
Hierdie 101 dae saam met Jesus sal vir kinders van onskatbare waarde wees terwyl hulle leer dat Jesus altyd by hule is.
Publikasiedatum: 2017-08-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431618460

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
Johan Smit het vir jare diep spore in duisende gelowiges se harte getrap met dagboeke wat spreek van insig, geloof, deursettingsvermoë en 'n liefde vir die Vader.
Nou is 366 oordenkings deur dié geliefde outeur saamgevat in 'n spesiale herdenkingsbundel, In die skadu van die Allerhoogste. Die dagboek neem jou op 'n geloofsreis deur onderwerpe soos om God te ken, die drie-enige God, sleutelwoorde van geloof, Psalms, Blydskap en liefde wat geen grense ken nie.
Hierdie keur van Johan se werk is geneem uit van sy topverkoperdagboeke, insluitend Wees stil en weet... en By waters van rus en sal 'n waardevolle toevoeging tot enige boekrak wees.
Publikasiedatum: 2017-06-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431613274

Christelik - Kinders: Dagstukkies

Christelik - Kinders  -  Dagstukkies
R 190
101 lewenslesse om 'n waarlik fantastiese lewe te leef!

Daar is mense wat elke dag opstaan en net bestaan. En dan is daar mense wat opstaan en kies om waarlik te lééf.

In #KiesDieLewe deel Johan Smith 101 lewenslesse wat jongmense sal help om 'n fantastiese lewe te leef. Die lewenslesse - geneem uit die lewens van Ben Carson, Katie Davis, Christine Caine, Craig Groeschel, Bob Goff, Henry Cloud, Boeta Dippenaar, Natalie du Toit, Penny Heyns, Gary Kirsten, Shaun Pollock, moeder Teresa en Bill Hybels - sal jongmense herinner dat wanneer jy jou hoop in Christus stel, jy oorwinning sál beleef.

Lewenslesse sluit onder andere in:

- Maak die regte keuses

- Gebruik jou tyd wys

- Leef vir die hier en nou

- Kies jou woorde versigtig

#KiesDieLewe sal jongmense die moed en krag gee om God se plan en doel vir hulle lewe uit te leef.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431615483

Christelik / Christian: Dagstukke - Grootdruk / Devotionals Large Print

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Grootdruk / Devotionals Large Print
R 250
Ervaar opnuut die vernuwende krag van God in die 366 oordenkings.

Te midde van die daaglikse gewoel van die lewe, hunker 'n mens na 'n oomblik wanneer jy net stil kan word by jou Here.

Johan Smit bied jou hierdie geleentheid met sy dagboek By waters van rus. Die 366 diepsinnige oordenkings in grootdruk sal soos 'n lafenis vir die siel wees wanÂ-neer jy stil word by God. Die temas in hierdie dagboek sluit onder andere in: Die lewe is 'n fees!; Die mense agter die skerms; Psalms; UitdaÂ-gings en Die wins van verlies. Die handige teksÂ-register agter in die dagboek is ook ideaal om teksÂ-gedeeltes op te soek.

Met By waters van rus kan jy elke dag by die Vader se voete kom sit en opnuut God se vernuÂ-wenÂ-de krag in jou lewe ervaar.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781431615643

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 180
In jou diepste stilword-oomblikke praat jy met God oor alles, oor enigiets. Johan Smit bied vir lesers ekstra bemoediging in hierdie kosbare oomblikke met Here, ek weet U luister.
65 gebede vir lesers se stiltetyd word elk ondersteun deur 'n kort oordenking, kragtige teksverse en inspirerende aanhalings. Die temas sluit in: lofgebede aan God, gebede vir jou huwelik, gesin en vriendskappe, jou werk en teleurstellings.
Here, ek weet U luister beloof om lesers se gebedsoomblikke met God se teenwoordigheid te vul. Hulle sal ongetwyfeld weet dat God daar is en dat Hy luister.
Publikasiedatum: 2016-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.