●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Johan Kruger

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313267

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 252Jy spaar R 28
Die wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ʼn bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander. Alex het vir hom ʼn aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ʼn vesting op ʼn koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ʼn sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies.
Die karakter wat die kollig steel, is die titelkarakter, Willem Landman - een van Alex se agente. Lesers het hom leer ken as die sukkelende kulkunstenaar in Die formidabele Ling Ho. Willem is ʼn formidabele bullshitter, 'n stiksienige siener wat moontlik, per ongeluk, wel oor sekere gawes beskik, effens kommin, ongeleerd maar vol planne en ʼn oog vir ʼn gaping. Onrus broei in die gemeenskap en dinge word op die spits gedryf wanneer 'n hele paar agente tegelyk by Alex se vesting byeenkom.
Publikasiedatum: 2022-03-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311638

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
Dit is die huurmoordenaar Ben Brandt teen advokaat Gerhard Coetzee. Agter Brandt staan die Beweging, die Leier, 'n oranje motor en allerlei wapens.
Al wat die advokaat Gerhard Coetzee het, is vermoedens en nagmerries. Hy wil eintlik die hoofstuk van sy vermoorde vrou en kinders afsluit, maar dit lyk asof Ben Brandt, alias Jozeph Brzinski, gaan herrys om sy geduld en sy vermoëns in die hof uit te daag.

Vermoedelik Dood is 'n spanningsverhaal wat afspeel in die 1990's. Geheime organisasies, 'n opleidingsplaas vir rekrute en beplande en onbeplande moorde vorm deel van die intrige.

Johan Kruger is 'n regsgeleerde. Hy was onder andere as regsadviseur betrokke by die grondwetlike onderhandelinge wat in 1993 in Kempton Park plaasgevind het.
Publikasiedatum: 2020-10-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415201756

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 210
Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho: opperstetowenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur 'n karavaan, gevolg deur 'n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga.

Dit is hier waar dié klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring dié gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense.

Tussen Evie en Willem is daar 'n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk.

Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaanse werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos 'n welkome bui reën oor 'n dor stuk platteland.

Johan Kruger is die skrywer van vier jeugromans, 'n speurroman en verskeie kortverhale. Hy is 'n senior advokaat wat lank as regter gewerk het en was ook 'n professor in die regte. Hy was nou betrokke by die skryf van die Grondwette in 1993 en 1996. Sy mees onlangse roman, Die vloek, is in 2012 vir 'n ATKV-woordveertjie benoem.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415207420

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
Lord Kitchener se Anglo-Boereoorlog het Andries Fourie se lewe verbrysel: hy was tien toe hy moes toekyk hoe die Kakies sy pa se pastorie afbrand en sy kleinboet om die lewe bring. Hierna het die konsentrasiekampe by Standerton en op Ceylon die lot van sy sussie en sy ouers bepaal.

Jare ná die Boereoorlog en aan die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog het Andries vir Kitchener in sy visier. Andries is nou 'n jong regsgeleerde in Londen. In 'n wêreld van spioene en verskuilde agendas ontvou sy wraakplan wat hy geheim hou vir Jenny, die jong Skotse vrou op wie hy verlief raak.

Van die verbrande aarde by Bethal en Irene tot in Duitsland, die sensorkantore in Whitehall en Windermere ontknoop 'n verhaal deels gebaseer op ware gebeure wat die geskiedenis onherroeplik kon verander het.
Publikasiedatum: 2015-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.