AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA

Soek resultate: Isak Burger

Results 1 to 15 of 16
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431622887

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 250
R 225Jy spaar R 25
Aan die voete van die Vader is 'n dagboek uit die pen van bekende outeur Isak Burger.

In 365 kragtige oordenkings sal lesers geestelik verryk en verkwik word. Die oordenkings sal die Here ook ʼn groter werklikheid vir mans en vroue in hulle lewe laat word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is rentmeesterskap, vergifnis, seën, genade, gebed, dissipelskap en Woordstudie.

Aan die voete van die Vader sal lesers inspireer om meer toegewyde volgelinge van Jesus te word.
Publikasiedatum: 2019-09-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432207625

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 149
R 134Jy spaar R 15
Terwyl die skadu van sy eie dood oor Hom gehang het, het Jesus van troos gepraat. Terwyl Hy geweet het dat Hy enkele ure later in die ongenadige hande van soldate sou wees, het Jesus gesê: “Julle moet nie onsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek ...” (Joh. 14:1-2).

Die dood (veral vir hulle wat agterbly) is een van die mees ontstellende en traumatiese gebeure op aarde. Hoe meer voortydig die dood van 'n geliefde is, hoe groter is die ontsteltenis, hoe meer is die vrae. Jesus Sélf was ontsteld na die dood van sy vriend, Lasarus: “Toe Jesus sien dat Maria huil ... het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan” (Joh. 11:33).
Publikasiedatum: 2018-10-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432208578

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 269
R 242Jy spaar R 27
Niemand wil graag oor die dood praat of selfs daaroor dink nie. Dit laat 'n mens ongemaklik voel. Ons hou nie van die woord “doodgaan” nie en gebruik eerder woorde soos “laaste asem uitblaas”.
In sulke tye het mense gewoonlik diep vrae oor die lewe ná die dood. Die dood en die lewe hierna beskryf met groot verantwoordelikheid wat die Bybel oor die onderwerp sê. Isak Burger se kennis van die Bybel bied interessante insigte en ewigdurende waarhede oor hoe gelowiges hulle harte kan voorberei vir die ewigheid saam met hulle Skepper.
Dit word aangebied in 'n maklike vraag-en-antwoord-formaat en verskaf antwoorde op 59 vrae wat mense het oor kwessies soos naby-dood-ervarings, verassing, die vaevuur, die hemel en die hel.
Is my sterfdatum vooraf bepaal?
Wat gebeur wanneer 'n mens doodgaan?
Hoe gaan ons woonplek in die hemel lyk?
Wat gaan ons daar doen en hoe gaan ons liggame lyk?
Gaan ek my oorlede geliefdes weer ontmoet?
Hierdie boek móét op elke gelowige se boekrak wees. Dit beskryf wat die Bybel sê 'n gelowige kan verwag wanneer hy of sy sterf en hoe die lewe daarna sal wees. Dit ontrafel die geheime en misterie van doodgaan en praat reguit teen onbybelse beskouings.
Bonus DVD:
Die DVD in MP4-formaat ontrafel die misterie van doodgaan en praat reguit teen onbebelse beskouings. Isak beskryf wat die Bybel se 'n gelowige kan verwag wanneer hy of sy sterf en hoe die lewe daarna sal wees.
Publikasiedatum: 2018-09-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9781432206772

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 179
R 161Jy spaar R 18
Dr. Isak Burger is 'n kerkleier, prediker, gesinsman en veral iemand wat Jesus Christus liefhet en verkondig. Een van sy grootste vreugdes as skrywer is om te hoor hoe mense vrede vind deur sy boeke. Hy skryf met passie omdat hy die hel armer en die hemel ryker wil maak.
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781770002241

