AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS

Soek resultate: Helena Hugo

Results 1 to 15 of 15
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624087991

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 235
R 188Jy spaar R 47
Liefde met gevoel
Veldpad van verlange

In Liefde met gevoel wonder Magriet hoe sy van Walter ontslae kan raak. Boonop moet sy weens 'n besering fisioterapie kry. Haar terapeut, Pierre, is die mooiste man wat sy nog ooit gesien het.

In Veldpad van verlange moet Paulie vir drie weke veldwerk doen op 'n plaas in die Vrystaat. Sy het egter ernstige bedenkinge oor haar spanlede. Soos sy verwag het, is daar van die eerste dag af haakplekke.
Publikasiedatum: 2019-08-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415340660

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
R 240Jy spaar R 60
Want liefde maak lig
Liefde weeg die swaarste
Liefde maak heel

Want liefde maak lig is die boeiende verhaal van die 35-jarige Isabelle Karsten wat met 'n swak selfbeeld worstel weens haar gewig. Sy is die persoonlike assistent van senior advokaat Johann Steyl. Toe sy seun, Johann junior, uit Amerika terugkeer, bedank sy en kry 'n ander pos by 'n kerk. Daar ontmoet sy die jeug predikant, Adam Wiese, wat haar begin uitneem. Sy wend ook 'n daadwerklike poging aan om gewig te verloor deur vir 'n paar maande by 'n spa in te boek.

In Liefde weeg die swaarste is Isa baie verlief op die jong predikant Adam. Tog twyfel sy oor hom. Uit nood begin sy bid, maar besef dat haar geloofslewe te kort skiet. Isa ondergaan 'n metamorfose, maar moet stry met haar ou gevoelens vir Johann Steyl, wat intussen by haar begin aanlê het.

In Liefde maak heel leer Isa dat sy net bevry kan word as sy God se geskenk vir die mensdom na waarde ag toe Hy besluit het om sy Seun vir haar sondes te gee. Kos was altyd haar pynstiller en vandat sy dit nie meer het nie, gryp sy na ander verdowingsmiddels soos inkopies en dobbel. In die proses lei sy 'n dubbele lewe. Gaan Isa haar diepste seer bly wegsteek of die moeilike proses aanpak om jare lange verwerping te verwerk?
Publikasiedatum: 2019-05-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796321084

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180Jy spaar R 20
Hoe begin jy van voor af as jy al jou besittings verloor, daarmee saam jou status in die gemeenskap, jou vriendekring en byna jou geloof?


Ná 'n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik het Altus 'n besigheid wat veevoer en ander boerderybenodigdhede verskaf. Later neem hy 'n vennoot in en begin 'n ruitertuigbesigheid. Vir 'n ruk lank gaan dit goed, maar later moet Altus dit waag dit om naas ruitertuig steeds ook veevoer in en uit te voer. Die een ramp na die ander tref hom en sy versekering moet groot bedrae uitbetaal vir skeepsvragte wat óf sink, óf besmet is en by doane afgekeur word. Met 'n skok ontdek hy dat Drikus hom besteel. Skuld hoop op nadat hy reeds verbande op sy huis en kleinhoewe geneem het om die besigheid se begroting te laat klop. Dit gaan so sleg met dat die besigheid onder sekwestrasie geplaas word, maar hy skop vas, verkoop sy kleinhoewe en leen nog geld teen hoë rentekoerse.

Van dit als weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Dit gaan sleg. Die tuiewinkel brand af, nalatigheid word vermoed, die versekering wil nie betaal nie, nog 'n vrag voer word afgekeur en die bank dreig om die huis terug te neem. Alles word te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa. Nie net sekwestrasie nie, bankrotskap is sy voorland. Die karre, die huis en die inhoud moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou. Hulle besluit om ook die seehuis in Hermanus in die mark te sit en gaan vir oulaas vakansie hou.

Die geskinder raak ondraaglik, selfs by die kerk word hulle skeef aangekyk of oordrewe vertroos. Altus wat a.g.v. rumatiekkoors as kind hartprobleme ondervind het, word siek en stort ineen. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen a.g.v. Altus se siekte. Haar beste vriendin Elaine Theunissen en dié se vervreemde man dr. Gerhard Theunissen, staan hulle by. As troos bring sy ook vir dominee Dieter saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in en word daar ook vir die gesin gratis huisvesting aangebied, in 'n tuinwoonstel omring deur 'n pragtige tuin. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir laas deur haar huis te loop.
Publikasiedatum: 2018-09-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624083610

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 260
R 234Jy spaar R 26
Tot die dood ons skei
Wilde rose
Liefde is 'n Franse sprokie

Tot die dood ons skei - Toe sy Theo Wessels die eerste keer sien, bloos Marissa du Plessis asof hy 'n vuur in haar aangesteek het.

