●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Human

Results 1 to 15 of 81
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776356867

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86Jy spaar R 9
Liefde kan jou siel genees
Zadelle, die nuwe dokter op Groeneweide, dra 'n donker geheim en stel geensins belang in enige verhouding nie. Totdat sy vir Jacques Greyling, 'n aantreklike beesboer ontmoet. Jacques verloor sy hart op Zadelle en is vasberade om haar vir homself te wen, maar vind gou uit dis nie so maklik nie. Jacques is egter 'n Greyling en deins nie terug vir enige uitdaging nie. Zadelle oorweeg 'n verhouding met Jacques, maar eers moet sy vir berading by die plaaslike dominee gaan om haar te help om haar verlede te verwerk. Sal Jacques haar verwerp as hy die waarheid oor haar verlede uitvind? Kan sy haar probleem oorkom? Jacques vind wel die waarheid uit, maar dit maak 'n sterker beskermingsdrang binne hom wakker. Hy werp alles in die stryd om haar te help en saam moet talle struikelblokke oorkom voordat hulle geluk kan vind.

Nog 'n inspirasieverhaal met baie hart wat op die dorp Groeneweide afspeel.
Publikasiedatum: 2022-06-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776354948

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy is allergies vir mans, en hy het al sy vingers verbrand met 'n vrou...
Berna Erasmus is allergies vir mans. Haar ma was 'n orkaan wat haar eie lewe en die mense om haar s'n met haar leefwyse verwoes het, en hierdie appeltjie gaan beslis sorg dat sy ver van daardie boom af val. Haar tannie wat haar grootgemaak het en haar beste vriendin span saam om haar en die aantreklike Ryno Viljoen vir ses weke in hulle strandhuis op Meeubaai saam te gooi. Hulle reken sy moet romanse beleef voor sy dertig word en dalk op die rak bly sit, maar sy verkies haar liefdeservaring tussen die bladsye van 'n boek. Ryno het 'n duur les geleer met slinkse vroumense en hy gaan hom nie weer laat ore aansit nie; hy fokus liewer op sy studies en sy loopbaan. Die
ongekunstelde Berna laat hom egter dinge voel wat hy nooit verwag het nie. Is dit net 'n ingebore beskermingsdrang, of is dit dalk die ware Jakob?

ʼn Romantiese komedie met baie hart - Madelie het haarself oortref met hierdie boek.
Publikasiedatum: 2021-12-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182287

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 125
Dis Pikkewyntjie se eerste dag by die kleuterskool. Hy hou net mooi niks daarvan om weg te wees van sy mamma en pappa nie! Maar ná 'n dag saam met die ander pikkewyntjies, besef hy dat dit groot pret is om maatjies te hê. Hierdie pragtige hardeband slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in 'n kits droomland toe stuur.
Publikasiedatum: 2021-09-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182270

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 125
Kom saam met Hasie wanneer sy die eerste keer die holte verlaat en die wêreld aandurf. Sy vind uit sy het alles wat 'n hasie nodig het - lang ore om mee te luister, 'n knoopneusie om mee te snuffel en sterk agterpote vir hardloop, huppel en hop. Hierdie pragtige hardeband slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal kinders in 'n kits droomland toe stuur.
Publikasiedatum: 2021-09-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182256

Kinders: Kartonboekies

Kinders  -  Kartonboekies
R 90
Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met verskillende diere, soos 'n uil, kuiken, hond, olifant, lama, dolfyn, sprinkaan en haas terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees. Die boeke is perfek vir badtyd en gewone speeltyd!
Publikasiedatum: 2021-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182249

Kinders: Kartonboekies

Kinders  -  Kartonboekies
R 90
Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met verskillende diere, soos 'n by, pikkewyn, wurm, beer, seekat, kat, skaap en krap terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees. Die boeke is perfek vir badtyd en gewone speeltyd!
Publikasiedatum: 2021-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904502

Fiction: Science Fiction & Fantasy

Fiction  -  Science Fiction & Fantasy
R 290
Clementine Khoza is a hard person; hard to know, hard to love, hard to fight. When she was a little girl, her grandfather put a stick and a shield in her hands and taught her the ancient stick-fighting art of her Zulu ancestors. The hard way.

And right now she is in a hard place, searching for Drew, her young son - kidnapped and drawn into the heart of a vicious gang conflict. Ex-army and ex-cop, Clementine has tracked Drew's phone to Welcome Shade - a sprawling retirement estate that has fallen into disrepair to become a gang-infested war-zone. With nothing but a talent for violence, a drone piloted by a skinny Afrikaans street kid as her eye-in-the-sky, and a huge dog with ptsd who tried to kill her and then, somehow, became her sidekick, she'll wield stick and shield, machete and shotgun, and wade through a sea of bodies to find her son.

