AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Soek resultate: Irma Joubert

Results 1 to 11 of 11
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385939

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 340
R 272Jy spaar R 68
Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. 'Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog 'n mond wat moet kos kry, nog 'n lyf wat gewas moet word, nog 'n asem in die hut. Nog 'n kind.'
Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, 'n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in 'n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944 - 1945.
Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as 'n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.
Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.
Irma Joubert is 'n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.
Publikasiedatum: 2019-07-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799376968

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 340
R 170Jy spaar R 170
Op die vooraand van WO1 ontmoet die ryk, beskermde 14-jarige Hildegard von Plötzke van Oos-Pruise 'n student genaamd Gustav uit Duits-Suidwes. Hoewel daar nie sprake van 'n verhouding is nie, omdat sy net 'n kind is, maak hy 'n onuitwisbare indruk op haar en haar sy is hartseer en verlore toe hy - sonder om te groet - teruggaan na sy land van herkoms wanneer WO1 uitbreek. Ná die oorlog is daar van haar pa se rykdom weinig oor, maar sy trou met 'n ryk dokter en verhuis na Berlyn waar sy mettertyd weer 'n welvarende lewe lei.
Hulle het drie kinders: twee seuns en 'n dogtertjie, Ester. WO2 breek uit en haar man en twee seuns sterf aan die front. Hildegard en Ester skuil in hulle kelder, beleef bomaanvalle, oorleef die koue, die hongersnood en die verskrikking van oorlog.
Hulle kry 'n uitkoms deur na Suidwes te emigreer. Hildegard kry werk as huishoudster en versorger by 'n moeilike ou Duitse baron in Windhoek, waar sy en haar kind in die bediendekwartiere woon.
Sy is geweldig geskok toe sy Gustav by een van die baron se talle onthale herken. Die swaarkry van die oorlog het egter sy tol geëis en daar is weinig oor van die eens beeldskone en ryk vrou. Hy herken haar nie dadelik nie. Sy doen moeite om te sorg dat dit so bly, want die vernedering sal vir haar te groot wees met haar rooigeskropte hande, haar dowwe hare en haar brandmaer lyf.
Tog herken hy haar wel wanneer sy in een onbewaakte oomblik klavier speel by een van die onthale. Die storie eindig soos alle sprokies. Gelukkig.

Immer Wes is die eerste boek in Irma Joubert se nuwe trilogie. Al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders. Joubert sê 'dit maak nie saak wie die vyand is nie, die vergrype teen die mens is dieselfde. Sodra honger oorneem, word die mens soos 'n dier'.

Oor die skrywer
Immer Wes is Irma Joubert se tiende boek. Sy het ongekende welslae in die buiteland behaal met ses van haar boeke wat reeds in Nederlands vertaal is. Dit sluit Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies, Tolbos, Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad in. Sedert Tussen stasies in 2011 as Het Meisje uit de Trein uitgereik is, het haar gewildheid jaarliks toegeneem en altesaam 85 000 eksemplare van die ses titels het reeds verkoop. In 2014 is Kronkelpad ook met die prys vir die gewildste vertaalde Christelike werk in Nederland bekroon, 'n eerbewys waarvoor die publiek stem.
In 2008 was Irma 'n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Pérsomi in 2011 en Kronkelpad in 2012.
Tussen stasies is al in Duits vertaal en is ook daar 'n reuse-sukses. Dis reeds in 'n vierde druk, al is Das Mädchen aus dem Zug eers in 2014 uitgereik. Die vertalers werk nou daaraan om ook Ver wink die Suiderkruis op Duitse winkelrakke te kry.
Ook die Amerikaners is opgewonde oor die stukkie Suid-
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799343434

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 255
R 230Jy spaar R 25
Vonkpos vir die hart
'n Beskermengel vir Marlene

Irma Joubert het duisende lesers met Tussen stasies, Ver wink die Suiderkruis en Verbode drif bekoor. Veilige hawe is 'n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses.

In Vonkpos vir die hart probeer Liezl die muur om Pieter Naudé afbreek. Na die moord op sy gesin is dit nie maklik nie. Sy verstaan egter, sy het self haar man verloor. Tog raak sy lief vir hom. Na wie luister sy, haar hart, of haar verstand?

'n Beskermengel vir Marlene is die drie en twintigjarige weduwee, Marlene, se verhaal. Sy's bang en sy vertrou niemand. Tot Adolf opdaag. Haar bang word vertroue. Sy erken dat sy hom liefhet. Baai haar in sy omgee, sy sorg ... Tot die verlede hulle inhaal.
Publikasiedatum: 2015-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799343120

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
R 248Jy spaar R 27
Sy's 'n Boeremeisie, hy's 'n Jood. 'n Boerejood, ja, maar nogtans 'n Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms nie. Die Jode, weet Elizabeth, is 'n ander dam se eende. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd 'n plan.
Publikasiedatum: 2014-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799364033

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 340
R 306Jy spaar R 34
Die tienjarige Katrien Neethling, kleindogter van Kate en Bernard uit Ver wink die Suiderkruis, hoor oor die radio die polisie skiet op betogende skoolkinders in Soweto. Gedurende dieselfde week in Pole word die vyftienjarige Wladek Kowalski, broerskind van Jakób Kowalski uit Tussen stasies, deel van 'n betoging teen kommunisme.