Wilde rose - Adria Bianco ken mans: Sy werk in 'n manswêreld en verwag altyd die ergste.

Liefde is 'n Franse sprokie - Aimee Harrison vlug asof die duiwel haar jaag, want Kurt Hellberg is 'n welvarende en arrogante wreedaard wat nie daaraan gewoond is om gedwarsboom te word nie.
Publikasiedatum: 2018-08-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796320520

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 210
R 189Jy spaar R 21
Die oorlog dreig terwyl Mispa en Elim se mense ook die hart se stryd moet besleg. Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ... Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.
Publikasiedatum: 2018-02-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337301

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 180
R 162Jy spaar R 18
Sal Isabelle in die laaste boek in die Isa-trilogie leer om God se geskenk na waarde te ag en bevryding vind?

In Liefde maak heel, die laaste aflewering van Helena Hugo se trilogie oor Isa, leer Isa dat sy net bevry kan word as sy God se geskenk vir die mensdom na waarde ag en verstaan wat in sy Vaderhart gebeur toe Hy besluit het om sy Seun vir haar sondes te gee. Die begrip 'vergifnis' word in die Bybelstudieklas uitgepluis, maar dis moeilik om dit in die werklike lewe toe te pas. Isa word deur haar verlede beheer en sy kom nie sover om vrede te maak nie.
Kos was haar pynstiller en vandat sy dit nie meer het nie, gryp sy na ander verdowingsmiddels: koopgiere, haar ou skoolmaats wat haar vrygewigheid uitbuit, casino's, kunsuitstallings, teatervertonings, haar nuwe status as suksesvolle kunstenaar en selfs liefdadigheidswerk.

Eers het sy geëet om haar diepste seer te verwerk - die stukkende verhouding tussen haar en haar ma, die verwerping deur haar skoolmaats - nou 'leef' sy. Maar in die proses lei sy 'n dubbele lewe en jok sy vir Adam.

Wat gaan Isa met haar diepste seer doen? Gaan sy dit bly wegsteek agter haar 'pynstillers'? Gaan sy die moeilike proses om jare lange verwerping verwerk, deurstaan. Sal sy kan leer om te vertrou dat ander haar nou aanvaar - ook al onthou hulle hoe sy eers was? Hoe lank gaan sy aanhou om stiging vir haar nuwe status in die samelewing te soek sonder om te besef dat sy soms in die proses uitgebuit en mislei word? Is daar iets soos Goddelike ingryping, ook in die lewe van twyfelaars?
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796319722

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 235
R 212Jy spaar R 23
Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van 'n boervrou op 'n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780624077350

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 260
R 234Jy spaar R 26
Hart van die son - Elza Rademeyer
Beenaf Bokkie - Dirna Ackermann
Romanse agter die skerms - Helena Hugo.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796319692

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 210
R 189Jy spaar R 21
Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415333112

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
R 153Jy spaar R 17
Isa Karsten het gekrimp, maar nie genoeg nie... Botsende emosies, dis wat sy die afgelope tyd ervaar. Sy wil skraler lyk en sy wil hê almal moet dit sien - solank hulle nie soveel onsensitiewe opmerkings maak nie! Die beeldskone Isa het pas vir byna ses maande in 'n spa weggekruip in 'n poging om haar stryd teen vetsug te oorkom. Sy het 45 kg afgeskud, maar sy glo sy is nog ver van klaar. Nou is sy op pad huis toe en dis weer tyd om die werklikheid met al sy smaaklike verleidings te trotseer. Sy is vasberade om haar gewigstryd te wen, al beteken dit dat sy haar ook tot chirurgiese ingryping moet wend. Maar sal sy die stryd in haar hart kan wen? Of sal sy toelaat dat die seerkry uit haar verlede haar vir die res van haar lewe agtervolg? En wie gaan die gelukkige man wees wat haar hart sal verower - die goeie predikant, Adam Wiese, of Johann Steyl - haar lank begeerde en gevaarlike jeugliefde? Sal sy Johann se mooi praatjies glo, haar rug op die kerk en op Adam draai of betyds tot haar sinne kom? Sal sy bo alles weer kan leer om te bid en die Vader te vertrou?