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 170
R 153Jy spaar R 17
Maak jou oë oop vir die onsienlike wêreld rondom ons.
Elke mens het deel aan twee wêrelde: die fisiese wê­reld waarvan jy jou met jou sintuie kan vergewis, en die gees­tes­wêreld waarvan 'n mens nie langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die bestaan van hierdie geesteswêreld ontken, bete­ken beslis nie dat dit nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.
In Die geesteswêreld werp Isak Burger lig op hierdie onsienlike wêreld rondom ons. Hy fokus op veral vyf hoof­dele:
Die realiteit van die geesteswêreld
God en die geesteswêreld
Die engele
Satan en sy demone
Die gelowige en die geesteswêreld
Isak Burger wys vir gelowiges in hierdie boek daar­op dat dit nood­saaklik is om kennis te neem van die gees­teswêreld en wat daarin gebeur, want dit raak ons elkeen.
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206994

Nie-fiksie / Non-fiction: Geloof / Religion

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Geloof / Religion
R 179
R 161Jy spaar R 18
Death and life thereafter tells what a believer can expect during death and life after death, according to the Bible. The book unveils the many secrets and mysteries of death. It also speaks out against unbiblical beliefs.
Publikasiedatum: 2016-10-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432207878

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 139
R 125Jy spaar R 14
12 omroepers en bekende stemme van Radiokansel skryf saam met die doel om jou te laat nadink oor jou eie lewe en hoe jy 'n verskil kan maak.
Elke dag is 'n nuwe geskenk wat ons ontvang om oop te maak en te geniet. Soms sien ons dit as vanselfsprekend, maar eintlik moet ons daarna toe streef om elke dag 'n verskil te maak - elke geskenk wat ons kry, iets terug te gee.

12 van Radiokansel se omroepers, soos Janine van Niekerk, Wanda Bam, Brad Kirsten, Jannie Pelser en ander skryf saam aan die splinternuwe Bybeldagboek, 'n Nuwe dag. En die doel? Om jou elke dag te herinner dat jy die dag as geskenk ontvang het en jou beste moet gee om iets terug te gee.

Sien weer die wonderwerk in 'n dag raak. Staan stil en waardeer die klein dingetjies. Wees dankbaar dat jy nog 'n kans gekry het om 'n verskil te maak.

Elke skrywer kry 'n maand om sy of haar oordenkings te skryf. Wat dit so uniek maak is dat jy verskillende stemme sal hoor en elke boodskap sal 'n nuwe, vars aanslag hê.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432205829

Christelik / Christian: Troos & Berading / Bereavement & Counselling

Christelik / Christian  -  Troos & Berading / Bereavement & Counselling
R 134
R 121Jy spaar R 13
Heaven or Hell?

Death is an inevitable part of life.

A reality that hurts.

But it is also the beginning of the life hereafter. And that is exactly where all our questions arise ...

Is my date of death predestined - and by whom?
What happens before you take your last breath?
Where do you go after you die?
What does hell look like and must we fear ending up there?
Can you go to heaven when you commit suicide?
What will it be like to spend eternity with Jesus?
5 Minutes Before and After Death unravels the secrets and mysteries of death. It is blatantly honest about unbiblical religious views and warns readers to make the right decision today! It's not a sermon intended to scare you ...

The words of Jesus about the afterlife in Luke 16:19-31 will answer most of your questions. Isak Burger's insight and wisdom found in the Word, will replace your fears with certainties about God's free gift of grace.

This book will give you new-found appreciation for the privilege of being able to live your life to the full.

We have a wonderful prospect awaiting us after we die!

When you're mourning a loved one's death - take courage in the fact that you will be reunited with them one day!
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9781432205850

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 135
R 122Jy spaar R 13
HEMEL OF HEL?

Die dood is deel van die lewe. 'n Werklikheid wat mense seermaak, maar ook die begin is van alles wat hierna gebeur.
En dís waaroor mense so baie vrae het.

● Is elkeen se sterfdatum vooruitbepaal - en deur wie?
● Wat gebeur net voor jy jou laaste asem uitblaas?
● Wat ervaar jy wanneer jy sterf en waar is jy net daarna?
● Hoe lyk die hel en moet gelowiges bang wees om daar te beland?
● Kan mense ná selfdood hemel toe gaan?
● Hoe sal dit wees om vir ewig by Jesus te wees?