But the gangs are only part of the problem. Dark, twisted things stalk the estate: nightmare creatures, elite military snipers working as mercenaries and a sword-wielding man on a white horse who has made her and Drew part of his agenda. And then there are the memories and visions of her ancestors, and her own very special hallucination whom she nicknames 'Glitch'.
It's going to be a hard day.
Publikasiedatum: 2021-08-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607412

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
'n Voël in 'n kou sing steeds Ali Grey se lewe is aan skerwe. Haar skitterloopbaan as sangeres in New York is in die weegskaal, want na 'n ongeluk is haar spraak aangetas en sy het 'n lelike litteken aan haar wang. Hoe kan God dit aan haar doen? Maar dan verskyn haar jeugliefde, Jason Vermeulen, weer in haar lewe en hy oortuig haar om by hom in die stad te bly sodat sy behandeling vir haar beserings kan ontvang. Sy worstel om haar geloof te behou ten spyte van alles en wanneer sy begin herstel, kan sy nie besluit of sy wil teruggaan Amerika toe of nie. Wil Jason haar daar hê? Hy sê niks en die onsekerheid maak haar gek. Moet sy teruggaan New York toe of moet sy by hom bly? Kan sy die besluit op haar eie neem, of moet sy vertrou dat God 'n groter plan met haar lewe het? Lentemelodie is die vierde boek in die Soeteweide-reeks, en volg op Somerson, Herfswind en Winternag. Dit is 'n spirituele inspirasieverhaal wat die lewe vier sonder om te prekerig voor te kom. Die verhaal speel deels in New York af, en dis duidelik dat Human haar navorsing gedoen het om die milieu eg raak te vang.
Publikasiedatum: 2021-07-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639607214

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Moet sy teruggaan na haar eie tyd of haar hart volg?
Juli le Roux word wakker in haar sitkamer, maar vind tot haar skok uit dis driehonderd jaar in die verlede tyd. Sy het op 'n geheimsinnige wyse plekke geruil met haar identiese oorgrootjie wie se naam sy dra. Om alles te kroon, erf sy nie net die vrou se identiteit nie, maar ook haar verloofde. Sy moet met Louis Rousseau trou om haar familie se erfenis te red. Louis Rousseau is bereid om sy belofte wat hy langs sy ou vriend se sterfbed gemaak het, na te kom, maar hy sien op na 'n leeftyd saam met Juliette vir wie hy niks voel nie. Die Juli wat hy egter nou leer ken, is allesbehalwe die vervelige meisie saam met wie hy grootgeword het. Sy is pure vrou, vol lewe en vurig van geaardheid. Juli het 'n groot besluit om te maak: Moet sy probeer teruggaan na haar eie tyd, of bly by die man op wie sy halsoorkop verlief is?
Tydloos is Romanza se eerste tydreisverhaal. Dit speel af in twee tydsones in Stellenbosch. Dit is 'n stomende verhaal met 'n paar unieke liefdestonele.
Publikasiedatum: 2021-05-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639605784

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Die son sal weer skyn
Sabrina loop die man raak wat sy nooit weer wou sien nie. Nie net een keer nie, sommer baie! Boonop lyk dit vir haar of Ruan die ontmoetings beplan. Sy weet egter dat hulle normaalweg nie in dieselfde sirkels beweeg nie - haar lewe is in die stad en syne is op die plaas. Hy kan sy bes probeer, maar haar tyd op Groeneweide is beperk. Totdat grendeltyd aangekondig word. Sabrina moet vinnig besluit of sy gaan vlug, of teen haar gevoelens vir die bruinoog cowboy veg. 'n Hoër hand maak die keuse vir haar makliker en Groeneweide word haar tydelike tuiste. Wanneer die pandemie Sabrina se besigheid bedreig, word albei se geloof beproef, maar liefde oorwin selfs die moeilikste van omstandighede.
Somerson is die laaste boek in Madelie Human se Groeneweide-reeks. Dit is 'n deernisvolle verhaal wat Christenskap en liefde op 'n gemaklike, eerlike wyse integreer.
Publikasiedatum: 2021-01-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780639605159

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hy is in die winter van sy lewe, maar sy is soos 'n ontembare vuur ... Belinda Behrens is 'n befaamde sangeres wat dikwels op koerantvoorblaaie pronk, maar haar hart hunker na meer. Sy wil haar dogter leer ken, uit die kollig kom en 'n tuiste op Groeneweide maak. Ongelukkig wil die beesboer met sy heldergroen oë haar net nie uitlos nie. Jaco Greyling is in die winter van sy lewe. Sy vrou is oorlede, sy twee tieners gee vir hom elke dag 'n ekstra kolletjie grys hare en hy staan op die rand van bankrotskap ná jare van droogte. Hy is hoegenaamd nie gereed vir enige verhouding nie, maar die mooie Belinda met haar onwrikbare geloof dat die son weer sal skyn, spook by hom. Ten spyte van talle struikelblokke ontwikkel daar iets tussen hulle wat nie een van hulle kan vermy nie, en waar daar liefde is, is daar hoop. Madelie Human gebruik godsdiens op 'n manier wat nie die liefdesverhaal bederf nie, maar dit eerder verdiep. Daarby inkorporeer sy sosio-ekonomiese probleme soos droogte om bewustheid te skep van die situasie waarin boere hulself bevind. Winternag is deel van 'n trilogie wat handel oor die mense van Groeneweide.
Publikasiedatum: 2020-08-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639605272

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Optelgoed is hougoed
Brink de Meyer se terugkoms Sitrusville toe het al wat hubare vroumens is op hol. Almal behalwe Tharien. Hy's van die bodorp en sy 'n motorwerktuigkundige. Maar Brink draai net om haar. Onthou hy nie hulle geskiedenis nie?

