Soek resultate: Jacolet van den Berg

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624075806

Fiksie: Romanses

R 100
R 30Jy spaar R 70
Toe traumaberader Aria Brink vir Reuben Rademeyer ontmoet, wonder sy waarom hy bekend lyk. Sy ken die uitvoerende hoof van Medline mos nie. Een ding is seker: Sy vind hom aanloklik.
Dié aand is Reuben in 'n ongeluk betrokke en Aria moet vir hom berading gee. Dan onthou sy: Reuben was as student by toe haar sus verdrink het. En Aria het die omstanders nie vergewe nie.
Aria wil verhoed dat Reuben uitvind wie sy is. Sy wil niks met hom te doen hê nie. Maar die noodlot gooi hulle telkens saam . . .
Publikasiedatum: 2017-11-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795708183

Fiksie: Liefdesromans

R 245
Die surfer-meisie Simoné, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op 'n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in 'n ou kombi byeen en so begin 'n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nié so verskillend is nie? Saam trotseer dié drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoë hakke en al.
Publikasiedatum: 2017-09-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799382037

Fiksie: Romanses

R 85
Al haar wense vir 'n "storieboek-lewe" word in 'n bottel verseël en in die rivier gegooi. Maar toe dit 'n roeier met die mooiste blou oë rakelings mis, wonder Lente Pretorius of storieboek-helde nie dalk werklik bestaan nie.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624071129

Fiksie: Romanses

R 100
Beeldhouer Leah Louw het nie tyd vir komplikasies in haar lewe nie. Sy is pas gekies om beelde vir 'n uitstalling oor Nelson Mandela se nalatenskap te maak en sal al haar energie daarop moet fokus. Maar wanneer Leah en haar suster, Mari, en dìe se kinders in 'n motorongeluk betrokke met die aantreklike buurman Hein Malherbe is, is niks meer eenvoudig nie.
Die beseerde Mari en haar kinders kom by Leah bly en Hein ontferm hom oor hulle almal. Terwyl Leah aan haar beelde moet werk, kan sy Hein nie uit haar kop kry nie. Die intelligente, sensitiewe hande van haar argitek-buurman is die ideale model vir haar volgende beeld ... tog is dit nie die enigste rede waarom haar gedagtes vol is van hom nie. Sy is sowaar verlief!
Maar Mari blyk ook haar oog op Hein te hê. Hoe kan Leah haar suster, 'n enkelma met twee kinders, van 'n kans op geluk ontneem? Maak nie saak wat sy voel nie; Hein is beslis verbode. Buitendien, by watter suster lê hy nou eintlik aan?
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799351651

Fiksie: Romanses

R 65
Miekie gaan nie haar erfgrond verkoop aan die argitek wat langsaan bou nie. Die man se sagmaaktegniek gaan ook nie werk nie. Dis nie vir haar wat hy wil hê nie, maar die grond.
Publikasiedatum: 2011-09-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development