Die gebeure vanaf Junie 1976 tot die einde van 1989, met die val van apartheid in Suid-Afrika en die val van kommunisme in Pole, vorm die politieke agtergrond van hierdie roman. Albei karakters raak betrokke by ondergrondse bedrywighede teen hulle onderskeie regerings en hulle name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande.

Bekende aspekte uit die tagtigerjare gee verdere geur aan die verhaal: verpligte diensplig; die noodtoestand en mediasensuur; die Vrye Weekblad; Afrikanerjongmense se opstand teen die gesag van die Nasionale Party, die Broederbond, die kerk; die literatuur van daardie jare: Die swerfjare van Poppie Nongena, Kanna hy kô hystoe, 'n Droë wit seisoen; en veral die alternatiewe Afrikaanse musiekgroepe en die Voëlvry-beweging.

Bo en behalwe die musikante wat deelneem aan die Alternatiewe Afrikaanse Beweging, ontmoet die leser ook bekende karakters soos Helen Zille, 'n jong joernalis by die Rand Daily Mail, en die enigmatiese Max du Preez in die deurmekaar kantore van die Vrye Weekblad.

Irma Joubert skryf oor mense. Haar romans lees so lekker, want hulle word deur die karakters gedryf.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799364040

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 284Jy spaar R 31
Ver wink die Suiderkruis speel af midde-in die wurgende depressie in 1933 - ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate Woodroffe is die dogter van die ryk mynbaas John Woodroffe. Terwyl sy navorsing vir haar verhandeling in armblankebuurte moes doen, stel haar pa Bernard Neethling aan om haar op te pas. Hy is deel van die mynwerkerafvaardiging wat met die mynbase onderhandel. Al kom hy uit 'n baie arm omgewing, is hy baie ingelig en 'n sterk leier, tog is hy 'n slagoffer van sy omstandighede. Bernard neem haar na die woonbuurte in Johannesburg se Fordsburg, later gaan hy saam met haar na die Wes-Transvaal, waar sy navorsing onder delwergesinne doen, en heelwat later Bosveld toe.

Die twee raak verlief, maar weet hulle is wêrelde van mekaar verwyder. Hy kan nie vir haar gee waaraan sy gewoond is nie. Toe hulle Bosveld toe is - skroeiend warm en droog - bly hulle by haar grootouers. Haar oupa weet egter nie Kate is sy kleinkind nie. Tydens die Anglo-Boereoorlog het hy sy twee seuns verloor en is verbitterd teenoor die Engelse, want sy dogter - Kate se ma - het 'n siek Engelse soldaat versorg en hulle het op mekaar verlief geraak. Die ou man kon nie aanvaar dat sy dogter met een van die vyand wou trou nie en vandat sy daar weg is saam met John Woodroffe, het hulle mekaar net een keer gesien.

Kate se ouma weet wie Kate is, maar nie haar oupa of Bernard nie.

Toe hulle terugkom in Johannesburg, besef Bernard hoe onmoontlik hul liefde vir mekaar is en hy verdwyn. Stukkend gaan sy later na haar ouma-hulle se plaas toe met die doel om haar oupa te vertel wie sy is. Daar tref sy Bernard aan wat saam met haar oupa om die helfte boer.

Toe Bernard hoor dis haar oupa en ouma, is hy woedend. Hy voel Kate het nie oop kaarte met hom gespeel nie en daarom verdwyn hy weer die veld in sonder om haar te groet. Kate vertel ook vir haar oupa die waarheid. Hy is verslae, maar nie heeltemal ongeneë om haar ouers te ontmoet nie. Drie weke later kom kuier hulle by die ryk Woodroffes in Parktown Ridge, die familie raak versoen en eindelik daag Bernard ook op.

Die reeks

Ver wink die Suiderkruis is 'n heruitgawe van die eerste boek in die trilogie wat bestaan uit Tussen stasies, die tweede boek, en Tolbos, die derde boek. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is albei topverkopers. Albei is reeds in Nederlands vertaal. Tussen stasies word ook tans in Duits vertaal en HarperCollins gaan dit binnekort in Engels vertaal. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is ook voorgelees op RSG.

Irma Joubert skryf regte mense se stories. Sy fokus op die verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, asook die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur en die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om 'n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir 'n nuwe generasie lesers.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799364057

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 340
R 306Jy spaar R 34
Die vroulike hoofkarakter, Gretl, se ouma was 'n Jodin wat met 'n Duitser getroud is. Haar ma was dus half-Joods en haar pa patrioties Duits. Sy en haar suster is slegs 25% Joods, maar in Nazi-Duitsland is Jode in 1944 na Auschwitz gestuur - selfs in die derde en die vierde geslag. Teen daardie tyd wéét die Jode van die doodskampe. Daarom laat die ma haar twee dogtertjies ontsnap deur 'n klein opening in die beestrok waarmee hulle vervoer word. So swerf die agtjarige Gretl en haar twaalfjarige suster deur die suide van Pole op pad na familie in Switserland. Die suster word ernstig siek en hulle kry onderdak by 'n bitter arm Poolse vrou met 'n swetterjoel kinders.