5 minute voor en ná die dood ontrafel die geheime en misterie van doodgaan.

Dit praat reguit teen onbybelse geloofsbeskouings en waarsku dat jy nou die regte besluite moet neem.
Maar dis nie 'n bangmaakpreek nie!
Jesus se woorde oor die hiernamaals in Lukas 16:19-31 sal al jou vrae beantwoord.

Isak Burger se wysheid uit die Woord sal jou vrese vervang met sekerhede oor genade wat vir elkeen beskikbaar is.
'Jy sal nuwe waardering kry vir die voorreg van voluit lewe met 'n uitsig op heerlike dinge wat vir jou wag.
En as jy treur oor 'n geliefde wat dood is, sal jy getroos voel en weet: Eendag sien ons mekaar weer.'
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9781432203481

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 130
R 117Jy spaar R 13
Dit gaan nie net oor 'n aangrypende historiese gebeurtenis nie. Dit gaan oor die verskil wat dit in die lewens van honderde miljoene mense gemaak het - die verskil tussen hemel en hel.
Jou verhouding met en jou liefde vir God staan in direkte verband met jou begrip en waardering van die gebeure tydens Die laaste dae van Jesus. Hierdie boek wil jou help om God se liefde en die heilsgebeure beter te verstaan. Wat regtig met Jesus gebeur het, maak saak!
Om die volle impak van wat gebeur het te verduidelik, is daar in hierdie boek aanvullende mediese inligting. 'n Forensiese patoloog interpreteer
die Bybelse gebeure vanuit sy kennis en verduidelik wat liggaamlik aan Jesus gedoen is.
Waarom moet gelowiges weet wat die intensiteit van die marteling van Jesus was? Die wrede, forensiese feite is nodig om die suikerlagie wat
mense om die kruisiging geplaas het af te ruk. Dis afgryslik om te wete te kom hoeveel bloedverlies Jesus gely het, hoe geseling en senuwees
wat beskadig is moontlik tot hartversaking gelei het. Maar terselfdertyd kan jy weet dat Hy dit vir jou verlossing gedoen het. Dit kan jou geloof
versterk en hoop gee in 'n wêreld wat nie meer glo nie.

DR ISAK BURGER is bekend as kerkleier en skrywer van boeke soos Die eerste 5 minute in die hemel. Sy grootste passie is om mense aan Jesus bekend te stel. Hy fokus in sy studies, preke, skryfwerk en besoeke aan Israel op wie Jesus is en wat Hy gedoen het.

DR. LEON WAGNER is 'n forensiese patoloog met 'n privaat praktyk wat al meer as 10 000 nadoodse ondersoeke gedoen het. Hy tree gereeld by kerke op om die Bybelse weergawe van die kruisgebeure toe te lig met sy kennis oor die volle impak van wat met Jesus gebeur het.
Publikasiedatum: 2015-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204402

Christelik / Christian: Mans / Men's Interest

Christelik / Christian  -  Mans / Men's Interest
R 74
R 67Jy spaar R 7
Wie verstaan mans se geestelike behoeftes? Mans natuurlik ...
In hierdie boek besin 30 mans uit verskillende agtergronde en met uiteenlopende beroepe oor sake wat vir mans belangrik is. Dis bedoel vir al die mans in 'n vrou se lewe: huweliksmaat, pa, skoonpa, seun, oupa, broer, neef, oom ...
Die 120 dagstukke bied motivering aan die sterker geslag om doelgerig én sag te wees. Om 'n leier te wees, maar nie 'n diktator nie. Om sonder
arrogansie, maar met gesag 'n man na God se hart te wees. En om verhoudings te hê wat gekenmerk word deur liefde en respek.
Publikasiedatum: 2015-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432204655

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 119
R 107Jy spaar R 12
Wat help dit om aan te hou glo?
Die dood omring jou van alle kante. Dit lyk of die kerk niks kan regkry in die wêreld nie. Gelowiges maak mekaar seer … Is die hemel nie net 'n sprokie nie?