In hierdie opvolg op Helena Hugo se gewilde boek, Want liefde maak lig, ontdek jy saam met Isa die dinge wat werklik saak maak en wat werklik geluk bring: Is dit uiterlike skoonheid of 'n rein hart - wat weeg die swaarste?
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780796318602

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 189
R 170Jy spaar R 19
Jo-Anne Stals woon in Londen. Sy besluit om die leuen waarmee sy al so lank leef uit die weg te ruim. Dit raak egter haar ouers en veral haar ma, Dora en ook haar dogter, Dania. Sy weet nie of sy die regte ding doen nie. Dalk doen sy eindelik die regte ding, maar op die verkeerde tyd? Dora is 'n steunpilaar in die gemeenskap, maar as gevolg van haar werk as verpleegsuster en liefdesdade as kerksuster is sy op die rand van ineenstorting. Sal sy Jo-Anne se aksie oorleef?
Publikasiedatum: 2015-05-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780796318350

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 199
R 179Jy spaar R 20
Hierdie nuwe verhaal deur Helena Hugo is die storie van die Van den Heevers, 'n gesin wat aan die Weskus naby Lambertsbaai woon.

Hulle hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan 'n Kersspel deelneem nie. Dit lyk asof hy sy vrou en kinders met 'n ysterhand regeer. Theuns is 'n streng gelowige wat sy dogters teen slegte invloede en seerkry wil beskerm, min wetend dat hy dit te ver voer en sy vrou en dogters die kans ontneem om te groei en te kan ontwikkel.

Hierdie verhaal wys op die gevare wanneer ouers hul kinders te veel inperk en wanneer gelowiges Die Bybel uit konteks begin toepas.

Die titel kom vanuit Markus 5:41 waar Jesus vir die dogtertjie sê: 'Talita, staan op!' Dit word simbolies gebruik as prentjie van die ontwaking van 'n kind, maar ook 'n sigbare teken van 'n kind wat volwasse word en haar eie identiteit moet vestig, weg van die beskerming van haar ouers. Sy moet as 't ware opstaan en op haar eie kan staan.
Publikasiedatum: 2014-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780796316042

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 220
R 198Jy spaar R 22
Ragel Naudé het naam gemaak as kunstenares, maar sy werk nie meer nie. Sy is nog lief vir haar man, sy het hom nodig, maar kan nie na hom uitreik nie. Sy is depressief en getraumatiseer ná die dood van hul kleuterseuntjie. Sy stry teen God, niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en Stephan dryf uitmekaar, Tienie, wat soos 'n moeder vir haar is, kan nie meer tot haar deurdring nie, ook nie haar beste vriendin, Anke nie. Sy lig nie meer 'n potlood of 'n kwas op nie, sy maak nie huis skoon nie, sy gaan nie meer haarkapper toe of winkels toe nie, sy versorg haarself nie meer nie.

Maar sy word gedwing om tandarts toe te gaan en daar in die spreekkamer waar sy die eerste keer in maande tussen ander mense sit en luister na hulle gesprekke, besef sy dat sy iets moet doen aan haar willose bestaan. Terug by die huis vat sy hier en daar en gooi goed in tasse en bokse, laai haar kar vol en kies koers sonder om vir iemand te sê dat sy weggaan. Vir haar man los sy 'n briefie dat hy haar nie moet soek nie, want sy is weg om haarself te gaan soek.

Ragel beland op 'n klein dorpie waar sy met erger verdriet as haar eie te doen kry. Sy ontmoet 'n vrou wie se dogtertjie verkrag en vermoor is en wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Geleidelik leer die twee vroue wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.
Publikasiedatum: 2013-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799355130

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 239Jy spaar R 26
Ouma, 'n ma en 'n kleindogter neem bestek op van hulle lewe. Elkeen meen dat haar lewe, soos die stand van teeblare onderin 'n koppie, so heel anders as die ander twee s'n verloop het. Maar wie kan weet? Elke lewe, fyn soos 'n porseleinteekoppie, kan so maklik breek. Met diepgaande insig en 'n sterk sin vir die ironiese verken Hugo in hierdie roman jeug en ouderdom, voorkennis en nakennis en onbegrip tussen die generasies, en laat die leser met verwonderde ontroering. Uit die heel gewoonste gegewe verken sy met hierdie roman 'n vraagstuk so oud soos die mensdom: Kan 'n ander mens - selfs die naaste aan jou - ooit ten volle geken word?
Publikasiedatum: 2012-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

Uit druk uit

9780799351576

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 70
R 63Jy spaar R 7
Norita het haar hart in die wêreld se romantiese stad verloor, dalk vind sy dit hier terug. Maar kan sy haar hart vertrou - en die aantreklike man wat hier in Parys haar pad langs kom?
Publikasiedatum: 2011-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.