●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Hennie Aucamp

Results 1 to 12 of 12
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624082408

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 300
'n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneëntheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300694

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 160
Met hierdie bundel wat uitsluitlik uit kwatryne bestaan, demonstreer Hennie Aucamp weer eens sy buitengewone taalvernuf en skerp waarnemingsvermoë. Die kwatryn is 'n moeilike digvorm wat van die digter vereis om in enkele woorde en net vier reëls 'n sinvolle eenheid in beeldende taal oor te dra. Dié vorm pas Aucamp, 'n meester van die kortverhaal, soos 'n handskoen, soos die vers oor die Nautilus pompilius-skulp toon:
Dié skulp, soos 'n S op homself ingekrul,
berg binne hom, ongesiens, 'n wenteltrap
wat matematies klim, stap vir stap;
en net die fynste deursnit kan dit onthul.
Inhoudelik staan die bundel, soos die vorige, Teen die lig, in die teken van verganklikheid, die onafwendbare gang van die seisoene en die lewe, met verse oor ouderdom ( 'Gesél', 'Vergange glorie'), die dood in verskillende gedaantes ('Op die oop veld', 'What a lovely way to go')en die verbygaan van 'n landelike bestaan ('Tuiskoms', 'Die leë huis'). Soos in sy kabarettekste tref 'n mens hier ook kwatryne oor die kunste en die dekadente ('Ballet', 'Ouwe poefter'), maar daar is ook pragtige verse oor die krag en skoonheid van die natuur ('Wolkie', 'Poplier') en oor gewone, aardse genietinge ('Bosveld-ontbyt, 'Boervrou').
Vir die leser wat bereid is om fyn te kyk en te lees, word die ongesiende en ongehoorde in Skulp onthul.
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780992174347

Nie-fiksie / Non-fiction: Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biografie & Outobiografie / Biography & Autobiography
R 280
Persoonlike briewe van Hennie Aucamp aan familie en vriende, 'n boek waarna Aucamp se duisende aanhangers al lank uitsien. Briewe aan o.a. Amanda Strydom, Breyten Breytenbach, André P Brink, Elzabé Zietsman, Margaret en Johan Bakkes, Elize Botha, Elisabeth Eybers. Twaalf bladsye foto's.
Publikasiedatum: 2013-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198305

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 295
Is kabaret aan't anders word? Kan wat vandag deurgaan as kabaret die toets met die verlede deurstaan? Veral in Suid-Afrika, waar soms baie slordig omgegaan word met die woord 'kabaret'. Kabaret, daardie intieme kultuuruiting, opgevoer voor 'n klein gehoor in 'n beperkte ruimte, is nie meer die reël nie. - Hennie Aucamp in 'n onderhoud op LitNet.

Na aanleiding van hierdie vrae het Hennie Aucamp sy bundel essays oor die kabaret, Koffer in Berlyn saamgestel. In Koffer in Berlyn ontleed Aucamp die talle fasette van kabaret: die integrasie tussen beeld, musiek en woord - met 'n tema en struktuur waarin ironie sentraal staan. Lesings, resensies, koerant- en tydskrifartikels en ander letterkundige bydraes, sowel as uittreksels van sommige van Aucamp se kabarette word in Koffer in Berlyn byeengebring. Aucamp bespreek kabaret wat internasionaal gebesig is en laat die soeklig ook op die plaaslike toneel val. Met Koffer in Berlyn vul Hennie Aucamp nog 'n leemte in die Afrikaanse letterkunde.
Publikasiedatum: 2012-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197643

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 170
Hennie Aucamp is in eerste instansie bekend vir sy fyn afgeronde kortverhale, maar hy het ook 'n beduidende aantal lied- en kabarettekste en volwaardige digbundels op sy kerfstok. Teen die lig, die vierde digbundel wat by Protea verskyn, sluit aan by sy vroeë kortverhale wat oor sy jeugwêreld in die Stormberge handel. Aucamp noem die verse in die eerste afdeling 'Boerepsalms' en besing hierin sy voorsate, die werks- en feesdae op die plaas waar hy grootgeword het en uiteindelik ook die verval van die geliefde huis en werf. Die tweede afdeling bestaan uit liedsiklusse waarvan enkeles reeds getoonset en uitgevoer is. In die in die afdeling oor woestyne en halfwoestyne kom die Boesman weer ter sprake, maar ook Namas en Himbas, en bowenal die woestyn self. Die bundel sluit met verse oor die dood, weer eens in die volksidioom, met telkens flitse humor.

Teen die lig staan in die teken van afskeid, maar afskeid-in-vreugde.
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194697

Kinders: Algemeen

Illustreerder: Diek Grobler
Kinders  -  Algemeen
R 160
Hennie Aucamp bewys met hierdie bundel dat hy 'n ewe vernuftige skrywer van kinderverse as van kabarettekste en gedigte is. Baie van die versies verwys na eietydse dinge soos sms'e, pizzas en Croc-skoene wat vir vandag se kinders aantreklik sal wees. Die meeste van die versies handel egter oor die gewone dinge van die kinderwêreld: oumas en oupas, mammas en pappas, troeteldiere, speelgoed, badtyd, voëltjies, goggas en paddas.
Publikasiedatum: 2012-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194628

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 290
In Lendetaal gee Hennie Aucamp sy perspektief op vrae rondom kwessies oor homoërotiek in die kunste en in die letterkunde.
Onder die afdeling 'Kuns' word daar gekyk na die manlike naakt in fotografie, die voorstelling van die jong seun in die kunste en hoe gay kunstenaars die lyntekening in die verkenning van erotiese sones ontgin.
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194536

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 170
Hennie Aucamp se belangstelling in en kennis van die verhaalkuns van die inheemse volke van Suid-Afrika word in hierdie versameling omdigtings met die subtitel Afrika-verse vir kinders weerspieël. Die bundel is in vyf afdelings verdeel en bevat vernuftige oorvertellings-op-rym van bekende en minder bekende verhale van die San, die Khoi en die swart volke.
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193386

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
In Oor en weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is. Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensiebedryf. Die onderhoude bied 'n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret.
Publikasiedatum: 2010-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193393

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
Liefde is die sentrale tema in die verhale in Die huis van die digter.
Liefde in Aucamp se werk vertoon 'n wye omvang en baie stemminge. Party verhale is snaaks, ander ontroerend, nog ander vreemd en geheimsinnig. 'n Waardevolle toevoeging tot Die huis van die digter is Aucamp se vertaling van 'The Return from the Kloof' deur Joey Muller, 'n vergete meesterstuk, met 'n hantering van die bonatuurlike wat gelykstaan aan dié van Edgar Allan Poe.
Publikasiedatum: 2009-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192464

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 170
Met Vlamsalmander bevestig Hennie Aucamp sy status as een van die vernuftigste digters in Afrikaans. Die salmander in die titel verwys na die mite dat dié klein reptielsoort uit vuur ontstaan, iets wat dus soos goud in vlamme gepuur word en soms as simbool van kuns beskou word. Aucamp se vaardigheid met veral die korter vorme van poësie, herinner op sigself aan 'n proses van suiwering deur vuur.
Publikasiedatum: 2008-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9781869192020

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
Met Aucamp se kenmerkende vermoë om vrye denke en ou waardes, humor en besinning te kombineer, boei hy die leser in hierdie bundel verhale en essays.
Publikasiedatum: 2007-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.