●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Janie Oosthuysen

Results 1 to 6 of 6
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180726

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 135
R 108Jy spaar R 27
Zany Zack voer 'n skrikbewind by VERI HAPPI KIDZ, die videospeletjiesfabriek. Met die hulp van 4 bose oumas van die Huur-'n-Ouma agentskap word kinders ontvoer en gedwing om dag en nag te werk. Maar gelukkig is daar ook oumas soos ouma Hester, Tian en Lisa se ouma. Haar Getaway-kar se wapens skrik vir niks en Tian en Lisa leer hoe om elke vernuftige toestel te gebruik in hul stryd teen die bose oumas. Die vakansie gaan beslis onvergeetlik wees!
Publikasiedatum: 2020-07-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391312

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
R 144Jy spaar R 16
Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus.
- Die verlore eiland
Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die geheimsinnige Ogopogo?
- Daar is vlooie in my bed
Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit
ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon ...
- Die towerpotlood
Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan 'n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur 'n vreemde ding op pad skool toe - Ronnie kry 'n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?
Publikasiedatum: 2019-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309758

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Drie Ringe vir die Elf-konings onder die hemelwerf, sewe vir die Dwerg-here in klipsale gekroon, nege vir Mense, gedoem om te sterf, een vir die Donker Heer op sy donker troon in die Land van Mordor waar die Skaduwees draal.

Een Ring om oor almal te heers, Een Ring om hulle te vind, een Ring wat almal bring en in die duisternis saambind.

In die Land van Mordor waar die Skaduwees draal.

Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture. Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas. Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.
Publikasiedatum: 2018-10-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307631

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 198Jy spaar R 22
Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in 'n samesweerdery om die dwerge se verlore skate terug te steel by Smaug die Vreeslike: 'n reusagtige en baie gevaarlike draak ...

Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasie verhale ter wêreld en word met reg as 'n klassieke werk beskou.

''n Knap geskrewe sage oor dwerge en elwe, vreesaanjaende aardgeeste en trolle.' Observer

''n Foutlose meesterstuk.' The Times

OOR DIE OUTEUR

J.R.R. Tolkien is in 1892 in Suid-Afrika gebore. Nadat hy as luitenant in die EersteWêreldoorlog gedien het, het hy hom as akademikus onderskei en word gereken as een van die beste letterkundiges in die wêreld. Hy het verskeie professorate beklee en is talle kere bekroon. Hy is in 1973 oorlede.
The Hobbit, professor Tolkien se debuutwerk, is die eerste deel van die verhaal wat in die drie volumes van The Lord of the Rings hervat en voltooi word. In die 1930's het Tolkien die verhaal van The Hobbit aan sy kinders begin vertel - na publikasie was dit onmiddellik suksesvol. Die boek is wyd vertaal en was sedertdien nog nooit uit druk nie.


OOR DIE VERTALER

Janie Oosthuysen is 'n gerekende naam in Suid-Afrikaanse vertalerskringe en met meer as 300 publikasies agter haar naam ook skrywer in eie reg. Haar werk is al verskeie kere bekroon.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798156776

Children: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Children  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 130
R 117Jy spaar R 13
"Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgesê en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar 'Engelse' niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al wéér by hulle kuier. As haar ma net wil besef dat sy wat Lizanne is, sal doodgaan as sy Ryno moet verloor. As Gerhard net wil ophou om haar te stalk. As Mandy net skielik vet word en puisies kry. As . . . as . . . as . . . Wat kan sy dóén om haar lewe en haar vakansie te red?
Die 6de in 'n reeks van 6 boeke.
1. Rugbyballe en bikini's
2. Daar's 'n ou in my aarbei-smoothie
3. My hart klop muffins
4. Ouens is nes ekstra bagasie
5. Liefde is nie tjoklits nie
6. Soene op 'n Suzuki"
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798156752

Children: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Children  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 140
R 126Jy spaar R 14
My hart behoort aan jou, aan jou . . . Die woorde draai soos 'n lied in my kop. Waar kom die verleidelik swart kaartjie met die goue boodskap vandaan? Sê nou dis van die sexy donkerkop, die nuwe ou in graadelf op wie al die meisies verlief is?
Publikasiedatum: 2012-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.