●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Henry Ferreira

Results 1 to 4 of 4
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394887

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
R 117Jy spaar R 13
Heehah! Cowboy Koekemoer en Shorty is terug … Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug vir die vierde boek in die Cowboy Koekemoer-reeks. Hulle is gereed om enige probleem op te los - al is dit tydens hulle vakansie. Kaptein Superkoos het 'n probleem wanneer niemand meer na die strand gaan waar hy sy kokosneute verkoop nie. Almal is te bang vir die soutwatergogga wat in die water leef. Almal behalwe Cowboy Koekemoer en Shorty, natuurlik. Die Cowboy Koekemoer-boeke is toeganklike fiksie veral vir trae lesers. Hierdie is die vierde boek in die Cowboy Koekemoer-reeks. Vorige titels in die reeks is: Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo; Cowboy Koekemoer en die seerower van Watsenaam en Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda.
Publikasiedatum: 2019-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799380071

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alistair Ackerman
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
R 117Jy spaar R 13
Iewers in die donker Karoonag flikker 'n kampvuurtjie. En wie sit daar langs die vuur? Dit is Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en sy getroue kameelperd, Shorty.
Hulle het die hele dag lank rondgeswerf op soek na avonture. Maar laatnag is daar 'n vreemde geluid. Twee gloeiende rooi oë verskyn in die donker.
Gaan Koekemoer en Shorty uiteindelik die petroldief vastrek wat die Klein Karoo se water besoedel?
'n Verbeeldingryke storie oor die avonture van 'n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die skelms laat les opsê. Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein Karoo!

Titels in die reeks:
- Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo (9780799349405)
- Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van watsenaam (9780799354980)
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799349405

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 113Jy spaar R 12
Doer ver op die horison kom 'n stofstreep oor die vlakte nader. Die stofstreep word 'n stofwolk wat vinnig groei en al hoe groter en groter word. Dit is niemand anders nie as Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo wat op sy getroue kameelperd, Shorty, daar aangery kom! 'n Verbeeldingryke storie oor die avonture van 'n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die skelms laat les opsê. Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein-Karoo!
Publikasiedatum: 2012-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799354980

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 113Jy spaar R 12
Wie kom daar oor die vaal, verlate vlakte aangery? Dit is Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty. Na 'n lang dag is die twee baie honger en dors. In die dorpie Watsenaam is alles egter nie pluis nie. Vlugvoet die Vraatsige Seerower voer 'n skrikbewind onder die inwoners. Die sluwe skurk met sy nare kraai steel al die dorp se water. Maar as gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer nie verniet die dapperste cowboy in die Klein-Karoo nie...
Publikasiedatum: 2011-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.