●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Jeanette Morton

Results 1 to 3 of 3
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340561

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 180
R 162Jy spaar R 18
Op Sondagoggend 1 Mei 2011 verander Jeanette Morton se lewe onherroeplik: Sy kry die gevreesde oproep dat haar kind dood is. In hierdie hartroerende memoir kyk sy terug op die lewe van haar twintigjarige seun Henno se lewe en die swart nag toe hy in 'n motorongeluk gesterf het. Sy onthou verskeie uitstaan-oomblikke wat hul gesin gedefinieer het en deel van Henno se intiemste gedagtes. Sy wroeg ook oor wat sy anders moes gedoen het en of God dan nie haar gebede gehoor het om haar kind te bewaar nie. Uiteindelik vind sy haar weg op die pad na genesing.
Met kort, aangrypende hoofstukke en treffende foto's en illustrasies is die boek 'n viering van 'n baie spesiale jong man se lewe. Dit hanteer die tipiese vrae wat ouers het, soos: Het my kind seergekry? en Is my kind in die hemel? Terselfdertyd sal dit enige persoon wat al 'n kind aan die dood moes afstaan, help om weer lig aan die einde van hul eie treurproses te sien.
Publikasiedatum: 2019-06-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198503

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
R 135Jy spaar R 15
Die hoofdogter Beatrice Malan het die perfekte lewe: sy word gekroon tot 'rugbyprinses' en gaan uit met die gewildste ou in die skool - die rugbykaptein. Maar sy raak verlief op 'n surfer van die 'verkeerde kant van die spoorlyn'.
Skielik vermy haar vriende haar en stamp sy koppe met haar skoolhoof-pa. Wat moet sy doen? Haar ore toedruk en die golf ry saam met haar nuwe ou? Of moet sy aanvaar dat 'n verhouding tussen twee mense uit totaal verskillende wêrelde nie kan werk nie? Boonop sweer die rugbykaptein wraak op Bea se nuwe liefde ...
Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195038

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
R 135Jy spaar R 15
Die Marmerprinses handel oor 'n tienerdogter, Wilmien, wat verlief raak op die nuwe onderwyser by die skool, mnr. Paul le Roux. Tussen die verlief-wees deur moet sy leer vir haar matriekeindeksamen, deadlines as redakteur van die skoolkoerant hanteer, en afreken met haar skateboarder-vriend en buurman, Chris, wat heimlik ook verlief op haar is. Al waaraan Wilmien kan dink is Paul le Roux, en die geur van sy naskeermiddel ... Wat sal sy doen as sy ná die skool se Valentynsbal 'n boodskap op haar foon kry?: Wilmien, dis ek, Paul. Ek wou net sê jy het verskriklik mooi gelyk vanaand ... Sal sy kan wegkom van die feit dat hy getroud is met kinders?
Publikasiedatum: 2011-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.