Die manlike hoofkarakter, Jakób, is 'n vurige Poolse student wat tydens die oorlog by die Poolse weerstandsbeweging aansluit. Die beweging het hoofsaaklik guerrilla-aanvalle op beide Duitse en Russiese magte gedoen, gestreef na die outonomie van Pole ná die oorlog, en vlugtelinge, ook Jode, gehelp.

Wanneer Gretl se suster sterf, en die Poolse vrou ook nie meer na haar kan omsien nie, word Gretl Jakób se verantwoordelikheid. Gretl weet nie waar of wie die familie is waarheen hulle op pad was nie, dus neem hy haar saam na sy ouerhuis in Czestochowa. Daar is egter geweldige armoede en tekorte in die naoorlogse Pole, sodat sy teen die einde van 1947 ook nie meer daar kan bly nie. Jakób lees van 'n program wat Duitse wesies na Suid-Afrika stuur en hy kry haar daar in.

In Suid-Afrika word Gretl aangeneem deur Kate en Bernard Neethling van Ver wink die Suiderkruis en word verder groot op hulle familieplaas in die Bosveld. Gretl het haar lewe begin as 'n Duitsertjie in die Lutherse Kerk. Toe haar pa sterf, het die res van die gesin by haar weduwee-ouma gaan bly. Hier volg hulle Joodse gebruike. By Jakób se familie beland sy in 'n Pools-Katolieke gemeenskap. In Suid-Afrika moet sy aanpas in 'n konserwatiewe Calvinistiese Afrikanerhuis, -skool en -gemeenskap. Sy ontsnap na 'n wêreld van haar eie waar realiteit en fantasie vermeng raak om die verlange na Jakób te temper.

Tydens die Poolse Rewolusie van 1956 word Jakób gedwing om Pole te verlaat en te vlug na Suid-Afrika.

Uiteindelik vind Gretl en Jakób mekaar weer, maar albei het intussen verander. Sy is 'n pragtige derdejaar- B.A.-student aan Tuks wat weet wat sy wil hê, maar nie seker is wie sy is nie. Hy is 'n ingenieur van byna 35, ontnugter en ontwortel, maar vasbeslote om in hierdie sterk anti-kommunistiese land 'n toekoms te bou.

Wanneer hulle ontdek dat daar gevoelens tussen hulle is, weier haar pa, aangesien Jakób 'n Katoliek is. As twee randkarakters in hulle nuwe gemeenskap, met al hulle bagasie wat hulle saamsleep, moet die twee mekaar ondersteun hier onder die fel suiderson.

Die reeks
Tussen stasies is 'n heruitgawe van die tweede boek in die trilogie wat bestaan uit Ver wink die Suiderkruis, die eerste boek, en Tolbos, die derde boek. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is albei topverkopers. Albei is reeds in Nederlands vertaal. Tussen stasies word ook tans in Duits vertaal en HarperCollins gaan dit binnekort in Engels vertaal. Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies is ook voorgelees op RSG.

Irma Joubert skryf regte mense se stories. Sy fokus op die verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, asook die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur en die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om 'n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir 'n nuwe generasie lesers.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624053873

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 279Jy spaar R 31
Kronkelpad speel af teen die agtergrond van die polio-epidemie van die 1950's. Marco Romanelli, 'n Italianer wat in 'n konsentrasiekamp was, gaan woon in die Bosveld vir gesondheidsredes.
Daar ontmoet hy vir Dr. Lettie Viljoen. Die liefde blom, maar hulle toekoms is gevul met vele struikelblokke.
Publikasiedatum: 2011-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624052791

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 235
R 212Jy spaar R 23
In hierdie boek word 'n baie gewilde skrywer se lekkerleeskortverhale vir die eerste keer byeengebring. Hier is 'n ryke verskeidenheid stories, onder meer oor geleenthede soos Kersfees, Vadersdag, en meer. Die liefde - in sy vele fasette uitgebeeld - is die gemene deler.
Publikasiedatum: 2011-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624049340

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 266Jy spaar R 29
Boelie is Mister Fourie se oudste seun en erfgenaam; Pérsomi is die bywonerskind. Maar Pérsomi is slim, waarskynlik te danke aan haar onbekende biologiese pa. 'n Baie spesiale vriendskap ontwikkel tussen Boelie en Pérsomi, maar iets hou Pérsomi terug - waarom kan sy nie met oorgawe liefhê nie?
Publikasiedatum: 2010-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624047018

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 257Jy spaar R 28
Die Tweede Wêreldoorlog verdeel nie net die wêreld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teëstaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine - jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op 'n unieke manier deur die oorlog beïnvloed word.
Publikasiedatum: 2009-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.