●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: George Claassen

Results 1 to 5 of 5
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624063186

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 245
Profetiese woorde, bekkighede en raakvat-sêgoed wat die toets van die tyd deurstaan het - alles deur Suid-Afrikaners - is saamgevat in dié boek. Temas soos die Afrikaner, man en vrou, lewenswyshede, politiek, sterwenswoorde en spyt-kom-te-laat woorde word gedek. Die boek bied 'n blik op Suid-Afrika se hede en verlede met aanhalings wat saakmaak deur bekende en gewone landsburgers. Segoed met slaankrag
Publikasiedatum: 2014-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780981416892

Nie-fiksie / Non-fiction: Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Gesondheid & Voorkoms / Health, Beauty & Fitness
R 185
Alternatiewe medisyne bestaan nie, net medikasie wat werk en medikasie wat nie werk nie. Maar as Oprah Winfrey, prins Charles en kruiekoningin Antoinette Pienaar onsin oor alternatiewe terapieë verkondig, hoe skei jy die kaf van die koring? Die wetenskapjoernalis en dosent George Claassen ontleed die intellektuele bedrog van aanvullende en alternatiewe genesers en hoe hulle nie deur regulasies in Suid-Afrika aanspreeklik gehou word vir die kwaksalwerbehandelings wat hulle aanbied nie. Hy bewapen ons met 'n onsinverklikker om kwakke en gesondheidsbedrieërs se twyfelagtige aansprake oor siektes te ontbloot en te herken.
George Claassen is professor in wetenskapjoernalistiek en media-etiek aan die Universiteit Stellenbosch en was die eerste president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wetenskapjoernaliste. Sy vorige boek, Geloof, Bygeloof en Ander Wensdenkery - Perspektiewe op Ontdekkings en Irrasionaliteite, was 'n topverkoper.
Met respek, George Claassen kan beskou word as 'die Ben Goldacre' van Suid-Afrika. Hy deins nie terug om produkte en handelsmerke en die mense agter hulle te ontbloot nie. Meer as dit, die boek is 'n fassinerende leeservaring ...
Hy maak al lank 'n studie van bedrieëry en pseudowetenskap en neem waar hoe dit misbruik word om prulprodukte aan verbruikers te verkwansel.

Hier het hy pragtig daardie kennis versamel in 'n hoogs leesbare en genotlike formaat wat opvoed, bemagtig en Suid-Afrikaners sal help om wyse besluite te neem.
Dr. Harris Steinman, redakteur en skrywer van CAMcheck

Dit is my oortuiging dat die lesers van hierdie boek deeglik bewus sal word dat die skrywer ons almal 'n groot guns bewys het.
Dr Edwin Hertzog, voorsitter, Mediclinic Internasionaal
Publikasiedatum: 2014-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780624054146

Nie-fiksie / Non-fiction: Filosofie / Philosophy

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Filosofie / Philosophy
R 275
Die vraag of God bestaan, waar alles vandaan kom en wat die sin van ons lewe op aarde is, is so oud soos die berge. In dié boek antwoord bekende Suid-Afrikaners, twaalf gelowiges en twaalf ongelowiges, die diepste vrae van die mens se bestaan met verstommende openhartigheid.
Publikasiedatum: 2012-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798148139

Nie-fiksie / Non-fiction: Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Woordeboeke & Naslaanbronne / Dictionaries & Reference
R 495
'Soos Piet Cillié (of Dante of Tom Stoppard of Koos de la Rey of wie ook al) gesê het ...' Wil jy ook soms 'n sin so begin? Dan moet jy dadelik Die Groot Aanhalingsboek aanskaf. Die meeste van hierdie versameling van meer as 4 000 aanhalings, ingedeel in 59 temas, sal jy nie sommer agter enige klip of op die internet raakloop nie. Die boek bevat ook 'n kort omskrywing van elke aangehaalde persoon, met 'n register agterin van wie wat gesê het.
Publikasiedatum: 2007-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191443

Nie-fiksie / Non-fiction: Wetenskap & Geologie / Science & Geology

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Wetenskap & Geologie / Science & Geology
R 250
Waarom glo mense dat die sterre en planete se posisies jou toekoms kan bepaal? Of dat gesprekke met dooies moontlik is?
Publikasiedatum: 2007-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.