Jy is die een
De Wet Erasmus is skoon bombefoeterd oor sy nuwe huismaat. Daar's skielik net te veel goed, te veel vróú in sy huis. Roni versondig sy siel graag, nie bedag op wat in dié strak wetenskaplike skuil nie.

Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publikasiedatum: 2020-07-22
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799398557

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Laat die anale van die gemeente aandui: Die orrelis dink die dominee is sexy
Mari Pelser is teen die grond. Haar ouers is gelyktydig in 'n motorongeluk dood en sy moet die pastorie se inhoud oppak om plek te maak vir die nuwe predikant. Sy het nou net een begeerte en dis om weg te kom van haar kleindorpse bestaan op Groeneweide. Die Pelsers het godsdiens in haar keel afgedruk en sy wil niks van hulle soort Christenskap weet nie. Die nuwe dominee daag op met moderne idees en 'n totaal ander soort bediening van die Woord as haar pa, maar sy gaan nie toelaat dat hy haar bepreek nie, al maak die mooie man haar knieë lam. Intussen doen sy aansoek vir werk in die stad en leef haar uit in haar musiek as orrelis van die kerk en musiekonderwyseres by die skool. Sy kry egter nie die werk nie en intussen kruip dominee Driaan al dieper in haar hart. Daar is egter iets wat die Pelsers al die jare vir haar weggesteek het en toe dit onverwags op die lappe kom, is Mari se lewe weereens omvergewerp. Durf sy op Driaan leun vir ondersteuning en kan sy uitkoms soek by die Hemelse Vader wat hy aanbid?

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Herfswind is Madelie Human se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:
-Held in blou jeans (April 2018),
-Lank, donker en gevaarlik (Februarie 2019),
-Lank, donker en verleidelik (Julie 2019), en
-Lank, donker en dierbaar (September 2019).
Publikasiedatum: 2020-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799396393

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Reg en geregtigheid met meer as ʼn tikkie liefde daarby ... Rochelle Benade, maatskaplike werker en kampvegter vir dié wat nie vir hulself kan baklei nie, kom in die hof te staan teenoor die silwertong prokureur, Zirk Heyns. Wat oorreed ʼn intelligente man soos hy om aan die kant van gewetenlose kindermishandelaars te wees? Algaande kom sy agter hy is egter nie die duiwel waarvoor sy hom aansien nie - sy ouma dink selfs hy is dierbaar! Van 'dierbaar' weet sy nie, maar dat hy haar kiewe laat water, is vir seker, al glo sy nie aan romantiese liefde nie. Sy weet dit vervaag en droog baie vinnig op - sy het dit dan self gesien in haar ouers se ongelukkige huwelik. Zirk wil haar beskerm en versorg, terwyl sy verbete veg vir haar onafhanklikheid en dit laat die vonke tussen hulle spat. Toe ʼn ontsnapte misdadiger wraak sweer teen hulle albei en boonop haar lewe bedreig, besef Zirk dat hy enigiets sal doen om haar te red. Lank, donker en dierbaar is die derde boek in die Lank-en-donker reeks en die skrywer slaag daarin om die spanningselement, sowel as die ernstige tema van kindermishandeling suksesvol met dié van die ontwikkelende liefdesverhouding te vermeng sonder om afbreek daaraan te doen of dit te oorheers. Die hoofkarakters van die eerste twee boeke in die reeks speel steeds ʼn rol en help om die reeks suksesvol af te rond. Hierdie boek is skrywer Madelie Human se jongste romanse vir die Romanza handelsmerk. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses.
Publikasiedatum: 2019-08-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
190759630822

Nie-fiksie / Non-fiction: CD's

Nie-fiksie / Non-fiction  -  CD's
R 250
Yaara Tal (piano)
Andreas Groethuysen (piano)
Chor des Bayerischen Rundfunks, Julian Prégardien (tenor), Yuval Weinberg (chorus master)

Composers

Baroni-Calvacabò, Julie (1805-47)
Brahms, Johannes (1833-97)
Kirchner, Theodor (1823-1903)
Schumann, Clara (1819-96)

Works

Brahms: Alto Rhapsody, Op. 53
Brahms: Variations on a theme by Schumann for four hands, Op. 23
Kirchner, T: Prelude, Op. 9 No. 10
Kirchner, T: Prelude, Op. 9 No. 11
Kirchner, T: Prelude, Op. 9 No. 13
Schumann, Clara: Romances (3), Op. 11
Publikasiedatum: 2019-08-16

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.