Stop! Bly kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Isak Burger. Hier is genoeg vir 'n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens jóú behoefte. En jy kan sy Bybelkennis wat lig bring en waarhede vol hoop vir jou vriende en familie aangee, wanneer hulle twyfel.

Hierdie aanhalings vertel van Jesus wat jou verlos en jou lewe sin en betekenis gee. Hulle sal jou oortuig dat die dood niks is om te vrees nie. Dat die hemel iets is om na uit te sien. En dat jy op pad soontoe gedra word deur God se liefde.
Publikasiedatum: 2015-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432203535

Christelik / Christian: Christelike Leefwyse / Christian Living

Christelik / Christian  -  Christelike Leefwyse / Christian Living
R 129
R 116Jy spaar R 13
Die mense wat my die meeste teleurgestel het, is kerkmense. Ek het hoë verwagtings gehad dat ek in die kerk welkom sou wees, net soos ek is. Presies die teenoorgestelde het gebeur! Ek weet nie of ek nog in Jesus kan glo as dit is hoe sy volgelinge optree nie.”
Te veel mense word deur die Christelike godsdiens teleurgestel en kom dan nie by Jesus Christus uit nie.

Kom ontmoet die ware Jesus! Leer Hom in hierdie boek ken as die beginpunt van jou geluk, selfvertroue en innerlike vrede. Ervaar die liefde, genade en vergifnis wat Hy kan gee omdat Hy God is. Dit is net Hy wat alle pyn en seerkry kan genees. By Hom is alle mense welkom. Hy kyk nie na mense se status of die prestasies wat hulle behaal het nie.

Jesus is méér laat die historiese Jesus van die Bybel voor mense van vandag gestalte kry. Dit is nie 'n volledige geskiedenis van sy lewe en werk nie, maar lig die hoogtepunte uit sodat Jesus 'n groter werklikheid in mense se lewens kan word. Mense het God nodig - nie skynheilige godsdiens met uitputtende voorskrifte nie. Die dinge wat gelowiges doen wat mense van Jesus af weghou, word daarom in liefde uitgewys, nie as veroordeling nie, maar as aanmoediging vir almal wat waarlik die kerk van Jesus wil wees om Hóm vir die wêreld te wys.
Publikasiedatum: 2014-03-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432202958

Christelik / Christian: Dagstukke - Algemeen / Devotionals General

Christelik / Christian  -  Dagstukke - Algemeen / Devotionals General
R 169
R 152Jy spaar R 17
52 Skrywers in hierdie dagboek se boodskappe is in 52 weke opgedeel. Vir 'n jaar lank sal God met jou praat deur spesiaal uitgesoekte verse uit die Bybel en die aktuele toepassings daarvan deur mense wat die lewe aam met jou leef. Begin jou dag met beloftes van God se omgee vir jou probleme, 'n nuwe manier van dink oor die seer op jou pad en die wete dat jy 'n kind van die Almagtige Vader is.
Woorde soos hoop, vergifnis en vrede sal na hierdie boek nie meer betekinlose 'kerk' - woorde wees nie. Hulle sal praktiese maniere word om nader aan God te kom.
Publikasiedatum: 2013-09-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9781432202224

Christelik / Christian: Algemeen / General

Christelik / Christian  -  Algemeen / General
R 100
R 90Jy spaar R 10
Antwoorde oor die dood en die lewe daarna. Wat wag vir ons in die hemel? Die lewe na die dood is oneindig belangrik - ons gaan die res van ons bestaan daar deurbring. Jou keuses nou bepaal of jy uitsien na die wonder van die hemel ... of die verskrikking van die hel ...
Publikasiedatum: 2013-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.